1 Timoteus 3:1-16

3  Dié verklaring is betroubaar.+ As ’n man na ’n opsienersamp+ streef, begeer hy ’n voortreflike werk.  Die opsiener moet dan onberispelik+ wees, die man van een vrou, matig+ in gewoontes, gesond van verstand,+ ordelik,+ gasvry,+ bekwaam om te onderrig,+  nie ’n dronk bakleier+ nie, nie ’n slaner+ nie, maar redelik,+ nie strydlustig+ nie, nie ’n liefhebber van geld+ nie,  ’n man wat aan sy eie huisgesin goeie leiding gee,+ wat kinders met alle erns in onderworpenheid het+  (as ’n man immers nie weet hoe om aan sy eie huisgesin leiding te gee nie, hoe sal hy vir God se gemeente sorg?);  nie ’n pasbekeerde+ nie, sodat hy nie opgeblase van trots+ sal word en in die oordeel sal val wat oor die Duiwel gevel is nie.+  Verder moet hy ook ’n goeie getuienis hê van die mense wat buite is,+ sodat hy nie in smaad en ’n strik+ van die Duiwel val nie.  Net so moet bedieningsknegte+ ernstig wees, nie uit twee monde praat nie, hulle nie aan baie wyn oorgee nie, nie gierig wees na oneerlike gewin+ nie  en moet hulle die heilige geheim+ van die geloof met ’n skoon gewete bewaar.+ 10  Laat hulle ook eers op die proef gestel word+ wat hulle geskiktheid betref; laat hulle daarna as bedienaars dien, aangesien hulle vry van beskuldiging is.+ 11  Net so moet vroue ernstig wees, nie laster nie,+ matig+ in gewoontes, getrou in alles.+ 12  Bedieningsknegte moet mans van een vrou wees,+ wat aan kinders en hulle eie huisgesinne goeie leiding gee.+ 13  Want die manne wat goed dien, verwerf vir hulleself ’n goeie reputasie+ en groot vrymoedigheid van spraak+ in die geloof in verband met Christus Jesus. 14  Ek skryf hierdie dinge aan jou, hoewel ek hoop om binnekort na jou toe te kom,+ 15  maar ingeval ek opgehou word, sodat jy kan weet hoe jy jou in God se huisgesin+ behoort te gedra, wat die gemeente van die lewende God is, ’n pilaar en stut+ van die waarheid. 16  Ja, die heilige geheim+ van hierdie godvrugtige toegewydheid is inderdaad groot: ‘Hy is openbaar gemaak in die vlees,+ is regverdig verklaar in die gees,+ het aan engele verskyn,+ is onder nasies verkondig,+ is in die wêreld geglo,+ is in heerlikheid opgeneem.’+

Voetnote