1 Samuel 21:1-15

21  Later het Dawid in Nob+ by die priester Ahimeʹleg gekom; en Ahimeʹleg+ het Dawid bewend tegemoetgegaan en toe vir hom gesê: “Waarom is u alleen en is daar niemand by u nie?”+  Hierop het Dawid vir die priester Ahimeʹleg gesê: “Die koning het my aangaande ’n saak beveel,+ en hy het vir my gesê: ‘Laat niemand iets weet van die saak waarvoor ek jou stuur en waaroor ek jou beveel het nie.’ En ek het met die jong manne ’n afspraak vir dié en dié plek gemaak.  En as daar dan nou vyf brode tot u beskikking is, moet u dit net in my hand gee, of wat ook al gevind kan word.”+  Maar die priester het Dawid geantwoord en gesê: “Daar is geen gewone brood in my hand nie, maar daar is heilige brood;+ mits die jong manne hulle ten minste van vroue onthou het.”+  Toe het Dawid die priester geantwoord en vir hom gesê: “Maar vroue is van ons af weggehou net soos voorheen wanneer ek uitgetrek het,+ en die liggame van die jong manne bly heilig, hoewel die opdrag gewoon is. En hoeveel te meer vandag, wanneer ’n mens in sy liggaam heilig word?”  Daarop het die priester hom gegee wat heilig was,+ want daar was geen brood daar nie behalwe die toonbrode wat voor Jehovah verwyder is+ om vars brood daar te sit op die dag dat dit weggeneem is.  En een van Saul se knegte was op dié dag daar, teruggehou+ voor Jehovah, en sy naam was Doëg,+ die Edomiet,+ die vernaamste van die herders wat aan Saul behoort het.+  En Dawid het vir Ahimeʹleg gesê: “En is hier niks tot u beskikking nie, ’n spies of ’n swaard? Want ek het nie my swaard of my wapens in my hand geneem nie, omdat die koning se saak dringend was.”  Hierop het die priester gesê: “Die swaard van Goʹliat,+ die Filistyn, wat u in die Elalaagvlakte doodgemaak het+—hier is dit, in ’n mantel toegedraai, agter die efod.+ As u dit vir u wil neem, moet u dit neem, want hier is geen ander behalwe dit nie.” En Dawid het gesê: “Daar is nie nog so een nie. Gee dit vir my.” 10  Toe het Dawid opgestaan en op dié dag voortgegaan om vir Saul te vlug,+ en hy het eindelik by Agis, die koning van Gat,+ gekom. 11  En die knegte van Agis het vir hom begin sê: “Is dit nie Dawid, die koning+ van die land nie? Was dit nie vir hom wat hulle met danse+ in wisselsang bly sê het nie:‘Saul het sy duisende verslaan,En Dawid sy tienduisende’?”+ 12  En Dawid het hierdie woorde ter harte begin neem, en hy het baie bang geword+ weens Agis, die koning van Gat. 13  Daarom het hy hom voor hulle oë+ kranksinnig gehou+ en hom in hulle hand soos ’n waansinnige begin gedra en kruisies op die deure van die poort bly maak en sy speeksel in sy baard laat afloop. 14  Uiteindelik het Agis vir sy knegte gesê: “Hier sien julle ’n man wat waansinnig optree. Waarom bring julle hom na my toe? 15  Het ek mense nodig wat tot waansin gedryf is, dat julle hierdie een gebring het om by my waansinnig op te tree? Moet hy in my huis inkom?”

Voetnote