1 Samuel 4:1-22

4  En die woord van Samuel het tot die hele Israel bly kom. Toe het Israel uitgetrek om die Filistyne in die geveg te ontmoet; en hulle het langs Ebenhaëser+ kamp opgeslaan, en die Filistyne het in Afek+ kamp opgeslaan.  En die Filistyne het hulle in slagorde opgestel+ om Israel te ontmoet, en die geveg het sleg verloop, sodat Israel verslaan is voor die Filistyne,+ wat ongeveer vierduisend man in geslote gevegslinie in die veld doodgemaak het.  Toe die manskappe in die kamp kom, het die ouer manne van Israel begin sê: “Waarom het Jehovah ons vandag voor die Filistyne verslaan?+ Laat ons die ark van Jehovah se verbond+ uit Silo na ons toe bring, sodat dit onder ons kan inkom en ons uit die palm van ons vyande kan red.”  Daarop het die manskappe na Silo gestuur en die ark van die verbond van Jehovah van die leërs, wat op die gerubs sit,+ daarvandaan gebring. En die twee seuns van Eli, naamlik Hofni en Piʹnehas, was daar by die ark van die verbond van die ware God.+  En net toe die ark van die verbond van Jehovah in die kamp inkom, het al die Israeliete ’n groot gejuig aangehef,+ sodat die aarde gebewe het.  Die Filistyne het ook die geluid van die gejuig gehoor en begin sê: “Wat beteken die geluid van hierdie groot gejuig+ in die kamp van die Hebreërs?” Uiteindelik het hulle te wete gekom dat die ark van Jehovah in die kamp ingekom het.  En die Filistyne het bang geword, want hulle het gesê: “God het in die kamp ingekom!”+ Toe het hulle gesê: “Wee ons, want so iets het nog nooit tevore gebeur nie!  Wee ons! Wie sal ons red uit die hand van hierdie majestueuse God? Dit is die God wat Egipte in die wildernis met elke soort slagting getref het.+  Wees moedig en wys dat julle manne is, o Filistyne, sodat julle nie die Hebreërs sal dien net soos hulle julle gedien het nie;+ en julle moet wys dat julle manne is en veg!” 10  Toe het die Filistyne geveg en is Israel verslaan,+ en hulle het elkeen na sy tent gevlug;+ en die slagting was baie groot,+ sodat daar van Israel dertigduisend voetsoldate geval het.+ 11  En selfs die ark van God is buitgemaak,+ en die twee seuns van Eli, Hofni en Piʹnehas, het gesterf.+ 12  En ’n man van Benjamin het van die gevegslinie af gehardloop sodat hy daardie dag met geskeurde klere+ en grond op sy kop+ in Silo aangekom het. 13  Toe hy daar aankom, het Eli op die stoel langs die pad gesit, op die uitkyk, want sy hart het gebewe oor die ark van die ware God.+ En die man het ingegaan om in die stad berig te bring, en die hele stad het begin skreeu. 14  En Eli het die geluid van die geskreeu gehoor. Toe het hy gesê: “Wat beteken die rumoerige geluid?”+ En die man het hom gehaas om aan Eli berig te gaan bring. 15  (En Eli was agt-en-negentig jaar oud, en sy oë het verstar sodat hy nie kon sien nie.)+ 16  En die man het vir Eli gesê: “Ek het van die gevegslinie af gekom, en ek—van die gevegslinie af het ek vandag gevlug.” Hierop het hy gesê: “Wat het daar gebeur, my seun?” 17  Toe het die bringer van die nuus geantwoord en gesê: “Israel het voor die Filistyne gevlug, en die manskappe het ook ’n groot nederlaag gely;+ en ook u twee seuns—Hofni en Piʹnehas+—het gesterf, en die ark van die ware God is buitgemaak.”+ 18  En die oomblik toe hy van die ark van die ware God melding maak, het hy van die stoel af agteroor geval, langs die poort, en hy het sy nek gebreek sodat hy gesterf het, want die man was oud en swaar; en hy het Israel veertig jaar lank gerig. 19  En sy skoondogter, die vrou van Piʹnehas, was swanger en het op die punt gestaan om geboorte te gee, en sy het die berig gehoor dat die ark van die ware God buitgemaak is en dat haar skoonvader en haar man gesterf het. Daarop het sy haar gebuig en geboorte begin gee, want haar pyne het onverwags oor haar gekom.+ 20  En toe sy op sterwe lê, het die vroue wat by haar gestaan het, begin sê: “Moenie bang wees nie, want jy het ’n seun gebaar.”+ En sy het nie geantwoord nie en haar hart nie daarop gerig nie. 21  Maar sy het die seun Iʹkabod+ genoem en gesê: “Heerlikheid is uit Israel in ballingskap weggevoer”,+ met verwysing na die ark van die ware God wat buitgemaak is en met verwysing na haar skoonvader en haar man.+ 22  Toe het sy gesê: “Heerlikheid is uit Israel in ballingskap weggevoer,+ omdat die ark van die ware God buitgemaak is.”+

Voetnote