1 Tessalonisense 1:1-10

1  Paulus en Silvaʹnus+ en Timoʹteus+ aan die gemeente van die Tessalonisense in eenheid+ met God die Vader en die Here Jesus Christus: Mag julle onverdiende goedhartigheid en vrede hê.+  Ons dank God altyd wanneer ons van julle almal melding maak in ons gebede,+  want ons dink onophoudelik aan julle getroue werk+ en julle liefdevolle arbeid en julle volharding weens julle hoop+ op ons Here Jesus Christus voor ons God en Vader.  Want ons weet, broers vir wie God lief is, dat hy julle uitgekies het,+  omdat die goeie nuus wat ons verkondig, nie met woorde alleen tot julle gekom het nie, maar ook met krag+ en met heilige gees en sterk oortuiging,+ net soos julle weet watter soort mense ons om julle onthalwe vir julle geword het;+  en julle het navolgers+ van ons en van die Here+ geword, aangesien julle die woord onder groot verdrukking+ met vreugde van die heilige gees aangeneem het,+  sodat julle ’n voorbeeld vir al die gelowiges in Masedoʹnië en in Agaʹje geword het.  Ja, nie net het die woord van Jehovah+ van julle af in Masedoʹnië en Agaʹje weerklink nie, maar op elke plek het julle geloof+ in God oral bekend geword,+ sodat ons nie nodig het om enigiets te sê nie.  Want hulle self hou aan vertel van die manier waarop ons aanvanklik onder julle ingegaan het en hoe julle julle van julle afgode+ tot God gekeer het om ’n lewende+ en ware+ God as slawe te dien 10  en om te wag+ op sy Seun uit die hemele,+ wat hy uit die dode opgewek het,+ naamlik Jesus, wat ons verlos van die komende gramskap.+

Voetnote