1 Samuel 27:1-12

27  Dawid het egter in sy hart gesê: “Nou sal ek eendag deur Saul se hand weggevee word. Daar is vir my niks beters as om vir seker na die land van die Filistyne+ te ontsnap+ nie; en Saul sal aangaande my die hoop opgee om my langer in die hele gebied van Israel te soek,+ en ek sal beslis uit sy hand ontkom.”  Toe het Dawid opgestaan, en hy en seshonderd man+ wat by hom was, het oorgetrek na Agis,+ die seun van Maog, die koning van Gat.  En Dawid het by Agis in Gat gebly, hy en sy manne, elkeen met sy huisgesin,+ Dawid en sy twee vrouens, Ahiʹnoam,+ die Jisreëlitiese vrou, en Abiʹgail,+ Nabal se vrou, die Karmelitiese vrou.  Na verloop van tyd het Saul berig ontvang dat Dawid na Gat gevlug het, en daarom het hy hom nie weer gaan soek nie.+  Toe het Dawid vir Agis gesê: “As ek dan nou guns in u oë gevind het, laat hulle aan my ’n plek in een van die stede van die buitedistrikte gee, sodat ek daar kan woon; want waarom sou u kneg saam met u in die koninklike stad woon?”  Toe het Agis op dié dag Siklag+ aan hom gegee. Daarom het Siklag aan die konings van Juda behoort tot vandag toe.  En die getal dae dat Dawid in die buitedistrikte van die Filistyne gewoon het, was ’n jaar en vier maande.+  En Dawid het met sy manne opgetrek om by die Gesuriete+ en die Girsiete en die Amalekiete+ invalle te doen; want hulle het die land bewoon wat van Telam+ tot by Sur+ en verder tot by Egipteland gestrek het.  En Dawid het die land verslaan, maar hy het nie man of vrou laat lewe nie;+ en hy het kleinvee en beeste en esels en kamele en klere geneem, waarna hy teruggekeer en by Agis gekom het. 10  Toe het Agis gesê: “Waar het julle vandag ’n inval gedoen?” Hierop het Dawid gesê:+ “In die suide van Juda+ en in die suide van die Jeragmeëliete+ en in die suide van die Keniete.”+ 11  Wat man en vrou betref, Dawid het nie een laat lewe om hulle na Gat te bring nie, want hy het gesê: “Sodat hulle ons nie verklik en sê: ‘So het Dawid gedoen’ nie.”+ (En dit was sy handelswyse al die dae dat hy in die buitedistrikte van die Filistyne gewoon het.) 12  Gevolglik het Agis Dawid geglo+ en by homself gesê: “Hy het ongetwyfeld ’n stank onder sy volk Israel geword;+ en hy sal tot onbepaalde tyd my kneg moet word.”

Voetnote