1 Samuel 8:1-22

8  En toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns as rigters vir Israel aangestel.+  En die naam van sy eersgebore seun was Joël,+ en die naam van sy tweede Abiʹa;+ hulle het in Berseʹba reggespreek.  En sy seuns het nie in sy weë gewandel nie,+ maar hulle was geneig om onregverdige wins na te jaag+ en het ’n omkoopgeskenk aanvaar+ en die reg verdraai.+  Na verloop van tyd het al die ouer manne van Israel+ bymekaargekom en na Samuel toe gekom in Rama  en vir hom gesê: “Kyk! U het oud geword, maar u seuns het nie in u weë gewandel nie. Stel tog nou vir ons ’n koning aan+ om ons te rig soos al die nasies.”  Maar die saak was sleg in die oë van Samuel, aangesien hulle gesê het: “Gee ons tog ’n koning om ons te rig”, en Samuel het tot Jehovah begin bid.+  Toe het Jehovah vir Samuel gesê:+ “Luister na die stem van die volk met betrekking tot alles wat hulle vir jou sê;+ want nie jou het hulle verwerp nie, maar my het hulle verwerp om nie koning+ oor hulle te wees nie.  In ooreenstemming met al hulle dade wat hulle gedoen het van die dag af dat ek hulle uit Egipte laat optrek het+ tot vandag toe, deurdat hulle my voortdurend verlaat het+ en ander gode gedien het,+ so doen hulle ook met jou.  En luister dan nou na hulle stem. Jy moet hulle net ernstig waarsku, en jy moet hulle vertel wat die regmatige deel is van die koning wat oor hulle sal regeer.”+ 10  Toe het Samuel al die woorde van Jehovah meegedeel aan die volk wat ’n koning van hom gevra het. 11  En hy het gesê: “Dít sal die regmatige deel+ word van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem+ en hulle vir hom in sy strydwaens+ en by sy ruiters plaas,+ en party sal voor sy strydwaens uit moet hardloop;+ 12  en om vir hom hoofde oor duisend+ en hoofde oor vyftig+ aan te stel, en party om vir hom te ploeg+ en om sy oes in te samel+ en om sy oorlogstuig+ en voorwerpe vir sy strydwaens+ te maak. 13  En julle dogters sal hy as salfmengsters en kooksters en baksters+ neem. 14  En julle lande en julle wingerde+ en julle olyfboorde,+ die bestes, sal hy neem en aan sy knegte gee. 15  En van julle saailande en van julle wingerde sal hy die tiende neem,+ en hy sal dit beslis aan sy hofbeamptes+ en sy knegte gee. 16  En julle diensknegte en julle diensmeisies en julle beste beeste en julle esels sal hy neem, en hy sal hulle vir sy werk moet gebruik.+ 17  Van julle kleinvee+ sal hy die tiende neem, en júlle sal sy knegte word. 18  En julle sal beslis in daardie dag uitroep weens julle koning,+ wat julle vir julle gekies het, maar Jehovah sal julle in daardie dag nie antwoord nie.”+ 19  Die volk het egter geweier om na die stem van Samuel te luister+ en gesê: “Nee, maar ’n koning sal oor ons wees. 20  En ons, ook ons, moet soos al die nasies word,+ en ons koning moet ons rig en voor ons uittrek en ons oorloë voer.” 21  En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor; toe het hy dit voor die ore van Jehovah gespreek.+ 22  En Jehovah het vir Samuel gesê: “Luister na hulle stem, en jy moet ’n koning oor hulle laat regeer.”+ Toe het Samuel vir die manne van Israel gesê: “Gaan elkeen na sy stad.”

Voetnote