1 Tessalonisense 5:1-28

5  En wat die tye en die tydperke betref,+ broers, het julle nie nodig dat iets aan julle geskryf word nie.  Want julle weet self heel goed dat Jehovah se dag+ net soos ’n dief in die nag kom.+  Wanneer hulle+ ook al sê: “Vrede+ en veiligheid!” dan sal skielike vernietiging+ oombliklik oor hulle kom net soos die barenswee oor ’n swanger vrou;+ en hulle sal hoegenaamd nie ontkom nie.+  Maar julle, broers, julle is nie in die duisternis+ sodat daardie dag julle sal oorval soos vir diewe nie,+  want julle almal is kinders van die lig+ en kinders van die dag.+ Ons behoort nie tot die nag of tot die duisternis nie.+  Laat ons dan nie voortslaap+ soos die res nie,+ maar laat ons wakker+ en nugter van verstand bly.+  Want dié wat slaap,+ is gewoond om in die nag te slaap,+ en dié wat dronk word, is gewoonlik in die nag dronk.  Maar wat ons betref wat tot die dag behoort, laat ons nugter van verstand bly en die borsplaat+ van geloof+ en liefde aanhê en as ’n helm+ die hoop op redding;+  want God het ons nie tot gramskap bestem nie,+ maar tot die verwerwing van redding+ deur middel van ons Here Jesus Christus.+ 10  Hy het vir ons gesterf,+ sodat ons, hetsy ons wakker bly of slaap, saam met hom sou lewe.+ 11  Hou dus aan om mekaar te vertroos en mekaar op te bou,+ net soos julle ook reeds doen.+ 12  En ons versoek julle, broers, om respek te hê vir dié wat hard onder julle werk en onder julle die leiding neem+ in die Here en julle ernstig vermaan; 13  en om weens hulle werk meer as buitengewone agting aan hulle te betoon in liefde.+ Wees vreedsaam teenoor mekaar.+ 14  Daarenteen maan ons julle, broers: Vermaan die wanordelikes+ ernstig, praat vertroostend met die terneergedrukte siele,+ ondersteun die swakkes, wees lankmoedig+ teenoor almal. 15  Sorg dat niemand ’n ander kwaad vir kwaad vergeld nie,+ maar streef altyd na wat goed is teenoor mekaar en teenoor alle ander mense.+ 16  Wees altyd bly.+ 17  Bid onophoudelik.+ 18  Betuig dank in verband met alles.+ Want dit is die wil van God in eenheid met Christus Jesus ten opsigte van julle. 19  Moenie die vuur van die gees blus nie.+ 20  Moenie profetiese uitsprake met veragting bejeën nie.+ 21  Maak seker van alles;+ hou vas aan wat goed is.+ 22  Onthou julle van elke vorm van goddeloosheid.+ 23  Mag die God van vrede+ julle volkome heilig.+ En mag julle gees en siel en liggaam, broers, in elke opsig sonder gebrek, op ’n onberispelike wyse bewaar word by die teenwoordigheid van ons Here Jesus Christus.+ 24  Hy wat julle roep, is getrou, en hy sal dit ook doen. 25  Broers, hou aan om vir ons te bid.+ 26  Groet al die broers met ’n heilige kus.+ 27  Ek lê julle by die Here die plegtige verpligting op dat hierdie brief vir al die broers gelees word.+ 28  Mag die onverdiende goedhartigheid+ van ons Here Jesus Christus met julle wees.

Voetnote