1 Samuel 7:1-17

7  Toe het die manne van Kirʹjat-Jeaʹrim+ gekom en die ark van Jehovah geneem en dit in die huis van Abinaʹdab+ op die heuwel ingebring, en hulle het sy seun Eleaʹsar geheilig om die ark van Jehovah te bewaak.  En van die dag af dat die Ark in Kirʹjat-Jeaʹrim gebly het, het die dae bly vermeerder, sodat dit twintig jaar was, en die hele huis van Israel het agter Jehovah aan geweeklaag.+  En Samuel het vir die hele huis van Israel gesê: “As julle met julle hele hart tot Jehovah terugkeer,+ moet julle die vreemde gode uit julle midde verwyder+ en ook die Astoʹret-beelde,+ en julle moet julle hart onwrikbaar op Jehovah rig en hom alleen dien,+ en hy sal julle uit die hand van die Filistyne verlos.”+  Daarop het die kinders van Israel die Baäls+ en die Astoʹret-beelde+ verwyder en Jehovah alleen begin dien.  Toe het Samuel gesê: “Bring die hele Israel+ by Mispa+ bymekaar, sodat ek vir julle tot Jehovah kan bid.”+  Toe is hulle by Mispa bymekaargebring, en hulle het water geskep en dit voor Jehovah uitgegiet en dié dag gevas.+ En hulle het daar begin sê: “Ons het teen Jehovah gesondig.”+ En Samuel het die kinders van Israel in Mispa begin rig.+  En die Filistyne het gehoor dat die kinders van Israel by Mispa bymekaargekom het, en die spilvorste+ van die Filistyne het teen Israel opgetrek. Toe die kinders van Israel dit hoor, het hulle bang geword weens die Filistyne.+  Daarom het die kinders van Israel vir Samuel gesê: “Bly ter wille van ons nie stil deur nie tot Jehovah ons God om hulp te roep nie,+ sodat hy ons uit die hand van die Filistyne kan red.”  Toe het Samuel ’n suiglam geneem en dit as ’n brandoffer, ’n heeloffer,+ aan Jehovah geoffer; en Samuel het vir Israel tot Jehovah om hulp begin roep,+ en Jehovah het hom verhoor.+ 10  En terwyl Samuel die brandoffer gebring het, het die Filistyne nader gekom om teen Israel oorlog te voer. En Jehovah het dit toe díe dag met ’n harde geraas+ teen die Filistyne laat donder, om hulle in verwarring te bring;+ en hulle is voor Israel verslaan.+ 11  Daarop het die manne van Israel van Mispa af uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle tot suid van Bet-Kar verslaan. 12  Toe het Samuel ’n klip geneem+ en dit tussen Mispa en Jesaʹna gesit en dit Ebenhaëser genoem. Daarop het hy gesê: “Tot nou toe het Jehovah ons gehelp.”+ 13  So is die Filistyne onderwerp, en hulle het nie meer die gebied van Israel binnegekom nie;+ en die hand van Jehovah was voortdurend teen die Filistyne al die dae van Samuel.+ 14  En die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, het na Israel toe bly terugkom, van Ekron af tot by Gat, en die gebied daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne verlos. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.+ 15  En Samuel het Israel gerig al die dae van sy lewe.+ 16  En hy het van jaar tot jaar gereis en die kring van Bet-El+ en Gilgal+ en Mispa+ deurgegaan en Israel op al hierdie plekke gerig.+ 17  Maar hy het na Rama+ teruggekeer, want sy huis was daar, en hy het Israel daar gerig. En daar het hy ’n altaar vir Jehovah gebou.+

Voetnote