1 Samuel 3:1-21

3  Die hele tyd het die seun Samuel Jehovah voor Eli gedien,+ en woorde van Jehovah+ het in dié dae seldsaam geword;+ visioene+ was nie iets algemeens nie.  En op dié dag het Eli op sy plek gelê, en sy oë het al begin swak word;+ hy kon nie sien nie.  En die lamp van God was nog nie uitgedoof nie, en Samuel het in die tempel+ van Jehovah gelê, waar die ark van God was.  En Jehovah het Samuel geroep. Toe het hy gesê: “Hier is ek.”+  En hy het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Maar hy het gesê: “Ek het nie geroep nie. Gaan lê weer.” Toe het hy weggegaan en gaan lê.  En Jehovah het weer eens geroep: “Samuel!”+ Hierop het Samuel opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u hét my geroep.” Maar hy het gesê: “Ek het nie geroep nie, my seun.+ Gaan lê weer.”  (Wat Samuel betref, hy het Jehovah nog nie leer ken nie, en die woord van Jehovah was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie.)+  Toe het Jehovah weer ’n derde keer geroep: “Samuel!” Daarop het hy opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u móés my geroep het.” En Eli het begin besef dat Jehovah die seun geroep het.  Gevolglik het Eli vir Samuel gesê: “Gaan lê, en as hy jou roep, moet jy sê: ‘Spreek, Jehovah, want u kneg luister.’” En Samuel het weggegaan en op sy plek gaan lê. 10  Toe het Jehovah gekom en gaan staan en soos die ander kere geroep: “Samuel, Samuel!” Hierop het Samuel gesê: “Spreek, want u kneg luister.”+ 11  En Jehovah het vir Samuel gesê: “Kyk! Ek doen+ iets in Israel waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.+ 12  Op dié dag sal ek teenoor Eli alles uitvoer wat ek aangaande sy huis gesê het, van begin tot end.+ 13  En jy moet vir hom sê dat ek sy huis oordeel+ tot onbepaalde tyd oor die oortreding waarvan hy geweet het,+ want sy seuns spreek ’n vloek oor God uit,+ en hy het hulle nie bestraf nie.+ 14  En daarom het ek vir die huis van Eli gesweer dat die oortreding van die huis van Eli tot onbepaalde tyd nie van straf vrygestel sal word deur offerande of deur offergawe nie.”+ 15  En Samuel het tot die oggend toe bly lê. Toe het hy die deure van Jehovah se huis oopgemaak.+ En Samuel was bang om vir Eli van die verskyning te vertel.+ 16  Maar Eli het Samuel geroep en gesê: “Samuel, my seun!” Hierop het hy gesê: “Hier is ek.” 17  En hy het gesê: “Wat is die woord wat hy met jou gespreek het? Moet dit asseblief nie vir my wegsteek nie.+ Mag God so aan jou doen en mag hy so daaraan toevoeg+ as jy vir my ’n woord wegsteek van al die woorde wat hy met jou gespreek het.” 18  Toe het Samuel hom al die woorde meegedeel, en hy het niks vir hom weggesteek nie. Daarop het hy gesê: “Dit is Jehovah. Laat hom doen wat goed is in sy oë.”+ 19  En Samuel het grootgeword, en Jehovah was met hom+ en het nie een van al sy woorde op die aarde laat val nie.+ 20  En die hele Israel van Dan tot Berseʹba+ het besef dat Samuel gemagtig is om ’n profeet vir Jehovah te wees.+ 21  En Jehovah het weer+ in Silo verskyn, want Jehovah het hom in Silo aan Samuel geopenbaar deur die woord van Jehovah.+

Voetnote