1 Tessalonisense 2:1-20

2  Julle weet immers self, broers, dat ons besoek+ aan julle nie sonder resultate was nie,+  maar dat ons, nadat ons (soos julle weet) eers gely het+ en minagtend behandel is+ in Filipʹpi,+ deur middel van ons God die vrymoedigheid bymekaargeskraap het om met groot worsteling die goeie nuus van God tot julle te spreek.+  Want die vermaning wat ons gee, ontstaan nie uit dwaling of uit onreinheid+ of met bedrog nie,  maar soos ons deur God geskik bevind is om die goeie nuus toevertrou te word,+ so spreek ons, nie om mense te behaag nie,+ maar God, wat ons harte beproef.+  Trouens, ons het (soos julle weet) nooit met vleitaal+ gekom of met ’n voorwendsel+ vir hebsug nie,+ God is getuie!  Ook het ons nie heerlikheid van mense gesoek nie,+ nee, nie van julle of van ander nie, al kon ons as apostels van Christus ’n duur las wees.+  Inteendeel, ons het teergevoelig geword in julle midde, soos wanneer ’n sogende moeder haar eie kinders koester.+  Omdat ons dan ’n tere geneentheid vir julle het,+ het ons julle met graagte nie net die goeie nuus van God meegedeel nie, maar ook ons eie siele,+ want julle het by ons gelief geword.+  Julle onthou ongetwyfeld ons arbeid en geswoeg, broers. Dit was deur nag en dag te werk,+ om nie een van julle ’n duur las op te lê nie,+ dat ons die goeie nuus van God aan julle verkondig het. 10  Julle is getuies, God is ook, van hoe lojaal en regverdig en onberispelik+ ons ons teenoor julle, die gelowiges, gedra het. 11  In ooreenstemming daarmee weet julle goed hoe ons, soos ’n vader+ sy kinders, aangehou het om elkeen van julle te vermaan+ en te troos en aan julle getuienis af te lê, 12  sodat julle sou voortgaan om te wandel+ op ’n wyse wat God, wat julle tot sy koninkryk+ en heerlikheid roep,+ waardig is. 13  Ja, daarom dank ons God ook onophoudelik,+ want toe julle God se woord ontvang het,+ wat julle by ons gehoor het, het julle dit nie as die woord van mense aangeneem nie+ maar, soos dit waarlik is, as die woord van God, wat ook in julle, die gelowiges, aan die werk is.+ 14  Want julle het navolgers geword, broers, van die gemeentes van God in Judeʹa wat in eenheid met Christus Jesus is, omdat julle ook dieselfde dinge onder julle eie landgenote begin ly het+ as wat hulle ook onder die Jode ly, 15  wat selfs die Here Jesus+ en die profete doodgemaak+ en ons vervolg het.+ Daarbenewens behaag hulle God nie, maar is teen die belange van alle mense, 16  aangesien hulle ons probeer verhinder+ om met mense van die nasies te praat sodat dié gered kan word,+ met die gevolg dat hulle altyd die maat van hulle sondes vol maak.+ Maar sy gramskap het eindelik oor hulle gekom.+ 17  Wat ons betref, broers, toe ons maar ’n kort tydjie van julle geskei was, in persoon, nie in die hart nie, het ons met groot verlange buitengewoon hard probeer om julle aangesig te sien.+ 18  Daarom wou ons na julle toe kom, ja ek, Paulus, ’n eerste sowel as ’n tweede keer, maar Satan het ons weg versper. 19  Want wat is ons hoop of vreugde of kroon+ van verheuging—ja, is dit nie inderdaad julle nie?—voor ons Here Jesus by sy teenwoordigheid?+ 20  Julle is beslis ons heerlikheid en vreugde.

Voetnote