2 Korintiërs 3:1-18

3  Begin ons weer om onsself aan te beveel?+ Of het ons miskien, soos party mense, aanbevelingsbriewe+ aan julle of van julle nodig?  Julle self is ons brief,+ geskryf op ons harte en deur die hele mensdom geken en gelees.+  Want dit is duidelik dat julle ’n brief van Christus is wat deur ons as bedienaars geskryf is,+ geskryf nie met ink nie, maar met gees+ van ’n lewende God, nie op kliptafels nie,+ maar op vleeslike tafels, op harte.+  Deur die Christus het ons dan nou so ’n vertroue+ teenoor God.  Nie dat ons vanself voldoende bekwaam is om enigiets te beskou asof dit uit onsself kom nie,+ maar die feit dat ons voldoende bekwaam is, kom van God,+  wat ons inderdaad voldoende bekwaam gemaak het om bedienaars van ’n nuwe verbond+ te wees, nie van ’n geskrewe kode nie,+ maar van gees;+ want die geskrewe kode veroordeel+ ter dood, maar die gees maak lewend.+  Wat meer is, as die kode wat die dood toedien+ en wat met letters in klippe gegraveer is,+ in heerlikheid tot stand gekom het,+ sodat die kinders van Israel nie stip na die gesig van Moses kon kyk nie weens die heerlikheid van sy gesig,+ ’n heerlikheid wat weggedoen sou word,  waarom sal die toediening van die gees+ dan nie veel meer met heerlikheid wees nie?+  Want as die kode wat veroordeling toegedien het,+ heerlikheid gehad het,+ veel meer is die toediening van regverdigheid+ oorvloedig in heerlikheid.+ 10  Trouens, selfs wat eens verheerlik is, is in dié opsig van heerlikheid ontdoen+ weens die heerlikheid waardeur dit oortref word.+ 11  Want as wat weggedoen sou word, met heerlikheid ingevoer is,+ sal wat bly, veel meer met heerlikheid wees.+ 12  Aangesien ons dan so ’n hoop het,+ gebruik ons groot vrymoedigheid van spraak 13  en maak ons nie soos toe Moses ’n sluier+ oor sy gesig gesit het sodat die kinders van Israel nie stip kon kyk na die einde+ van wat weggedoen sou word nie. 14  Maar hulle verstandelike vermoëns is afgestomp.+ Want tot vandag toe bly dieselfde sluier onopgelig by die lees van die ou verbond,+ omdat dit deur middel van Christus weggedoen word.+ 15  Trouens, tot vandag toe lê daar ’n sluier oor hulle hart+ elke keer wanneer Moses gelees word.+ 16  Maar wanneer mense hulle tot Jehovah wend, word die sluier weggeneem.+ 17  En Jehovah is die Gees;+ en waar die gees+ van Jehovah is,+ daar is vryheid.+ 18  En terwyl ons met ongesluierde gesigte die heerlikheid van Jehovah soos spieëls weerkaats,+ word ons almal+ van heerlikheid tot heerlikheid+ in dieselfde beeld+ verander,+ net soos dit deur Jehovah, die Gees, gedoen word.+

Voetnote