2 Korintiërs 4:1-18

4  Daarom, aangesien ons hierdie bediening+ het ooreenkomstig die barmhartigheid wat aan ons bewys is,+ gee ons nie moed op nie;  maar ons het afstand gedoen van die agterbakse dinge waaroor ’n mens jou moet skaam+ en wandel nie met listigheid nie en vervals ook nie die woord van God nie,+ maar deur die waarheid openbaar te maak, beveel ons ons by elke menslike gewete voor die aangesig van God aan.+  As die goeie nuus wat ons bekend maak, dan nou in werklikheid versluier is, is dit versluier onder dié wat vergaan,+  onder wie die god van hierdie stelsel van dinge+ die verstande van die ongelowiges+ verblind het, sodat die verligting+ van die glorieryke goeie nuus+ oor die Christus, wat die beeld+ van God is, nie sou deurskyn nie.+  Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here,+ en onsself as julle slawe+ ter wille van Jesus.  Want dit is God wat gesê het: “Laat die lig uit die duisternis skyn”,+ en hy het op ons harte geskyn om hulle met die glorieryke kennis+ van God deur die aangesig van Christus+ te verlig.+  Ons het egter hierdie skat+ in erdehouers,+ sodat die krag+ wat bo die normale is, God s’n kan wees+ en nie dié uit onsself nie.+  Ons word in elke opsig geknel,+ maar nie só vasgekeer dat ons nie kan beweeg nie; ons is raadop, maar nie heeltemal sonder uitweg nie;+  ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie;+ ons word neergewerp,+ maar nie vernietig nie.+ 10  Altyd verduur ons oral in ons liggaam die dodelike behandeling wat Jesus ontvang het,+ sodat die lewe van Jesus ook in ons liggaam openbaar gemaak kan word.+ 11  Want ons wat lewe, word ter wille van Jesus gedurig van aangesig tot aangesig met die dood gebring,+ sodat die lewe van Jesus ook in ons sterflike vlees openbaar gemaak kan word.+ 12  Gevolglik is die dood in ons aan die werk, maar die lewe in julle.+ 13  Omdat ons dan nou dieselfde gees van geloof het as waarvan daar geskrywe staan: “Ek het geloof beoefen, daarom het ek gespreek”,+ beoefen ons ook geloof, en daarom spreek ons, 14  in die wete dat hy wat Jesus opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek en ons saam met julle voor hom sal stel.+ 15  Want alles is om julle onthalwe,+ sodat die onverdiende goedhartigheid wat vermeerder is, oorvloedig sal wees weens die danksegging van nog baie tot die heerlikheid van God.+ 16  Daarom gee ons nie moed op nie, maar selfs al teer die mens wat ons uiterlik is weg, word die mens wat ons innerlik is,+ beslis van dag tot dag vernuwe. 17  Want al is die verdrukking kortstondig+ en lig, bewerk dit vir ons ’n heerlikheid wat van al hoe meer oortreffende gewig en ewig is;+ 18  terwyl ons ons oë gerig hou, nie op die dinge wat gesien word nie, maar op die dinge wat nie gesien word nie.+ Want die dinge wat gesien word, is tydelik,+ maar die dinge wat nie gesien word nie, is ewig.+

Voetnote