1 Samuel 5:1-12

5  Wat die Filistyne betref, hulle het die ark+ van die ware God geneem en dit toe van Ebenhaëser af na Asdod+ gebring.  En die Filistyne het die ark van die ware God geneem en dit in die huis van Dagon ingebring en dit langs Dagon+ neergesit.  Toe het die Asdodiete die volgende dag vroeg opgestaan, en kyk, Dagon het met sy gesig op die aarde voor die ark van Jehovah gelê.+ En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit.+  Toe hulle die dag daarna vroeg in die oggend opstaan, kyk, daar het Dagon met sy gesig op die aarde voor die ark van Jehovah gelê, terwyl die kop van Dagon en sy twee handpalms afgekap op die drumpel gelê het.+ Net die visgedeelte het aan hom oorgebly.  Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon in Asdod nie.  En die hand van Jehovah+ het swaar geword op die Asdodiete, en hy het paniek begin veroorsaak en hulle met aambeie getref,+ naamlik Asdod en sy gebiede.  En die manne van Asdod het gesien dat dit so was, en hulle het gesê: “Moenie die ark van die God van Israel by ons laat bly nie, want sy hand was hard teen ons en teen ons god Dagon.”+  Gevolglik het hulle gestuur en al die spilvorste van die Filistyne by hulle versamel en gesê: “Wat sal ons met die ark van die God van Israel doen?” Uiteindelik het hulle gesê: “Laat die ark van die God van Israel na Gat+ oorgaan.” Daarop het hulle die ark van die God van Israel daarheen oorgebring.  En nadat hulle dit daarheen oorgebring het, was die hand van Jehovah+ teen die stad met ’n baie groot verwarring, en hy het die manne van die stad begin tref, van klein tot groot, en aambeie+ het by hulle begin uitbreek. 10  Hulle het derhalwe die ark van die ware God na Ekron+ gestuur. En net toe die ark van die ware God in Ekron kom, het die Ekroniete begin skreeu en gesê: “Hulle het die ark van die God van Israel na my toe oorgebring om my en my volk dood te maak!”+ 11  Gevolglik het hulle gestuur en al die spilvorste van die Filistyne laat bymekaarkom en gesê: “STUUR die ark van die God van Israel weg sodat dit na sy plek kan terugkeer en my en my volk nie sal doodmaak nie.” Want ’n dodelike verwarring het in die hele stad ontstaan;+ die hand van die ware God was daar baie swaar,+ 12  en die manne wat nie gesterf het nie, is met aambeie getref.+ En die hulpgeroep+ van die stad het na die hemel bly opstyg.

Voetnote