1 Samuel 9:1-27

9  En daar was ’n man van Benjamin, en sy naam was Kis,+ die seun van Abiʹël, die seun van Seror, die seun van Begoʹrat, die seun van Afiʹag, ’n Benjaminiet,+ ’n baie ryk man.+  En hy het ’n seun gehad met die naam Saul,+ jonk en aantreklik, en geen man onder die kinders van Israel was aantrekliker as hy nie; van sy skouers af boontoe was hy langer as die hele volk.+  En die eselinne+ van Kis, die vader van Saul, het weggeraak. Daarom het Kis vir sy seun Saul gesê: “Neem asseblief een van die dienaars saam met jou en staan op, gaan soek die eselinne.”  En hy het deur die bergstreek van Eʹfraim+ gegaan en het deur die land Saliʹsa+ verder gegaan, en hulle het hulle nie gevind nie. En hulle het deur die land Saʹälim verder gegaan, maar hulle was nie daar nie. En hy het deur die land van die Benjaminiete verder gegaan, en hulle het hulle nie gevind nie.  Hulle het in die land Suf gekom; en Saul het vir sy dienaar wat by hom was, gesê: “Kom tog, en laat ons terugkeer, sodat my vader nie miskien ophou om hom oor die eselinne te bekommer en oor ons besorg raak nie.”+  Maar hy het vir hom gesê: “Kyk asseblief! Daar is ’n man van God+ in hierdie stad, en die man word hooggeag. Alles wat hy sê, word vir seker bewaarheid.+ Laat ons nou daarheen gaan. Miskien kan hy vir ons sê watter weg ons moet gaan.”  Hierop het Saul vir sy dienaar gesê: “En as ons sou gaan, wat sal ons vir die man bring?+ Want die brood het uit ons houers verdwyn, en daar is niks om as ’n geskenk+ vir die man van die ware God te bring nie. Wat het ons by ons?”  Toe het die dienaar Saul weer eens geantwoord en gesê: “Kyk! Daar is ’n kwart sikkel+ silwer in my hand, en ek sal dit aan die man van die ware God moet gee, en hy sal vir ons moet sê watter weg ons moet gaan.”  (In vroeër tye in Israel sou ’n man só gepraat het wanneer hy God gaan soek: “KOM, en laat ons na die siener+ toe gaan.” Want die profeet van vandag is in vroeër tye gewoonlik ’n siener genoem.) 10  Toe het Saul vir sy dienaar gesê: “Jou woord is goed.+ Kom tog, laat ons gaan.” En hulle het na die stad gegaan waar die man van die ware God was. 11  Terwyl hulle die opdraand na die stad opgegaan het, het hulle meisies gevind wat uitgaan om water te skep.+ En hulle het vir hulle gesê: “Is die siener+ in hierdie plek?” 12  Toe het hulle hulle geantwoord en gesê: “Hy is. Kyk! Hy is voor jou. Haas jou nou, want hy het vandag na die stad gekom, omdat daar vandag ’n offerande+ vir die volk op die hoogte+ is. 13  Sodra julle in die stad inkom, sal julle hom vind net voordat hy na die hoogte opgaan om te eet; want die volk mag nie eet voordat hy kom nie, want hy seën die offerande.+ Eers daarna kan die genooides eet. En GAAN dan nou op, want hom—juis nou sal julle hom vind.” 14  Daarop het hulle na die stad opgegaan. Toe hulle binne-in die stad kom, kyk, toe het Samuel uitgekom, hulle tegemoet, om na die hoogte op te gaan. 15  Wat Jehovah betref, hy het die dag voordat Saul gekom het, die oor van Samuel geopen+ en gesê: 16  “Môre omstreeks hierdie tyd sal ek ’n man uit die land van Benjamin+ na jou toe stuur, en jy moet hom as leier oor my volk Israel salf;+ en hy sal my volk uit die hand van die Filistyne red,+ want ek het die ellende van my volk gesien, omdat hulle geroep tot my gekom het.”+ 17  En Samuel het Saul gesien, en wat Jehovah betref, hy het hom geantwoord: “Hier is die man van wie ek vir jou gesê het: ‘Hy sal my volk in bedwang hou.’”+ 18  Toe het Saul nader gekom na Samuel toe binne-in die poort en gesê: “Vertel my tog asseblief: Presies waar is die huis van die siener?” 19  En Samuel het Saul geantwoord en gesê: “Ek is die siener. Gaan voor my op na die hoogte, en julle moet vandag saam met my eet,+ en ek sal jou môreoggend wegstuur, en ek sal jou alles vertel wat in jou hart is.+ 20  Wat die eselinne betref wat jy al drie dae vermis,+ moenie jou hart op hulle rig+ nie, want hulle is gevind. En aan wie behoort al die begeerlike dinge van Israel?+ Is dit nie aan jou en aan die hele huis van jou vader nie?” 21  Hierop het Saul geantwoord en gesê: “Is ek nie ’n Benjaminiet, uit die kleinste+ van die stamme van Israel,+ en my familie die onbeduidendste van al die families van die stam Benjamin nie?+ Waarom het u dan so iets vir my gesê?”+ 22  Toe het Samuel Saul en sy dienaar geneem en hulle na die eetsaal gebring en hulle ’n plek aan die hoof+ van die genooides gegee; en hulle was ongeveer dertig man. 23  Later het Samuel vir die kok gesê: “Gee tog die deel wat ek aan jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: ‘Sit dit by jou weg.’” 24  Daarop het die kok die boud en wat daaraan was, afgelig en dit voor Saul gesit. En hy het gesê: “Hier is wat bewaar is. Sit dit voor jou. Eet, want hulle het dit tot die vasgestelde tyd vir jou bewaar sodat jy saam met die genooides kan eet.” So het Saul dié dag saam met Samuel geëet. 25  Daarna het hulle van die hoogte+ af na die stad gegaan, en hy het op die dak+ verder met Saul gepraat. 26  Toe het hulle vroeg opgestaan, en net toe die dag breek, het Samuel na Saul op die dak geroep en gesê: “Staan tog op, sodat ek jou kan wegstuur.” Daarop het Saul opgestaan, en hulle twee, hy en Samuel, het na buite gegaan. 27  Terwyl hulle aan die rand van die stad afgegaan het, het Samuel vir Saul gesê: “Sê vir die dienaar+ dat hy voor ons uit moet gaan”—toe het hy vooruitgegaan—“en staan jy nou stil sodat ek jou die woord van God kan laat hoor.”

Voetnote