2 Korintiërs 1:1-24

1  Paulus, ’n apostel+ van Christus Jesus deur God se wil, en ons broer Timoʹteus,+ aan die gemeente van God wat in Korinte is, saam met al die heiliges+ wat in die hele Agaʹje+ is:  Mag julle onverdiende goedhartigheid en vrede hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.+  Mag die God en Vader+ van ons Here Jesus Christus, die Vader van tere barmhartighede+ en die God van alle vertroosting,+ geloof word,  wat ons in al ons verdrukking vertroos,+ sodat ons dié wat in enige soort verdrukking is, kan vertroos+ deur die vertroosting waarmee ons self deur God vertroos word.+  Want net soos die lyding vir die Christus in ons oorvloedig is,+ so is die vertroosting wat ons ontvang ook oorvloedig deur middel van die Christus.+  Hetsy ons dan in verdrukking verkeer, dit is tot julle vertroosting en redding;+ of hetsy ons vertroos word, dit is tot julle vertroosting, wat werksaam is om julle in staat te stel om dieselfde lyding te verduur as wat ons ook ondergaan.+  En daarom is ons hoop vir julle onwankelbaar, omdat ons weet dat julle, net soos julle deelgenote in die lyding is, op dieselfde wyse ook in die vertroosting deel sal hê.+  Want ons wil nie hê, broers, dat julle onkundig moet wees omtrent die verdrukking wat in die landstreek Asië+ oor ons gekom het nie, dat ons onder uiterste druk bo ons krag was, sodat ons selfs ons lewe glad nie seker was nie.+  Trouens, ons het by onsself gevoel dat ons die doodsvonnis ontvang het. Dit was sodat ons ons vertroue+ nie in onsself sou stel nie, maar in die God wat die dooies opwek.+ 10  Uit iets so groot soos die dood het hy ons gered en sal hy ons red;+ en ons hoop is op hom, dat hy ons ook verder sal red.+ 11  Ook julle kan meehelp deur julle smeking vir ons,+ sodat baie ten behoewe van ons dank+ kan betuig vir wat goedgunstig aan ons gegee word weens talle gesigte wat in gebed opgehef is.+ 12  Want dit waaroor ons roem, waarvan ons gewete getuig,+ is dat ons ons met heiligheid en goddelike opregtheid, nie met vleeslike wysheid+ nie maar met God se onverdiende goedhartigheid, in die wêreld gedra het, maar in die besonder teenoor julle. 13  Want ons skryf werklik niks anders aan julle nie, behalwe dié dinge wat julle goed weet of ook erken, en wat ek hoop julle tot die einde toe sal aanhou erken,+ 14  net soos julle ook, in sekere mate, erken het dat ons vir julle ’n rede is om te roem,+ net soos julle ook vir ons in die dag van ons Here Jesus sal wees.+ 15  En met hierdie vertroue was ek reeds vroeër van plan om na julle toe te kom,+ sodat julle ’n tweede+ geleentheid vir vreugde sou hê, 16  en om, nadat ek by julle oorgebly het, na Masedoʹnië+ te gaan en om van Masedoʹnië af na julle toe terug te kom+ en deur julle ’n ent na Judeʹa begelei te word.+ 17  Wel, toe ek so ’n plan gehad het, het ek tog nie aan enige ligsinnigheid toegegee nie,+ of hoe? Of die dinge wat ek my voorneem, neem ek my dit na die vlees+ voor, sodat dit by my “Ja, Ja” en “Nee, Nee” sou wees?+ 18  Maar op God kan vertrou word dat ons woord wat tot julle gerig word, nie Ja en tog Nee is nie. 19  Want die Seun van God,+ Christus Jesus, wat deur middel van ons onder julle verkondig is, dit wil sê deur middel van my en Silvaʹnus en Timoʹteus,+ het nie Ja en tog Nee geword nie, maar Ja het in sy geval Ja geword.+ 20  Want ongeag hoeveel beloftes+ van God daar is, hulle het deur middel van hom Ja geword.+ Daarom word die “Amen”+ ook deur middel van hom gesê, tot heerlikheid van God deur middel van ons. 21  Maar hy wat waarborg dat ons en julle aan Christus behoort en wat ons gesalf het,+ is God. 22  Hy het ook sy seël+ op ons gedruk en ons die pand+ van wat gaan kom, dit wil sê die gees,+ in ons harte gegee. 23  Ek roep God dan nou tot getuie+ teen my eie siel dat dit is om julle te spaar+ dat ek nog nie na Korinte gekom het nie. 24  Nie dat ons die meesters+ oor julle geloof is nie, maar ons is medewerkers+ vir julle vreugde, want deur julle geloof+ staan julle.+

Voetnote