1 Timoteus 6:1-21

6  Laat almal wat slawe onder ’n juk is, aanhou om hulle eienaars alle eer waardig te ag,+ sodat daar nooit van die naam van God en die leer kwaadgespreek sal word nie.+  En laat dié wat gelowige eienaars het,+ nie op hulle neersien+ omdat hulle broers is nie.+ Inteendeel, laat hulle des te geredeliker slawe wees, omdat dié wat uit hulle goeie diens voordeel trek, gelowiges en geliefdes is. Hou aan om hierdie dinge te leer+ en hierdie vermanings te gee.  As iemand ’n ander leer verkondig+ en nie instem met gesonde+ woorde, dié van ons Here Jesus Christus, of met die leer wat met godvrugtige toegewydheid strook nie,+  is hy opgeblase van trots+ en verstaan hy niks,+ maar is hy verstandelik+ siek ten opsigte van twisvrae en debatte oor woorde.+ Uit hierdie dinge spruit afguns,+ twis, smadende+ taal, bose agterdog,  heftige woordewisselings oor nietighede deur mense wat verdorwe van verstand+ en van die waarheid beroof is+ en dink dat godvrugtige toegewydheid ’n middel tot gewin is.+  Dit is ongetwyfeld ’n middel tot groot gewin,+ hierdie godvrugtige toegewydheid+ tesame met vergenoegdheid.+  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie, en ook kan ons niks uitdra nie.+  As ons dan voedsel, klere en onderdak het, sal ons met hierdie dinge tevrede wees.+  Dié wat egter vasbeslote is om ryk te wees, val in versoeking+ en ’n strik en talle sinnelose en skadelike begeertes,+ wat mense in vernietiging en verderf stort.+ 10  Want die liefde+ vir geld is ’n wortel+ van allerhande skadelike dinge,+ en deur hierdie liefde na te streef, is party van die geloof af op ’n dwaalspoor gebring en het hulle hulleself oral met baie pyne deurboor.+ 11  Maar jy, o mens van God, vlug vir hierdie dinge.+ Streef daarenteen na regverdigheid, godvrugtige toegewydheid, geloof, liefde, volharding, sagmoedigheid.+ 12  Stry die goeie stryd van die geloof,+ kry ’n stewige houvas op die ewige lewe waartoe jy geroep is en waaroor jy die goeie openbare bekendmaking+ voor baie getuies afgelê het. 13  Voor die aangesig van God, wat alles in die lewe hou, en van Christus Jesus, wat as ’n getuie+ die goeie openbare bekendmaking+ voor Pontius Pilatus gedoen het,+ gee ek jou bevel+ 14  dat jy die gebod op ’n vlekkelose en onberispelike wyse moet bewaar tot die openbaarwording+ van ons Here Jesus Christus. 15  Hierdie openbaarwording sal die gelukkige en enigste Maghebber+ op die vasgestelde tye+ daarvoor toon, hy, die Koning+ van dié wat as konings heers en Here+ van dié wat as here heers, 16  wat alleen onsterflikheid het,+ wat in ontoeganklike lig woon,+ wat nie een van die mense gesien het of kan sien nie.+ Aan hom die ewige eer+ en mag. Amen. 17  Beveel dié wat ryk is in die teenswoordige stelsel van dinge,+ om nie hooghartig te wees nie+ en om hulle hoop nie op onsekere rykdom te vestig nie,+ maar op God, wat aan ons alles ryklik vir ons genot verskaf;+ 18  om goed te doen,+ om ryk te wees in goeie werke,+ om vrygewig te wees, mededeelsaam,+ 19  en vir hulleself ’n goeie fondament+ vir die toekoms veilig as ’n skat te bewaar,+ sodat hulle ’n stewige houvas op die werklike lewe kan kry.+ 20  O Timoʹteus, bewaar die pand wat aan jou toevertrou is+ en keer jou af van die leë praatjies wat skend wat heilig is en van die teenstrydighede van die sogenaamde “kennis”.+ 21  Deur ’n vertoon van sulke kennis te maak, het party van die geloof afgewyk.+ Mag die onverdiende goedhartigheid met julle wees.

Voetnote