1 Samuel 22:1-23

22  Toe het Dawid daarvandaan weggegaan+ en na die grot+ van Adulʹlam+ gevlug;+ en sy broers en die hele huis van sy vader het dit gehoor en daarheen afgegaan na hom toe.  En al die manne wat in benoudheid was+ en al die manne wat ’n skuldeiser+ gehad het en al die manne wat bitter van siel+ was, het by hom begin bymekaarkom,+ en hy het hoof oor hulle geword;+ en daar was ongeveer vierhonderd man by hom.  Later het Dawid daarvandaan na Mispe in Moab gegaan en vir die koning van Moab+ gesê: “Laat my vader en my moeder+ asseblief by julle woon totdat ek weet wat God met my sal doen.”  Toe het hy vir hulle ’n woonplek voor die koning van Moab gegee, en hulle het by hom gebly al die dae dat Dawid in die ontoeganklike plek was.+  Na verloop van tyd het die profeet Gad+ vir Dawid gesê: “Jy moenie in die ontoeganklike plek bly nie. Gaan weg, en jy moet in die land van Juda kom.”+ Dawid het derhalwe weggegaan en in die Heretwoud gekom.  En terwyl Saul in Giʹbea onder die tamariskboom+ op die hoogte gesit het met sy spies+ in sy hand en al sy knegte wat om hom staan, het Saul gehoor dat Dawid en die manne wat by hom was, gevind is.  Toe het Saul vir sy knegte wat om hom staan, gesê: “Luister asseblief, julle Benjaminiete. Sal die seun van Isai+ ook aan julle almal lande en wingerde gee?+ Sal hy julle almal as hoofde oor duisend+ en hoofde oor honderd aanstel?  Want julle het almal teen my saamgesweer; en niemand onthul dit aan my oor+ wanneer my seun met die seun van Isai ’n verbond sluit+ nie, en nie een van julle het simpatie met my en onthul aan my oor dat my seun my kneg teen my opgestook het as iemand wat in ’n hinderlaag lê soos vandag die geval is nie.”  Hierop het Doëg,+ die Edomiet, wat oor die knegte van Saul gestel was, geantwoord en gesê: “Ek het die seun van Isai in Nob by Ahimeʹleg,+ die seun van Ahiʹtub,+ sien kom. 10  En hy het Jehovah vir hom geraadpleeg;+ en hy het vir hom padkos+ gegee, en hy het vir hom die swaard+ van Goʹliat, die Filistyn, gegee.” 11  Dadelik het die koning gestuur om Ahimeʹleg, die seun van Ahiʹtub, die priester, en die hele huis van sy vader, die priesters wat in Nob+ was, te laat roep. En hulle het almal na die koning toe gekom. 12  Saul het toe gesê: “Luister asseblief, seun van Ahiʹtub!” waarop hy gesê het: “Hier is ek, my heer.” 13  En Saul het vir hom gesê: “Waarom het julle teen my saamgesweer,+ jy en die seun van Isai, deurdat jy vir hom brood en ’n swaard gegee het, en deurdat God vir hom geraadpleeg is, om teen my op te staan as iemand wat in ’n hinderlaag lê soos vandag die geval is?”+ 14  Hierop het Ahimeʹleg die koning geantwoord en gesê: “En wie onder al u knegte is soos Dawid,+ getrou+ en die skoonseun+ van die koning en hoof oor u lyfwag en geëerd in u huis?+ 15  Het ek God vandag vir hom begin raadpleeg?+ Dit is vir my ondenkbaar! Laat die koning niks op sy kneg en op die hele huis van my vader lê nie, want van dit alles het u kneg niks kleins of groots geweet nie.”+ 16  Maar die koning het gesê: “Jy sal sekerlik sterf,+ Ahimeʹleg, jy saam met die hele huis van jou vader.”+ 17  Daarop het die koning vir die hardlopers+ wat om hom staan, gesê: “Draai om en maak die priesters van Jehovah dood, omdat ook hulle hand met Dawid is en omdat hulle geweet het dat hy ’n voortvlugtige is en hulle dit nie aan my oor onthul het nie!”+ En die knegte van die koning wou nie hulle hand uitsteek om die priesters van Jehovah aan te val nie.+ 18  Uiteindelik het die koning vir Doëg+ gesê: “Draai jy om en val die priesters aan!” Onmiddellik het Doëg, die Edomiet,+ omgedraai en die priesters aangeval en op dié dag vyf-en-tagtig man doodgemaak+ wat ’n linne-efod+ dra. 19  Selfs Nob,+ die stad van die priesters, het hy met die skerpte van die swaard geslaan, man sowel as vrou, kind sowel as suigeling en bul en esel en skaap met die skerpte van die swaard. 20  Maar een seun van Ahimeʹleg, die seun van Ahiʹtub, wie se naam Abjaʹtar+ was, het ontkom en gevlug om Dawid te volg. 21  Toe het Abjaʹtar vir Dawid gesê: “Saul het die priesters van Jehovah doodgemaak.” 22  Hierop het Dawid vir Abjaʹtar gesê: “Ek het daardie dag goed geweet,+ omdat Doëg, die Edomiet, daar was, dat hy Saul vir seker sou vertel.+ Ek het persoonlik elke siel van die huis van jou vader onreg aangedoen. 23  Bly net by my. Moenie bang wees nie, want wie my siel soek, soek jou siel, want jy het beskerming by my nodig.”+

Voetnote