2 Korintiërs 10:1-18
10 En ek, Paulus, wat onder julle wel gering in voorkoms is,+ maar wat, wanneer afwesig, vrymoedig teenoor julle is,+ versoek julle dringend op grond van die sagmoedigheid+ en goedhartigheid+ van die Christus.
2 Ek smeek inderdaad dat ek, wanneer teenwoordig, nie vrymoedigheid aan die dag sal hoef te lê met dié vertroue waarmee ek reken om streng maatreëls+ teen sommige te neem wat ons beskou asof ons gewandel het volgens wat ons in die vlees is nie.
3 Want hoewel ons in die vlees wandel,+ voer ons nie die stryd volgens wat ons in die vlees is nie.+
4 Want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie,+ maar kragtig deur God+ om sterk verskanste dinge omver te werp.
5 Want ons werp redenasies omver, en elke hoë ding wat teen die kennis van God opgerig word;+ en ons bring elke gedagte in gevangenskap om dit aan die Christus gehoorsaam te maak;
6 en ons hou ons gereed om straf vir elke ongehoorsaamheid toe te dien,+ sodra julle eie gehoorsaamheid volkome uitgevoer is.+
7 Julle kyk na dinge volgens hulle uiterlike waarde.+ As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dan weer hierdie feit by homself in aanmerking neem, dat ons ook, net soos hy, aan Christus behoort.+
8 Want selfs al sou ek ’n bietjie te veel roem+ oor die gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie om julle af te breek nie,+ sou ek nie beskaamd gemaak word nie,
9 sodat dit nie sal lyk asof ek julle deur my briewe wil bang maak nie.
10 Want, sê hulle: “Sy briewe is gewigtig en kragtig, maar sy persoonlike teenwoordigheid is swak+ en sy spraak veragtelik.”+
11 Laat so iemand dít in aanmerking neem, dat wat ons in ons woord deur briewe is wanneer ons afwesig is, ons ook in daad sal wees wanneer ons teenwoordig is.+
12 Want ons durf ons nie reken onder of vergelyk met party wat hulleself aanbeveel nie.+ Deurdat hulle hulle aan hulleself meet en hulle met hulleself vergelyk, het hulle beslis geen begrip nie.+
13 Wat ons betref, ons sal nie buite ons toegewese grense roem nie,+ maar ooreenkomstig die grens van die gebied wat God aan ons toegemeet het en selfs tot by julle laat reik het.+
14 Ons strek ons werklik nie te ver uit asof ons nie tot by julle gereik het nie, want ons was die eerstes wat met die bekendmaking van die goeie nuus oor die Christus selfs tot by julle gekom het.+
15 Nee, ons roem nie buite ons toegewese grense in die arbeid van iemand anders nie,+ maar ons koester die hoop dat ons, namate julle geloof toeneem,+ met betrekking tot ons gebied onder julle groot gemaak sal word.+ Dan sal ons nog oorvloediger wees,
16 om die goeie nuus aan die lande anderkant julle bekend te maak,+ om nie in iemand anders se gebied te roem waar dinge reeds voorberei is nie.
17 “Maar hy wat roem, laat hom in Jehovah roem.”+
18 Want nie hy wat homself aanbeveel, is goedgekeur nie,+ maar hy wat deur Jehovah+ aanbeveel word.+