1 Timoteus 2:1-15

2  Ek vermaan dan allereers dat smekinge, gebede,+ voorbedes, danksegginge gedoen moet word aangaande alle soorte mense,+  aangaande konings+ en almal wat ’n hoë posisie beklee,+ sodat ons kan voortgaan om ’n kalm en stil lewe met volkome godvrugtige toegewydheid en erns te lei.+  Dit is goed en aangenaam+ in die oë van ons Redder, God,+  wie se wil dit is dat alle soorte mense+ gered moet word+ en tot juiste kennis+ van die waarheid moet kom.+  Want daar is een God,+ en een middelaar+ tussen God+ en die mense,+ ’n mens, Christus Jesus,+  wat homself as ’n ooreenstemmende losprys vir almal gegee het+—hiervan moet getuig word op die besondere tye daarvoor.  Met die oog op hierdie getuienis+ is ek as ’n prediker en ’n apostel aangestel+—ek vertel die waarheid,+ ek lieg nie—’n onderrigter van nasies+ met betrekking tot geloof+ en waarheid.  Daarom wil ek hê dat die manne op elke plek moet aanhou bid en lojale hande moet ophef,+ sonder gramskap+ en debatte.+  So ook wil ek hê dat die vroue hulle met goed versorgde kleredrag moet versier, met beskeidenheid+ en gesonde verstand, nie met haarvlegtery en goud of pêrels of baie duur klere nie,+ 10  maar soos dit vroue betaam wat bely dat hulle God vereer,+ naamlik deur goeie werke.+ 11  Laat ’n vrou in stilte leer met volle onderdanigheid.+ 12  Ek laat ’n vrou nie toe om te onderrig+ of om gesag oor ’n man uit te oefen nie,+ maar sy moet stil wees. 13  Want Adam is eerste gevorm, daarna Eva.+ 14  Ook is Adam nie bedrieg nie,+ maar die vrou is geheel en al bedrieg+ en het in oortreding gekom.+ 15  Sy sal egter veilig behoue bly deur kinders te baar,+ mits hulle in geloof en liefde en heiliging tesame met gesonde verstand bly.+

Voetnote