1 Samuel 28:1-25

28  En in dié dae het die Filistyne hulle leërkampe begin bymekaarbring om teen Israel oorlog te voer.+ Toe het Agis vir Dawid gesê: “Jy weet ongetwyfeld dat jy saam met my in die kamp moet uittrek, jy en jou manne.”+  Daarop het Dawid vir Agis gesê: “Daarom weet u self wat u kneg moet doen.” Toe het Agis vir Dawid gesê: “Daarom sal ek jou vir altyd as bewaker van my kop aanstel.”+  En Samuel het gesterf, en die hele Israel het oor hom geweeklaag en hom in Rama, sy eie stad, begrawe.+ Wat Saul betref, hy het die geestemediums en die beroepsvoorspellers van gebeure uit die land verwyder.+  Daarna het die Filistyne bymekaargekom en in Sunem+ kom kamp opslaan. En Saul het die hele Israel bymekaargebring, en hulle het in Gilboʹa+ kamp opgeslaan.  Toe Saul die kamp van die Filistyne sien, het hy bang geword, en sy hart het baie begin bewe.+  Hoewel Saul Jehovah geraadpleeg het,+ het Jehovah hom nooit geantwoord nie,+ nie deur drome+ of deur die Urim+ of deur die profete nie.+  Uiteindelik het Saul vir sy knegte gesê: “Soek vir my ’n vrou wat ’n meesteres van geestemediumskap+ is, en ek sal na haar toe gaan en haar raadpleeg.” Toe het sy knegte vir hom gesê: “Kyk! In En-Dor+ is daar ’n vrou wat ’n meesteres van geestemediumskap is.”  Toe het Saul hom vermom+ en ander klere aangetrek en gegaan, hy en twee manne saam met hom; en hulle het in die nag by die vrou gekom.+ Hy het toe gesê: “Maak asseblief vir my van waarsêery gebruik+ deur middel van geestemediumskap en laat vir my die een opkom wat ek jou sal aanwys.”  Die vrou het egter vir hom gesê: “Kyk, jy weet self goed wat Saul gedoen het, hoe hy die geestemediums en die beroepsvoorspellers van gebeure uit die land uitgeroei het.+ Waarom span jy dan vir my siel ’n strik om my te laat doodmaak?”+ 10  Onmiddellik het Saul vir haar by Jehovah gesweer en gesê: “So waar as Jehovah lewe,+ in hierdie saak sal daar geen skuld vir oortreding oor jou kom nie!” 11  Toe het die vrou gesê: “Wie sal ek vir jou laat opkom?” Hierop het hy gesê: “Laat Samuel vir my opkom.”+ 12  Toe die vrou “Samuel” sien,+ het sy so hard soos sy kon begin skreeu; en die vrou het vir Saul gesê: “Waarom het u my bedrieg, terwyl u self Saul is?” 13  Maar die koning het vir haar gesê: “Moenie bang wees nie, maar wat het jy gesien?” En die vrou het vir Saul gesê: “Ek het ’n god+ uit die aarde sien opkom.” 14  Dadelik het hy vir haar gesê: “Hoe is sy gestalte?” waarop sy gesê het: “Dit is ’n ou man wat opkom, en hy het ’n moulose oorkleed aan.”+ Daarop het Saul besef dat dit “Samuel” was,+ en hy het laag gebuig met sy gesig na die aarde en hom neergewerp. 15  En “Samuel” het vir Saul begin sê: “Waarom het jy my gesteur deur my te laat opkom?”+ Hierop het Saul gesê: “Ek verkeer in groot nood,+ aangesien die Filistyne teen my veg, en God self het van my gewyk+ en het my nie meer geantwoord nie, nie deur die profete of deur drome nie;+ sodat ek u roep om aan my bekend te maak wat ek moet doen.”+ 16  En “Samuel” het gesê: “Waarom raadpleeg jy my dan, terwyl Jehovah van jou gewyk het+ en jou teenstander is?+ 17  En Jehovah sal vir homself doen net soos hy deur middel van my gespreek het, en Jehovah sal die koninkryk uit jou hand skeur+ en dit aan jou medemens, aan Dawid, gee.+ 18  Omdat jy die stem van Jehovah nie gehoorsaam het+ en sy brandende toorn teen Aʹmalek nie voltrek het nie,+ daarom sal Jehovah vandag beslis hierdie ding aan jou doen. 19  En Jehovah sal ook Israel saam met jou in die hand van die Filistyne gee,+ en môre sal jy+ en jou seuns+ by my wees. Selfs die kamp van Israel sal Jehovah in die hand van die Filistyne gee.”+ 20  Daarop het Saul meteens in sy volle lengte op die grond neergeval en baie bang geword weens “Samuel” se woorde. Ook was daar geen krag in hom nie, omdat hy die hele dag en die hele nag nie voedsel geëet het nie. 21  Die vrou het toe na Saul toe gekom en gesien dat hy baie ontsteld was. En sy het vir hom gesê: “Kyk, u diensmeisie het u stem gehoorsaam, en ek het my siel in my palm geplaas+ en die woorde gehoorsaam wat u met my gespreek het. 22  En nou moet u weer asseblief die stem van u diensmeisie gehoorsaam; en laat ek u ’n stukkie brood voorsit, en eet, sodat daar krag in u kan wees, omdat u verder sal gaan.” 23  Maar hy het geweier en gesê: “Ek sal nie eet nie.” Sy knegte en ook die vrou het egter by hom bly aandring. Uiteindelik het hy hulle stem gehoorsaam en van die grond af opgestaan en op die slaapbank gaan sit. 24  En die vrou het ’n vetgemaakte kalf+ in die huis gehad. Toe het sy dit gou geslag+ en meel geneem en deeg geknie en daarvan ongesuurde koeke gebak. 25  Daarop het sy dit vir Saul en sy knegte opgedien, en hulle het geëet. Daarna het hulle opgestaan en gedurende dieselfde nag weggegaan.+

Voetnote