1 Samuel 31:1-13

31  En die Filistyne het teen Israel geveg,+ en die manne van Israel het voor die Filistyne gevlug, en hulle het as gesneuweldes op die berg Gilboʹa+ bly val.+  En die Filistyne het kort agter Saul en sy seuns gebly; en die Filistyne het Joʹnatan+ en Abinaʹdab+ en Malkisua,+ Saul se seuns, uiteindelik doodgemaak.  En die geveg het hewig geword teen Saul, en die skutters, die boogskutters, het hom uiteindelik gevind, en hy is swaar gewond deur die skutters.+  Toe het Saul vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard+ en deurboor my daarmee, sodat hierdie onbesnede+ manne nie kom en my beslis deurboor en my smadelik behandel nie.” En sy wapendraer wou nie,+ omdat hy baie bang was. Daarop het Saul die swaard geneem en daarop geval.+  Toe sy wapendraer sien dat Saul gesterf het,+ het ook hy op sy eie swaard geval en saam met hom gesterf.+  So het Saul en sy drie seuns en sy wapendraer, ja, al sy manne, saam op dié dag gesterf.+  Toe die manne van Israel wat in die streek van die laagvlakte was en wat in die streek van die Jordaan was, sien dat die manne van Israel gevlug het, en dat Saul en sy seuns gesterf het, het hulle die stede begin verlaat en gevlug,+ waarna die Filistyne gekom en daarin gaan woon het.+  En die volgende dag, toe die Filistyne kom om die gesneuweldes te stroop,+ het hulle Saul en sy drie seuns gevind waar hulle op die berg Gilboʹa geval het.+  En hulle het sy kop afgekap+ en sy wapenrusting uitgetrek en het oral in die land van die Filistyne gestuur om die huise van hulle afgode+ en die volk in te lig.+ 10  Uiteindelik het hulle sy wapenrusting+ in die huis van die Astoʹret-beelde+ gesit, en sy lyk het hulle aan die muur van Bet-San+ vasgemaak. 11  En wat hom betref, die inwoners van Jaʹbes-Giʹlead+ het gehoor wat die Filistyne aan Saul gedoen het. 12  Onmiddellik het al die dapper manne opgestaan en die hele nag deur getrek en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns van die muur van Bet-San afgehaal en by Jabes gekom en hulle daar verbrand.+ 13  Toe het hulle hulle beendere+ geneem en dit onder die tamariskboom+ in Jabes begrawe,+ en hulle het sewe dae lank gevas.+

Voetnote