1 Samuel 30:1-31

30  En terwyl Dawid en sy manne op die derde dag na Siklag+ gekom het, het die Amalekiete+ in die suide en in Siklag ’n inval gedoen; en hulle het Siklag verslaan en dit met vuur verbrand  en die vroue+ en alles wat daarin was, gevange weggevoer, van die kleinste tot die grootste. Hulle het niemand doodgemaak nie, maar hulle het hulle voortgedryf en verder gegaan.  Toe Dawid met sy manne by die stad kom, kyk, toe was dit met vuur verbrand, en hulle vrouens en hulle seuns en hulle dogters was gevange weggevoer.  En Dawid en die manskappe wat by hom was, het hulle stem begin verhef en gehuil,+ totdat daar geen krag in hulle was om meer te huil nie.  En Dawid se twee vrouens was gevange weggevoer, Ahiʹnoam,+ die Jisreëlitiese vrou, en Abiʹgail,+ die vrou van Nabal, die Karmeliet.  En Dawid het baie benoud geraak,+ omdat die manskappe gesê het dat hy gestenig moet word;+ want die siel van al die manskappe het verbitterd geword,+ elkeen weens sy seuns en sy dogters. Toe het Dawid hom begin versterk deur middel van Jehovah sy God.+  Dawid het derhalwe vir die priester Abjaʹtar,+ die seun van Ahimeʹleg, gesê: “Bring asseblief die efod+ hier na my toe.” En Abjaʹtar het die efod na Dawid toe gebring.  En Dawid het Jehovah begin raadpleeg+ en gesê: “Sal ek hierdie rowerbende agternasit? Sal ek hulle inhaal?” Hierop het hy vir hom gesê:+ “Sit hulle agterna, want jy sal hulle vir seker inhaal, en jy sal vir seker ’n verlossing bewerkstellig.”+  Dadelik het Dawid vertrek, hy en die seshonderd man+ wat by hom was, en hulle het tot by die Besorstroomvallei getrek, en die manne wat agtergelaat moes word, het daar gebly. 10  En Dawid het die agtervolging voortgesit,+ hy en vierhonderd man, maar tweehonderd man wat te moeg was om oor die Besorstroomvallei te trek,+ het daar gebly. 11  En hulle het ’n man, ’n Egiptenaar,+ in die veld gevind. Toe het hulle hom na Dawid toe geneem en aan hom brood gegee om te eet en aan hom water gegee om te drink. 12  Verder het hulle aan hom ’n skyf van ’n koek van saamgeperste vye en twee rosynekoeke gegee.+ Toe het hy geëet, en sy gees+ het in hom teruggekeer; want hy het drie dae en drie nagte nie brood geëet of water gedrink nie. 13  Dawid het toe vir hom gesê: “Aan wie behoort jy, en waar kom jy vandaan?” waarop hy gesê het: “Ek is ’n Egiptiese dienaar, ’n slaaf van ’n Amalekitiese man, maar my heer het my agtergelaat omdat ek drie dae gelede siek geword het.+ 14  Ons het ’n inval gedoen in die suide van die Keretiete+ en in wat aan Juda behoort en in die suide van Kaleb;+ en ons het Siklag met vuur verbrand.” 15  Hierop het Dawid vir hom gesê: “Sal jy my na hierdie rowerbende toe afneem?” Toe het hy gesê: “Sweer tog+ vir my by God dat u my nie sal doodmaak nie, en dat u my nie in die hand van my heer sal oorlewer nie,+ en ek sal u na hierdie rowerbende toe afneem.” 16  En hy het hom afgeneem,+ en kyk, hulle was wanordelik oor die oppervlak van die hele land versprei terwyl hulle geëet en gedrink en feesgevier het+ weens die hele groot buit wat hulle uit die land van die Filistyne en die land van Juda geneem het.+ 17  En Dawid het hulle van die oggendskemering tot die aand verslaan, sodat hy hulle aan vernietiging kon oorgee; en niemand van hulle het ontkom nie,+ behalwe vierhonderd jong manne wat op kamele gery en gevlug het. 18  En Dawid het alles bevry wat die Amalekiete geneem het,+ en Dawid het sy twee vrouens bevry. 19  En niks van hulle het ontbreek nie, van die kleinste tot die grootste, seuns of dogters, of van die buit, ja, van alles wat hulle vir hulle geneem het.+ Dawid het alles teruggekry. 20  Dawid het ook al die kleinvee en die beeste geneem, wat hulle voor daardie ander vee gedryf het. Toe het hulle gesê: “Dit is Dawid se buit.”+ 21  Eindelik het Dawid by die tweehonderd man gekom+ wat te moeg was om saam met Dawid te gaan en wat hulle by die Besorstroomvallei laat bly het; en hulle het Dawid en die manskappe wat by hom was, tegemoetgekom. Toe Dawid naby die manskappe kom, het hy hulle begin vra hoe dit met hulle gaan. 22  Maar elke slegte man en deugniet+ uit die manne wat saam met Dawid gegaan het, het geantwoord en bly sê: “Omdat hulle nie saam met ons gegaan het nie, sal ons aan hulle niks van die buit gee wat ons bevry het nie, behalwe aan elkeen sy vrou en sy seuns, en laat hulle hulle weglei en gaan.” 23  Maar Dawid het gesê: “Julle mag nie so maak met wat Jehovah aan ons gegee het nie,+ my broers, deurdat hy ons bewaar het+ en die rowerbende wat teen ons gekom het, in ons hand gegee het.+ 24  En wie sal na julle luister wat hierdie woord betref? Want soos die deel van die een wat in die geveg afgetrek het, so sal die deel wees van die een wat by die bagasie gebly het.+ Almal sal saam ’n deel hê.”+ 25  En van dié dag af het hy dit as ’n voorskrif en ’n regterlike beslissing+ vir Israel gestel tot vandag toe. 26  Toe Dawid by Siklag kom, het hy van die buit aan die ouer manne van Juda, sy vriende,+ gestuur en gesê: “Hier is vir julle ’n seëngeskenk+ uit die buit van Jehovah se vyande.” 27  Aan dié wat in Bet-El+ was en aan dié in Ramot+ in die suide en aan dié in Jattir+ 28  en aan dié in Aʹroër en aan dié in Sifmot en aan dié in Estemoʹa+ 29  en aan dié in Ragal en aan dié in die stede van die Jeragmeëliete+ en aan dié in die stede van die Keniete+ 30  en aan dié in Horma+ en aan dié in Bor-Asan+ en aan dié in Atag 31  en aan dié in Hebron+ en na al die plekke waar Dawid rondgetrek het, hy en sy manne.

Voetnote