1 Timoteus 1:1-20

1  Paulus, ’n apostel+ van Christus Jesus ooreenkomstig die bevel van God,+ ons Redder,+ en van Christus Jesus, ons hoop,+  aan Timoʹteus,+ ’n ware kind+ in die geloof: Mag daar onverdiende goedhartigheid, barmhartigheid, vrede wees van God die Vader en Christus Jesus, ons Here.+  Net soos ek jou aangemoedig het om in Eʹfese te bly toe ek op die punt gestaan het om na Masedoʹnië te gaan,+ doen ek dit ook nou, sodat jy sekere persone kan beveel+ om nie ’n ander leer te verkondig nie+  en om ook nie aandag te skenk aan valse stories+ en aan geslagsregisters, wat op niks uitloop nie,+ maar wat eerder vrae vir navorsing lewer as enigiets in verband met geloof wat deur God uitgedeel word.  Die doel van hierdie opdrag is in werklikheid liefde+ uit ’n rein hart+ en uit ’n goeie gewete+ en uit geloof sonder huigelary.+  Deur van hierdie dinge af te wyk, het sommige hulle tot ydel praatjies+ gewend;+  hulle wil leermeesters+ van die wet wees,+ maar begryp nie die dinge wat hulle sê of die dinge waaroor hulle sterk bewerings maak nie.  Ons weet dan nou dat die Wet goed is,+ mits ’n mens dit wettiglik gebruik+  in die wete van hierdie feit, dat die wet nie vir ’n regverdige uitgevaardig word nie, maar vir wetteloses+ en weerbarstiges,+ goddeloses en sondaars, dié wat liefderyke goedhartigheid kortkom+ en onheiliges, vadermoordenaars en moedermoordenaars, moordenaars, 10  hoereerders,+ mans wat by mans lê, ontvoerders, leuenaars, meinediges,+ en enigiets anders wat in stryd is+ met die gesonde leer+ 11  volgens die glorieryke goeie nuus van die gelukkige+ God wat aan my toevertrou is.+ 12  Ek is dankbaar teenoor Christus Jesus, ons Here, wat my krag gegee het, omdat hy my getrou geag het+ deur ’n bediening aan my toe te wys,+ 13  hoewel ek vroeër ’n lasteraar en ’n vervolger+ en ’n vermetele+ man was. Nietemin is barmhartigheid aan my bewys,+ omdat ek onkundig was+ en in ’n gebrek aan geloof opgetree het. 14  Maar die onverdiende goedhartigheid van ons Here was uitermate oorvloedig+ tesame met geloof en liefde wat in verband met Christus Jesus is.+ 15  Betroubaar en werd om ten volle aangeneem te word, is die woord+ dat Christus Jesus in die wêreld ingekom het om sondaars te red.+ Van hulle is ek die vernaamste.+ 16  Nietemin was die rede waarom barmhartigheid aan my bewys is,+ dat Christus Jesus deur middel van my, as die vernaamste geval, al sy lankmoedigheid kon toon as ’n voorbeeld vir dié wat hulle geloof op hom sal grond+ tot die ewige lewe.+ 17  En aan die Koning van die ewigheid,+ onverderflik,+ onsigbaar,+ die enigste God,+ die eer en heerlikheid vir ewig en altyd.+ Amen. 18  Hierdie opdrag+ vertrou ek aan jou toe, kind, Timoʹteus, ooreenkomstig die voorspellings+ wat regstreeks na jou gewys het, sodat jy daardeur kan voortgaan om die goeie stryd te voer;+ 19  terwyl jy geloof en ’n goeie gewete behou,+ wat party opsy gestoot het+ en sodoende skipbreuk gely het wat hulle geloof betref.+ 20  Himeneʹus+ en Aleksander+ behoort tot hulle, en ek het hulle aan Satan oorgegee+ sodat hulle deur dissipline geleer kan word om nie te laster nie.+

Voetnote