1 Tessalonisense 3:1-13

3  Toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons dit derhalwe goedgevind om alleen in Atene+ agtergelaat te word;  en ons het Timoʹteus,+ ons broer en God se bedienaar in die goeie nuus+ oor die Christus, gestuur om julle standvastig te maak en julle te vertroos in belang van julle geloof,  sodat hierdie verdrukkinge niemand sou laat wankel nie.+ Want julle weet self dat ons juis hiertoe bestem is.+  Trouens, ook toe ons by julle was, het ons vooraf+ vir julle gesê dat ons verdrukking gaan ly,+ net soos dit dan ook gebeur het en soos julle weet.+  Daarom het ek dan ook, toe ek dit nie langer kon uithou nie, gestuur om na julle getrouheid te verneem,+ of die Versoeker+ julle nie miskien op die een of ander manier versoek het en ons arbeid tevergeefs sou gewees het nie.+  Maar Timoʹteus het so pas van julle af by ons aangekom+ en ons die goeie nuus oor julle getrouheid en liefde gebring+ en dat julle ons altyd in goeie herinnering hou en net so vurig verlang om ons te sien soos ons ook vir julle.+  Daarom, broers, is ons in al ons nood en verdrukking vertroos+ oor julle deur die getrouheid wat julle toon,+  want nou lewe ons as julle vasstaan in die Here.+  Want watter dank kan ons oor julle aan God bring as vergoeding vir al die vreugde waarmee ons ons weens julle voor ons God verbly,+ 10  terwyl ons nag en dag meer as buitengewone smeekbedes+ doen om julle aangesig te sien en om die dinge aan te vul wat aan julle geloof ontbreek?+ 11  En mag ons God en Vader self en ons Here Jesus+ ons weg voorspoedig na julle toe rig. 12  Mag die Here julle bowendien laat toeneem,+ ja, julle oorvloedig laat wees, in liefde+ teenoor mekaar en teenoor almal, net soos ons ook teenoor julle; 13  sodat hy julle harte standvastig kan maak, onberispelik+ in heiligheid voor ons God en Vader by die teenwoordigheid+ van ons Here Jesus met al sy heiliges.+

Voetnote