1 Timoteus 4:1-16

4  Die geïnspireerde uiting sê egter uitdruklik dat party in latere tye+ van die geloof afvallig sal word+ en aandag sal skenk aan misleidende geïnspireerde uitinge+ en leringe van demone,+  deur die huigelary van mense wat leuens spreek,+ wat in hulle gewete gemerk+ is soos met ’n brandyster,  wat mense verbied om te trou+ en hulle beveel om hulle te onthou van voedsel+ wat God geskep het+ om met danksegging gebruik te word deur dié wat geloof het+ en die waarheid noukeurig ken.  Die rede hiervoor is dat elke skepping van God goed is,+ en niks moet verwerp word+ as dit met danksegging ontvang word nie,+  want dit word geheilig deur God se woord en gebed daaroor.  Deur hierdie raad aan die broers te gee, sal jy ’n goeie bedienaar van Christus Jesus wees, een wat gevoed word met die woorde van die geloof en van die goeie leer+ wat jy nougeset gevolg het.+  Maar verwerp die valse stories+ wat skend wat heilig is en wat ouvroupraatjies is. Oefen jou daarenteen met godvrugtige toegewydheid as jou doel.+  Want liggaamlike oefening het min voordeel; maar godvrugtige toegewydheid+ is voordelig vir alles,+ aangesien dit belofte inhou vir die teenswoordige en die toekomstige lewe.+  Dié verklaring is betroubaar en werd om ten volle aangeneem te word.+ 10  Want hiervoor werk ons hard en span ons ons in,+ omdat ons ons hoop+ gevestig het op ’n lewende God, wat ’n Redder+ is van alle soorte mense,+ veral van getroues.+ 11  Hou aan om hierdie bevele+ te gee en te leer.+ 12  Laat geen mens ooit op jou jeug neersien nie.+ Inteendeel, wees ’n voorbeeld+ vir die getroues+ in woord, in gedrag, in liefde, in geloof, in kuisheid.+ 13  Totdat ek kom, moet jy voortgaan om jou toe te lê op openbare+ voorlesing,+ op vermaning, op onderrigting. 14  Moenie die gawe in jou verwaarloos+ wat aan jou gegee is deur ’n voorspelling+ en toe die liggaam van ouer manne jou die hande opgelê het+ nie. 15  Peins oor hierdie dinge;+ wees verdiep daarin, sodat jou vooruitgang+ vir almal duidelik kan wees. 16  Let voortdurend op jouself+ en op jou onderrigting.+ Bly by hierdie dinge, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister.+

Voetnote