1 Samuel 6:1-21

6  En die ark+ van Jehovah was sewe maande lank in die gebied van die Filistyne.  En die Filistyne het die priesters en die waarsêers+ geroep en gesê: “Wat sal ons met die ark van Jehovah doen? Laat ons weet waarmee ons dit na sy plek moet wegstuur.”  Hierop het hulle gesê: “As julle die ark van die God van Israel wegstuur, moet julle dit nie sonder ’n offer wegstuur nie, want julle moet alte seker ’n skuldoffer aan hom teruggee.+ Dan sal julle gesond word, en dit sal aan julle bekend word waarom sy hand nie van julle gewyk het nie.”  Hierop het hulle gesê: “Wat is die skuldoffer wat ons aan hom moet teruggee?” Toe het hulle gesê: “Volgens die getal spilvorste+ van die Filistyne: vyf goue aambeie en vyf goue springmuise, want julle almal en julle spilvorste het dieselfde plaag.  En julle moet beelde maak van julle aambeie en beelde van julle springmuise+ wat die land verwoes, en julle moet aan die God van Israel heerlikheid gee.+ Miskien sal hy sy hand ligter maak oor julle en julle god en julle land.+  En waarom sou julle julle hart verhard net soos Egipte en Farao hulle hart verhard het?+ Was dit nie net nadat Hy streng teen hulle opgetree het+ dat hulle hulle weggestuur het en hulle weggetrek het nie?+  Neem en maak dan nou ’n nuwe wa,+ en twee sogende koeie, waarop geen juk+ gekom het nie, en julle moet die koeie voor die wa inspan, en julle moet hulle kalwers agter hulle wegkeer huis toe.  En julle moet die ark van Jehovah neem en dit op die wa sit, en die goue voorwerpe+ wat julle as ’n skuldoffer+ aan hom moet teruggee, moet julle in ’n kissie daar langsaan sit. En julle moet dit wegstuur, en dit moet gaan.  En julle moet kyk: as dit met die pad na sy gebied opgaan, na Bet-Semes,+ dan het hy ons hierdie groot kwaad aangedoen; maar so nie, dan sal ons weet dat dit nie sy hand was wat ons aangeraak het nie; ’n ongeluk+ het ons getref.” 10  En die manne het dit gedoen. Hulle het twee sogende koeie geneem en hulle voor die wa ingespan, en hulle kalwers het hulle by die huis toegesluit. 11  Toe het hulle die ark van Jehovah op die wa gesit,+ en ook die kissie en die goue springmuise en die beelde van hulle aambeie. 12  En die koeie het reguit vorentoe begin gaan op die pad na Bet-Semes.+ Op die een grootpad het hulle gegaan, al bulkende terwyl hulle gaan, en hulle het nie regs of links uitgedraai nie. Die hele tyd het die spilvorste+ van die Filistyne agter hulle aan geloop tot by die grens van Bet-Semes. 13  En mense van Bet-Semes het die koringoes+ in die laagvlakte ingesamel. Toe hulle hulle oë opslaan en die Ark sien, was hulle bly om dit te sien. 14  En die wa het tot op die grond van Josua, die Bet-Semiet, gekom en daar bly staan, waar daar ’n groot klip was. En hulle het die hout van die wa gekloof, en die koeie+ het hulle as ’n brandoffer aan Jehovah geoffer.+ 15  En die Leviete+ het die ark van Jehovah en die kissie wat daarby was, waarin die goue voorwerpe was, afgehaal en dit op die groot klip gesit. En wat die manne van Bet-Semes+ betref, hulle het brandoffers geoffer, en hulle het op dié dag offerandes aan Jehovah bly bring. 16  En die vyf spilvorste+ van die Filistyne het dit gesien en op dié dag na Ekron teruggegaan. 17  Dít is dan nou die goue aambeie wat die Filistyne as ’n skuldoffer aan Jehovah teruggegee het:+ vir Asdod+ een, vir Gasa+ een, vir Asʹkelon+ een, vir Gat+ een, vir Ekron+ een. 18  En die goue springmuise was volgens die getal van al die stede van die Filistyne wat aan die vyf spilvorste behoort het, van die versterkte stede sowel as die dorpies van die oop land. En die groot klip waarop hulle die ark van Jehovah laat rus het, is tot vandag toe ’n getuie op die grond van Josua, die Bet-Semiet. 19  En hy het die manne van Bet-Semes+ doodgemaak, omdat hulle na die ark van Jehovah gekyk het. So het hy onder die volk sewentig man—vyftigduisend man—doodgemaak, en die volk het begin treur omdat Jehovah ’n groot slagting onder die volk aangerig het.+ 20  Verder het die manne van Bet-Semes gesê: “Wie sal kan staande bly voor Jehovah, hierdie heilige God,+ en na wie toe sal hy van ons af weggaan?”+ 21  Uiteindelik het hulle boodskappers na die inwoners van Kirʹjat-Jeaʹrim+ gestuur en gesê: “Die Filistyne het die ark van Jehovah teruggegee. Kom af. Neem dit na julle toe op.”+

Voetnote