1 Samuel 23:1-29

23  Na verloop van tyd het hulle aan Dawid berig gebring en gesê: “Kyk, die Filistyne voer oorlog teen Kehiʹla,+ en hulle stroop die dorsvloere.”+  En Dawid het Jehovah geraadpleeg+ en gesê: “Sal ek gaan, en moet ek hierdie Filistyne verslaan?” Toe het Jehovah vir Dawid gesê: “Gaan, en jy moet die Filistyne verslaan en Kehiʹla red.”  Hierop het die manne van Dawid vir hom gesê: “Kyk! Ons is bang terwyl ons hier in Juda+ is, en hoeveel te meer as ons na Kehiʹla sou gaan teen die gevegslinies van die Filistyne!”+  Daarom het Dawid Jehovah weer eens geraadpleeg.+ Jehovah het hom toe geantwoord en gesê: “Staan op, trek af na Kehiʹla, want ek gee die Filistyne in jou hand.”+  Gevolglik het Dawid met sy manne na Kehiʹla gegaan en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggedryf, maar hulle met ’n groot slagting verslaan; en Dawid het die redder van die inwoners van Kehiʹla geword.+  En toe Abjaʹtar,+ die seun van Ahimeʹleg, na Dawid in Kehiʹla gevlug het, het hy met ’n efod+ in sy hand afgegaan.  Na verloop van tyd het Saul dié berig gekry: “Dawid het na Kehiʹla+ gekom.” En Saul het begin sê: “God het hom in my hand verkoop,+ want hy het homself opgesluit deur in ’n stad met deure en grendels in te kom.”  Toe het Saul al die manskappe vir die oorlog opgeroep, om na Kehiʹla af te trek, om Dawid en sy manne te beleër.  En Dawid het te wete gekom dat Saul onheil teen hom beraam.+ Hy het derhalwe vir die priester Abjaʹtar gesê: “Bring tog die efod hier.”+ 10  En Dawid het gesê: “O Jehovah, die God van Israel,+ u kneg het vir seker gehoor dat Saul na Kehiʹla wil kom om die stad weens my in puin te lê.+ 11  Sal die grondeienaars van Kehiʹla my in sy hand oorlewer? Sal Saul afkom net soos u kneg gehoor het? O Jehovah, die God van Israel, sê asseblief vir u kneg.” Hierop het Jehovah gesê: “Hy sal afkom.”+ 12  En Dawid het gesê: “Sal die grondeienaars van Kehiʹla my en my manne in Saul se hand oorlewer?” Toe het Jehovah gesê: “Hulle sal julle oorlewer.”+ 13  Dadelik het Dawid met sy manne opgestaan, ongeveer seshonderd man,+ en hulle het uit Kehiʹla uitgegaan en bly rondtrek waar hulle ook al kon rondtrek. En aan Saul is berig gebring dat Dawid uit Kehiʹla ontsnap het, en daarom het hy daarvan afgesien om uit te trek. 14  En Dawid het in die wildernis in moeilik toeganklike plekke gaan bly, en hy het in die bergstreek in die wildernis van Sif+ gebly. En Saul het aangehou om hom te soek,+ en God het hom nie in sy hand gegee nie.+ 15  En Dawid het voortdurend in vrees verkeer omdat Saul uitgetrek het om sy siel te soek terwyl Dawid in die wildernis van Sif in Hores+ was. 16  Joʹnatan, die seun van Saul, het toe opgestaan en na Dawid in Hores gegaan, sodat hy sy hand kon versterk+ met betrekking tot God.+ 17  En hy het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie;+ want die hand van my vader Saul sal jou nie vind nie, en jy sal koning+ oor Israel wees, en ek sal tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook.”+ 18  Toe het hulle twee voor Jehovah ’n verbond gesluit;+ en Dawid het in Hores gebly, en Joʹnatan het na sy eie huis gegaan. 19  Later het die manne van Sif+ na Saul in Giʹbea+ opgegaan en gesê: “Versteek Dawid hom nie+ naby ons in die moeilik toeganklike plekke in Hores,+ op die heuwel Hagiʹla,+ wat regs van Jeʹsimon+ lê nie? 20  En kom nou af, o koning, in ooreenstemming met die hele begeerte van u siel+ om af te kom, en ons aandeel sal wees om hom in die hand van die koning oor te lewer.”+ 21  Hierop het Saul gesê: “Mag julle geseënd wees deur Jehovah,+ want julle het medelye met my gehad. 22  Gaan asseblief, volhard nog en vind uit en kyk na die plek waar sy voet kom—wie hom ook al daar gesien het—want daar is vir my gesê dat hy gewis listig is.+ 23  En kyk na en vind uit omtrent al die skuilplekke waar hy wegkruip; en julle moet met die bewys na my toe terugkeer, en ek sal saam met julle gaan; en as hy in die land is, sal ek hom ook sorgvuldig onder al die duisende+ van Juda soek.” 24  Toe het hulle opgestaan en voor Saul uit na Sif+ gegaan, terwyl Dawid en sy manne in die wildernis van Maon+ in die Aʹraba+ suid van Jeʹsimon was. 25  Later het Saul met sy manne gekom om hom te soek.+ Toe hulle Dawid vertel, het hy dadelik na die groot rots+ afgegaan en in die wildernis van Maon gebly. Toe Saul daarvan te hore kom, het hy Dawid tot in die wildernis van Maon agternagesit.+ 26  Uiteindelik het Saul aan hierdie kant van die berg gekom, en Dawid en sy manne was aan die ander kant van die berg. En Dawid het haastig geraak om van Saul af weg te kom;+ die hele tyd het Saul en sy manne Dawid en sy manne omsingel om hulle te gryp.+ 27  Maar ’n boodskapper het na Saul toe gekom en gesê: “Haas u tog en gaan, want die Filistyne het ’n inval in die land gedoen!” 28  Daarop het Saul teruggedraai en Dawid nie meer agternagesit nie+ en die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom het hulle dié plek die Groot Rots van die Skeidings genoem. 29  Toe het Dawid daarvandaan opgetrek en in die moeilik toeganklike plekke in En-Gedi+ gaan woon.

Voetnote