1 Samuel 29:1-11

29  En die Filistyne+ het al hulle kampe by Afek bymekaargebring, terwyl die Israeliete kamp opgeslaan het by die fontein wat in Jisʹreël+ was.  En die spilvorste+ van die Filistyne het by honderde en by duisende verbygetrek, en Dawid en sy manne het daarna saam met Agis verbygetrek.+  En die vorste van die Filistyne het begin sê: “Wat beteken hierdie Hebreërs?”+ Hierop het Agis vir die vorste van die Filistyne gesê: “Is dit nie Dawid, die kneg van Saul, die koning van Israel nie, wat al ’n jaar of twee hier by my is,+ en van die dag af dat hy na my toe oorgeloop het tot vandag toe het ek hoegenaamd niks in hom gevind nie?”+  En die vorste van die Filistyne het verontwaardig geraak teenoor hom; en die vorste van die Filistyne het vir hom gesê: “Laat die man teruggaan,+ en laat hom teruggaan na sy plek wat jy aan hom toegewys het; en moet hom nie saam met ons in die geveg laat aftrek nie, sodat hy nie vir ons ’n teenstander+ in die geveg sal word nie. En waarmee sou hierdie man hom in die guns van sy heer stel? Is dit nie met die koppe van hierdie manne van ons nie?  Is dit nie Dawid nie, van wie hulle in die danse in wisselsang bly sê het: ‘Saul het sy duisende verslaan, en Dawid sy tienduisende’?”+  Gevolglik het Agis+ Dawid geroep en vir hom gesê: “So waar as Jehovah lewe,+ jy is regskape, en jou uitgang en jou ingang+ saam met my in die kamp was goed in my oë;+ want van die dag af dat jy na my toe gekom het tot vandag toe het ek nie kwaad in jou gevind nie.+ Maar in die oë van die spilvorste+ is jy nie goed nie.  En keer dan nou terug en gaan in vrede, sodat jy niks slegs sal doen in die oë van die spilvorste van die Filistyne nie.”  Dawid het egter vir Agis gesê: “Waarom, wat het ek gedoen,+ en wat het u in u kneg gevind van die dag af dat ek voor u gekom het tot vandag toe,+ dat ek nie moet kom en teen die vyande van my heer die koning moet veg nie?”  Hierop het Agis geantwoord en vir Dawid gesê: “Ek weet goed dat jy in my oë goed was, soos ’n engel van God.+ Maar die vorste van die Filistyne het gesê: ‘Laat hy nie saam met ons in die geveg optrek nie.’ 10  En staan dan nou môreoggend vroeg op saam met die knegte van jou heer wat saam met jou gekom het; en julle moet môreoggend vroeg opstaan wanneer dit vir julle lig geword het. Gaan dan.”+ 11  Toe het Dawid vroeg opgestaan, hy en sy manne, om in die oggend te gaan+ en na die land van die Filistyne terug te keer; en die Filistyne het na Jisʹreël+ opgetrek.

Voetnote