2 Korintiërs 2:1-17
2 Want dít het ek by myself besluit, om nie weer in droefheid+ na julle toe te kom nie.
2 Want as ek julle bedroef maak,+ wie is daar dan om my op te beur, behalwe die een wat deur my bedroef gemaak word?
3 En daarom het ek juis dit geskryf, sodat ek, wanneer ek kom, nie bedroef sal word+ weens diegene oor wie ek my behoort te verbly nie;+ want ek het vertroue+ in julle almal dat die vreugde wat ek het, dié van julle almal is.
4 Want uit groot verdrukking en hartsbeklemming het ek met baie trane+ aan julle geskryf, nie sodat julle bedroef gemaak sou word nie,+ maar sodat julle sou weet van die liefde wat ek in die besonder vir julle het.
5 As iemand dan nou droefheid veroorsaak het,+ het hy nie vir my bedroef gemaak nie, maar—om my nie te kras uit te druk nie—in sekere mate vir julle almal.
6 Hierdie bestrawwing+ wat deur die meerderheid gegee is, is voldoende vir so iemand,
7 sodat julle hom nou daarenteen goedgunstig moet vergewe+ en vertroos, sodat so iemand nie dalk op die een of ander wyse deur sy oormatige droefheid verswelg word nie.+
8 Daarom vermaan ek julle om julle liefde vir hom te bevestig.+
9 Want ook met dié doel skryf ek om die bewys van julle te verkry, of julle in alles gehoorsaam is.+
10 Enigiets wat julle iemand goedgunstig vergewe, vergewe ek ook.+ Trouens, wat my betref, wat ek ook al goedgunstig vergewe het, as ek enigiets goedgunstig vergewe het, was om julle onthalwe voor Christus se aangesig;
11 sodat Satan nie die oorhand oor ons sal kry nie,+ want ons is nie onkundig omtrent sy planne nie.+
12 En toe ek in Troas+ aangekom het om die goeie nuus oor die Christus bekend te maak en daar vir my ’n deur oopgemaak is in die Here,+
13 het ek geen verligting in my gees gekry nie, omdat ek my broer Titus+ nie gevind het nie, maar ek het van hulle afskeid geneem en na Masedoʹnië vertrek.+
14 Maar aan God die dank, wat ons altyd in gemeenskap+ met die Christus in ’n triomftog meevoer+ en die geur van die kennis van hom deur middel van ons op elke plek waarneembaar maak!+
15 Want vir God is ons ’n soet geur+ van Christus onder dié wat gered word en onder dié wat vergaan;+
16 vir laasgenoemdes ’n geur wat uit die dood uitgaan tot die dood,+ vir eersgenoemdes ’n geur wat uit die lewe uitgaan tot die lewe. En wie is voldoende bekwaam vir hierdie dinge?+
17 Ons is; want ons is nie smouse van die woord van God+ soos baie mense nie,+ maar uit opregtheid, ja, as van God gestuur, ten aanskoue van God, in gemeenskap met Christus, spreek ons.+