1 Samuel 25:1-44
25 Na verloop van tyd het Samuel+ gesterf; en die hele Israel het bymekaargekom en oor hom geweeklaag+ en hom by sy huis in Rama+ begrawe. Toe het Dawid opgestaan en na die wildernis Paran+ afgegaan.
2 En daar was ’n man in Maon,+ en sy werk was in Karmel.+ En die man was baie vermoënd, en hy het drieduisend skape en duisend bokke gehad; en hy was besig om sy skape in Karmel te skeer.+
3 En die man se naam was Nabal,+ en sy vrou se naam was Abiʹgail.+ En die vrou het goeie oordeel aan die dag gelê+ en was pragtig van gestalte, maar die man was hardvogtig en sleg in sy handelinge;+ en hy was ’n Kalebiet.+
4 En Dawid het in die wildernis gehoor dat Nabal sy skape skeer.+
5 Toe het Dawid tien jong manne gestuur, en Dawid het vir die jong manne gesê: “Gaan op na Karmel, en julle moet by Nabal kom en hom in my naam na sy welstand vra.+
6 En só moet julle vir my broer sê: ‘Mag dit met u goed gaan+ en ook met u huisgesin goed gaan en met alles wat u het goed gaan.
7 En ek het dan nou gehoor dat u skeerders het. En die herders wat aan u behoort, was saam met ons.+ Ons het hulle nie lastig geval nie,+ en al die dae dat hulle in Karmel was, is hoegenaamd niks van hulle vermis nie.
8 Vra u jong manne, en hulle sal vir u sê, sodat my jong manne guns in u oë kan vind, omdat ons op ’n goeie dag gekom het. Gee asseblief net aan u knegte en aan u seun Dawid wat u hand ook al mag vind.’”+
9 Toe het Dawid se jong manne gekom en met Nabal ooreenkomstig al hierdie woorde in die naam van Dawid gepraat en toe gewag.
10 Hierop het Nabal Dawid se knegte geantwoord en gesê: “Wie is Dawid,+ en wie is die seun van Isai? Deesdae het die knegte wat wegbreek, elkeen van sy heer af, baie geword.+
11 En moet ek my brood+ en my water en my geslagte vleis wat ek vir my skeerders geslag het, neem en dit aan manne gee van wie ek nie eens weet waar hulle vandaan kom nie?”+
12 Daarop het Dawid se jong manne omgedraai op hulle weg en teruggegaan en gekom en ooreenkomstig al hierdie woorde aan hom berig gebring.
13 Onmiddellik het Dawid vir sy manne gesê: “Gord elkeen sy swaard aan!”+ Toe het hulle elkeen sy swaard aangegord, en ook Dawid het sy swaard aangegord; en hulle het agter Dawid aan begin optrek, ongeveer vierhonderd man, terwyl tweehonderd by die bagasie gebly het.+
14 Intussen het een van die jong manne aan Abiʹgail, Nabal se vrou, berig gebring en gesê: “Kyk! Dawid het boodskappers uit die wildernis gestuur om ons heer die beste toe te wens, maar hy het teen hulle uitgevaar.+
15 En die manne was baie goed vir ons, en hulle het ons nie lastig geval nie, en ons het nie ’n enkele ding vermis al die dae dat ons saam met hulle rondgetrek het terwyl ons in die veld was nie.+
16 Hulle was snags sowel as bedags ’n muur+ om ons, al die dae dat ons die kleinvee by hulle opgepas het.
17 En weet en kyk dan nou wat u gaan doen, want rampspoed is teen ons heer en teen sy hele huis besluit,+ aangesien hy ’n te groot deugniet+ is om met hom te praat.”
18 Dadelik het Abiʹgail+ haar gehaas en tweehonderd brode en twee groot kruike wyn+ en vyf bereide skape+ en vyf sea geroosterde+ graan en honderd rosynekoeke+ en tweehonderd koeke van saamgeperste vye+ geneem en dit op die esels gesit.
19 Toe het sy vir haar jong manne gesê: “Gaan voor my uit.+ Kyk! Ek kom agter julle aan.” Maar vir haar man Nabal het sy niks gesê nie.
20 En terwyl sy op die esel gery+ en in die geheim die berg afgegaan het, kyk, toe het Dawid en sy manne afgekom, haar tegemoet. So het sy hulle teëgekom.
21 Wat Dawid betref, hy het gesê: “Ek het net tot teleurstelling alles bewaak wat aan hierdie man in die wildernis behoort, en nie ’n enkele ding van alles wat aan hom behoort, is vermis nie,+ en tog vergeld hy my kwaad vir goed.+
22 Mag God so aan die vyande van Dawid doen en mag hy so daaraan toevoeg+ as ek tot die oggend toe van almal wat syne is, enigeen laat oorbly+ wat manlik is.”+
23 Toe Abiʹgail Dawid sien, het sy haar dadelik gehaas en van die esel afgeklim en op haar gesig voor Dawid geval en na die aarde gebuig.+
24 Sy het toe voor sy voete neergeval+ en gesê: “Op my, o my heer, is die oortreding;+ en laat u slavin asseblief voor u ore spreek,+ en luister na die woorde van u slavin.
25 Laat my heer asseblief nie sy hart op hierdie deugniet+ Nabal rig nie, want soos sy naam is, so is hy. Nabal is sy naam, en verstandeloosheid is by hom.+ Wat my, u slavin, betref, ek het nie my heer se jong manne gesien wat u gestuur het nie.
26 En nou, my heer, so waar as Jehovah lewe+ en so waar as u siel lewe,+ Jehovah het u daarvan teruggehou+ om bloedskuldig te word+ en u eie hand tot u redding te laat kom.+ En laat dan nou u vyande en dié wat daarop uit is om my heer kwaad aan te doen, soos Nabal word.+
27 En wat dan nou hierdie seëngeskenk+ betref wat u diensmeisie vir my heer gebring het, dit moet aan die jong manne gegee word wat in die voetstappe van my heer rondtrek.+
28 Vergewe asseblief die oortreding van u slavin,+ want Jehovah sal vir seker vir my heer ’n bestendige huis tot stand bring,+ omdat my heer die oorloë van Jehovah voer;+ en wat kwaad betref, dit sal gedurende al u dae nie in u gevind word nie.+
29 Wanneer ’n mens opstaan om u te agtervolg en u siel te soek, sal die siel van my heer beslis in die sak van die lewe+ by Jehovah u God toegebind wees;+ maar wat die siel van u vyande betref, hy sal dit wegslinger soos vanuit die holte van die slinger.+
30 En omdat Jehovah aan my heer die goeie teenoor u sal doen volgens alles wat hy gespreek het, sal hy u beslis as leier oor Israel aanstel.+
31 En laat dít nie vir u ’n rede tot wankeling of vir die hart van my heer ’n struikelblok word, deur sonder oorsaak bloed te vergiet+ en deur my heer se eie hand tot sy redding te laat kom nie.+ En Jehovah sal beslis aan my heer goed doen, en u moet aan u slavin dink.”+
32 Hierop het Dawid vir Abiʹgail gesê: “Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word,+ wat jou vandag gestuur het om my te ontmoet!
33 En mag jou verstandigheid geseënd wees,+ en mag jy geseënd wees wat my vandag daarvan weerhou het om bloedskuldig te word+ en my eie hand tot my redding te laat kom.+
34 En so waar as Jehovah, die God van Israel, lewe, wat my daarvan teruggehou het om jou kwaad aan te doen,+ as jy jou nie gehaas het om my tegemoet te kom nie,+ sou daar andersyds beslis nie tot die môrelig vir Nabal enigeen oorgebly het wat manlik is nie.”+
35 Daarop het Dawid uit haar hand aanvaar wat sy vir hom gebring het, en hy het vir haar gesê: “Gaan in vrede+ op na jou huis. Kyk, ek het na jou stem geluister sodat ek jou in aanmerking sal neem.”+
36 Later het Abiʹgail by Nabal gekom, en kyk, hy het ’n feesmaal soos die feesmaal van die koning+ in sy huis gehad; en Nabal se hart was vrolik in hom, en hy was smoordronk;+ en sy het hom tot die oggendlig niks kleins of groots vertel nie.
37 En in die oggend, toe die wyn uit Nabal uitgegaan het, het sy vrou hom hierdie dinge vertel. En sy hart+ het binne hom gesterf, en hy het soos ’n klip geword.
38 Daarna het sowat tien dae verloop en toe het Jehovah Nabal getref,+ sodat hy gesterf het.
39 En Dawid het gehoor dat Nabal gesterf het, en hy het toe gesê: “Mag Jehovah geloof word, wat die regsaak+ van my smaad+ gevoer het om my uit Nabal se hand te bevry en wat sy kneg van kwaad teruggehou het,+ en Jehovah het die kwaad van Nabal op sy eie hoof laat terugkom!”+ En Dawid het gestuur en ’n huweliksvoorstel aan Abiʹgail gedoen, om haar vir hom as vrou te neem.+
40 Toe het Dawid se knegte by Abiʹgail in Karmel gekom en met haar gepraat en gesê: “Dawid het ons na u toe gestuur om u vir hom as vrou te neem.”
41 Onmiddellik het sy opgestaan en met haar gesig na die aarde gebuig+ en gesê: “Hier is u slavin as ’n diensmeisie om die voete van die knegte van my heer+ te was.”+
42 Toe het Abiʹgail+ haar gehaas en opgestaan en op die esel gery+ met vyf van haar diensmeisies wat agter haar loop; en sy het die boodskappers van Dawid vergesel en toe sy vrou geword.
43 Dawid het ook Ahiʹnoam+ uit Jisʹreël+ geneem; en die vroue, ja al twee, het sy vrouens geword.+
44 Wat Saul betref, hy het sy dogter Migal,+ Dawid se vrou, aan Palti,+ die seun van Laïs, gegee, wat uit Gallim+ was.