1 Samuel 24:1-22

24  En net toe Saul van sy agtervolging van die Filistyne terugkeer,+ het hulle aan hom berig gebring en gesê: “Kyk! Dawid is in die wildernis van En-Gedi.”+  En Saul het drieduisend uitgesoekte manne+ uit die hele Israel geneem en Dawid en sy manne op die kaal rotse van die bergbokke+ gaan soek.+  Eindelik het hy by die klipskaapkrale langs die pad gekom, waar daar ’n grot was. Toe het Saul ingekom om sy behoefte te doen,+ terwyl Dawid en sy manne in die heel agterste dele van die grot+ gesit het.  En Dawid se manne het vir hom begin sê: “Dít is die dag waarop Jehovah vir u sê: ‘Kyk! Ek gee jou vyand in jou hand,+ en jy moet met hom doen net soos dit goed is in jou oë.’”+ Toe het Dawid opgestaan en stilletjies die slip afgesny van die moulose oorkleed wat aan Saul behoort het.  Maar agterna het Dawid se hart hom bly slaan+ omdat hy die slip afgesny het van die moulose oorkleed wat aan Saul behoort het.  Hy het derhalwe vir sy manne gesê: “Dit is vir my ondenkbaar, vanuit Jehovah se standpunt, dat ek dit aan my heer, die gesalfde+ van Jehovah, sou doen deur my hand teen hom uit te steek, want hy is die gesalfde van Jehovah.”+  Toe het Dawid sy manne met hierdie woorde uitmekaar laat gaan, en hy het hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie.+ Wat Saul betref, hy het uit die grot uit opgestaan en verder gegaan.  Daarna het Dawid ook opgestaan en uit die grot uitgegaan en agter Saul aan geroep en gesê: “My heer+ die koning!” Hierop het Saul omgekyk, en Dawid het laag gebuig met sy gesig na die aarde+ en hom neergewerp.  En Dawid het vir Saul gesê: “Waarom luister u na die woorde van mense+ wat sê: ‘Kyk! Dawid soek u ongeluk’? 10  Kyk, vandag het u oë gesien hoe Jehovah u vandag in die grot in my hand gegee het; en iemand het gesê dat ek u moet doodmaak,+ maar ek het vir u jammer gevoel en gesê: ‘Ek sal nie my hand teen my heer uitsteek nie, want hy is die gesalfde+ van Jehovah.’ 11  En my vader,+ kyk, ja, kyk na die slip van u moulose oorkleed in my hand, want toe ek die slip van u moulose oorkleed afgesny het, het ek u nie doodgemaak nie. Weet en sien dat daar geen kwaad+ of opstandigheid in my hand is nie, en ek het nie teen u gesondig nie, terwyl u na my siel op die loer lê om dit weg te neem.+ 12  Mag Jehovah tussen my en u oordeel;+ en Jehovah sal vir my wraak neem+ op u, maar my hand sal nie teen u wees nie.+ 13  Net soos die spreekwoord van die ou mense sê: ‘Van die goddeloses sal goddeloosheid uitgaan’,+ maar my hand sal nie teen u wees nie. 14  Agter wie aan het die koning van Israel uitgetrek? Agter wie aan jaag u? Agter ’n dooie hond aan?+ Agter ’n enkele vlooi aan?+ 15  En Jehovah sal regter word, en hy sal tussen my en u oordeel, en hy sal sien en hy sal vir my die regsaak voer+ en aan my reg verskaf om my uit u hand te bevry.” 16  En die oomblik toe Dawid hierdie woorde klaar met Saul gespreek het, het Saul gesê: “Is dit jou stem, my seun Dawid?”+ En Saul het sy stem begin verhef en gehuil.+ 17  En hy het vir Dawid gesê: “Jy is regverdiger as ek,+ want jý het aan my goed gedoen,+ en ék het aan jou kwaad gedoen. 18  En jy—jy het vandag vertel wat jy in verband met my gedoen het wat goed is deurdat Jehovah my in jou hand oorgelewer het+ en jy my nie doodgemaak het nie. 19  Sal ’n man dan nou sy vyand op ’n goeie pad wegstuur as hy hom vind?+ Daarom sal Jehovah jou met die goeie beloon+ omdat jy dit vandag aan my gedoen het. 20  En nou, kyk! ek weet goed dat jy vir seker as koning sal heers+ en dat die koninkryk van Israel beslis in jou hand bestendig sal wees. 21  Sweer dan nou vir my by Jehovah+ dat jy nie my saad ná my sal uitroei nie en dat jy nie my naam uit die huis van my vader sal verdelg nie.”+ 22  Toe het Dawid vir Saul gesweer, waarna Saul na sy huis gegaan het.+ Wat Dawid en sy manne betref, hulle het na die moeilik toeganklike plek opgegaan.+

Voetnote