1 Timoteus 5:1-25

5  Moenie ’n ouer man skerp kritiseer nie.+ Inteendeel, vermaan hom soos ’n vader, jonger manne soos broers,  ouer vroue+ soos moeders, jonger vroue soos susters+ met alle kuisheid.  Eer weduwees wat werklik weduwees is.+  Maar as ’n weduwee kinders of kleinkinders het, moet dié eers leer om godvrugtige toegewydheid in hulle eie huisgesin te beoefen+ en om ’n verskuldigde vergoeding aan hulle ouers+ en grootouers te bly betaal, want dit is aangenaam in God se oë.+  Die vrou wat dan nou werklik ’n weduwee is en behoeftig agtergelaat is,+ het haar hoop op God gestel+ en hou nag en dag vol met smekinge en gebede.+  Maar die een wat haar aan sinlike bevrediging oorgee,+ is dood+ hoewel sy lewe.  Hou dan aan om hierdie bevele te gee,+ sodat hulle onberispelik kan wees.+  Ja, as iemand vir sy eie mense,+ en veral vir dié wat lede van sy huisgesin is,+ nie sorg nie, het hy die geloof+ verloën+ en is hy erger as ’n ongelowige.  Laat ’n weduwee op die lys geplaas word wat nie minder nie as sestig jaar oud is, die vrou van een man,+ 10  van wie getuienis afgelê word omtrent goeie werke,+ as sy kinders grootgemaak het,+ as sy vreemdelinge gasvry ontvang het,+ as sy die voete van heiliges gewas het,+ as sy die verdruktes gehelp het,+ as sy elke goeie werk ywerig nagestreef het.+ 11  Wys daarenteen jonger weduwees af, want wanneer hulle geslagsdrange tussen hulle en die Christus gekom het,+ wil hulle trou 12  en kom hulle onder ’n oordeel omdat hulle hulle eerste betuiging van geloof verontagsaam het.+ 13  Terselfdertyd leer hulle ook om ledig te wees en by die huise rond te slenter; ja, nie net ledig nie, maar ook skindertonge en persone wat hulle met ander se sake bemoei+ en oor dinge praat waaroor hulle nie behoort te praat nie. 14  Daarom wil ek hê dat die jonger weduwees moet trou,+ kinders baar,+ ’n huishouding behartig en die teenstander geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.+ 15  Party is in werklikheid reeds afgekeer om Satan te volg. 16  As ’n gelowige vrou weduwees het, moet sy hulle help,+ en laat die las nie op die gemeente val nie. Dan kan dit dié help wat werklik weduwees is.+ 17  Laat die ouer manne wat die leiding goed neem,+ dubbele eer waardig geag word,+ veral dié wat hard werk in woord en onderrigting.+ 18  Want die Skrifgedeelte sê: “Jy mag ’n bul nie muilband wanneer hy die graan uitdors nie”;+ ook: “Die werker is sy loon werd.”+ 19  Moenie ’n beskuldiging teen ’n ouer man aanvaar nie, behalwe op grond van die verklaring van twee of drie getuies.+ 20  Wys persone wat sonde beoefen,+ voor alle aanwesiges tereg,+ sodat ook die res vrees kan hê.+ 21  Ek gelas jou plegtig voor God en Christus Jesus+ en die uitverkore engele om hierdie dinge sonder vooroordeel na te kom en niks uit partydigheid te doen nie.+ 22  Moet nooit iemand haastig die hande oplê nie;+ moet ook nie deel hê aan die sondes van ander nie;+ bewaar jouself kuis.+ 23  Moenie langer water drink nie, maar gebruik ’n bietjie wyn+ ter wille van jou maag en jou herhaalde gevalle van siekte. 24  Die sondes van party mense is algemeen bekend+ en lei regstreeks tot ’n oordeel, maar wat ander mense betref, hulle sondes word ook later bekend.+ 25  Net so is ook die goeie werke algemeen bekend,+ en dié wat anders is, kan nie verborge gehou word nie.+

Voetnote