2 Korintiërs 11:1-33
11 Ek wens dat julle ’n bietjie onredelikheid+ van my wil verdra. Maar in werklikheid verdra julle my!
2 Want ek is jaloers oor julle met ’n goddelike jaloesie,+ want ek het julle persoonlik aan een man+ in die huwelik beloof+ om julle as ’n kuis+ maagd voor die Christus te stel.+
3 Maar ek is bang dat, soos die slang Eva deur sy listigheid verlei het,+ julle verstande op die een of ander wyse verderf sal word,+ weg van die opregtheid en die kuisheid wat die Christus toekom.+
4 Want sake staan so: as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as die een wat ons verkondig het,+ of julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het,+ of ander goeie nuus+ as wat julle aangeneem het, dan verdra julle hom maklik.+
5 Want ek meen dat ek nie in enigiets ondergeskik is aan julle uitnemende+ apostels nie.+
6 Maar selfs al is ek onbedrewe in spraak,+ is ek beslis nie in kennis nie;+ maar in elke opsig het ons dit in alles aan julle geopenbaar.+
7 Of het ek ’n sonde begaan deur my te verneder+ sodat julle verhef kon word, omdat ek die goeie nuus van God met genoeë kosteloos+ aan julle bekend gemaak het?
8 Ander gemeentes het ek beroof deur dinge vir my onderhoud te aanvaar om julle te dien;+
9 en tog het ek, toe ek by julle teenwoordig was en gebrek begin ly het, nie vir één ’n las geword nie,+ want die broers wat van Masedoʹnië gekom het,+ het my tekort oorvloedig aangevul. Ja, in elke opsig het ek my daarvan weerhou om julle tot las te wees en sal ek dit bly doen.+
10 Dit is ’n waarheid+ van Christus in my geval, dat hierdie geroem+ van my oor die streke van Agaʹje nie stopgesit sal word nie.
11 Om watter rede? Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet ek het.+
12 En wat ek doen, sal ek aanhou doen,+ dat ek die voorwendsel kan afsny van dié wat ’n voorwendsel wil hê om aan ons gelyk bevind te word in die amp waaroor hulle roem.
13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike werkers,+ wat hulleself in apostels van Christus verander.+
14 En geen wonder nie, want Satan self hou aan om hom in ’n engel van lig te verander.+
15 Dit is dus niks besonders as sy bedienaars+ ook aanhou om hulle in bedienaars van regverdigheid te verander nie. Maar hulle einde sal volgens hulle werke wees.+
16 Ek sê weer: Laat niemand dink dat ek onredelik is nie. Maar as julle dit werklik dink, aanvaar my dan selfs as onredelik, sodat ek ook ’n bietjie kan roem.+
17 Wat ek sê, sê ek nie na die Here se voorbeeld nie, maar asof in onredelikheid, in hierdie selfversekerdheid wat eie aan ’n geroem is.+
18 Aangesien baie na die vlees roem,+ sal ek ook roem.
19 Want julle verdra die onredelikes met genoeë, aangesien julle redelik is.
20 Trouens, julle verdra elkeen wat julle in slawerny bring,+ elkeen wat verslind wat julle het, elkeen wat gryp wat julle het, elkeen wat hom bo julle verhef, elkeen wat julle in die gesig slaan.+
21 Ek sê dit tot ons oneer, asof ons posisie swak was.
Maar as enigiemand anders vrymoedig in iets optree—ek is onredelik in wat ek sê+—tree ek ook vrymoedig daarin op.
22 Is hulle Hebreërs? Ek ook.+ Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle Abraham se saad? Ek ook.+
23 Is hulle bedienaars van Christus? Ek antwoord soos ’n kranksinnige: Ek is dit op uitsonderliker wyse:+ in arbeid oorvloediger,+ in gevangenisse oorvloediger,+ in slae bo die maat, dikwels naby die dood.+
24 Vyf keer het ek van die Jode op een na veertig houe+ ontvang,
25 drie keer is ek met stokke geslaan,+ een keer is ek gestenig,+ drie keer het ek skipbreuk gely,+ ’n nag en ’n dag het ek in die see deurgebring;
26 dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van struikrowers,+ in gevare van my eie ras,+ in gevare van die nasies,+ in gevare in die stad,+ in gevare in die wildernis, in gevare op see, in gevare onder valse broers,
27 in arbeid en geswoeg, dikwels in slapelose nagte,+ in honger en dors,+ baiekeer in onthouding van voedsel,+ in koue en naaktheid.
28 Buiten dié dinge van ’n eksterne aard, is daar nog die besorgdheid oor al die gemeentes wat my van dag tot dag bestorm.+
29 Wie is swak+ en ek is nie swak nie? Wie word tot struikeling gebring en ek is nie ontstoke nie?
30 As daar geroem moet word, sal ek roem+ oor die dinge wat met my swakheid verband hou.
31 Die God en Vader van die Here Jesus, ja, die Een wat tot in ewigheid geloof moet word, weet dat ek nie lieg nie.
32 In Damaskus het die goewerneur wat onder koning Areʹtas was, die stad van die Damaskeners bewaak om my gevange te neem,+
33 maar ek is in ’n gevlegte mandjie+ deur ’n venster in die muur laat sak en het aan sy hande ontkom.