2 Korintiërs 13:1-14

13  Dit is die derde keer+ dat ek na julle toe kom. “Uit die mond van twee of drie getuies moet elke saak bevestig word.”+  Ek het vantevore gesê en ek sê, asof die tweede keer teenwoordig en nou tog afwesig, vooruit vir dié wat voorheen gesondig het en vir al die ander, dat as ek ooit weer kom, ek nie sal spaar nie,+  aangesien julle ’n bewys soek dat Christus in my spreek,+ Christus wat nie swak teenoor julle is nie, maar kragtig onder julle is.  Ja, hy is weliswaar aan die paal gehang+ as gevolg van swakheid,+ maar hy lewe as gevolg van God se krag.+ Ook is ons weliswaar saam met hom swak, maar ons sal saam met hom lewe+ as gevolg van God se krag+ teenoor julle.  Toets voortdurend of julle in die geloof is, stel julleself voortdurend op die proef.+ Of erken julle nie dat Jesus Christus in eenheid met julle is nie?+ Tensy julle afgekeur is.  Ek hoop waarlik dat julle te wete sal kom dat ons nie afgekeur is nie.  Ons bid+ God dan nou dat julle niks verkeerds sal doen nie, nie sodat dit sal lyk asof ons goedgekeur is nie, maar sodat julle kan doen wat goed is, al lyk dit dalk asof ons afgekeur is.  Want ons kan niks teen die waarheid doen nie, maar net vir die waarheid.+  Ons is beslis bly wanneer ons swak maar julle sterk is;+ en hierom bid ons:+ dat julle reggehelp word. 10  Dit is waarom ek hierdie dinge skryf terwyl ek afwesig is, sodat ek nie, wanneer ek teenwoordig is, met strengheid sal optree+ ooreenkomstig die gesag wat die Here my gegee het om op te bou+ en nie om af te breek nie. 11  Laastens, broers, hou aan om julle te verheug, om julle te laat reghelp, om julle te laat vertroos,+ om eenders te dink,+ om vreedsaam te lewe;+ en die God van liefde en van vrede+ sal met julle wees. 12  Groet mekaar met ’n heilige kus.+ 13  Al die heiliges stuur vir julle groete. 14  Mag die onverdiende goedhartigheid van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die deelgenootskap in die heilige gees met julle almal wees.+

Voetnote