2 Korintiërs 5:1-21

5  Want ons weet dat as ons aardse huis,+ hierdie tent,+ afgebreek sou word,+ ons ’n gebou sal hê wat van God kom, ’n huis wat nie met hande gemaak is nie,+ ewig,+ in die hemele.  Want in hierdie woonhuis kreun+ ons inderdaad en begeer ons vurig om ons met die een te beklee wat vir ons uit die hemel bestem is,+  sodat ons, nadat ons ons werklik daarmee beklee het, nie naak bevind sal word nie.+  Trouens, ons wat in hierdie tent is, kreun, omdat ons beswaar is; want ons wil dit nie aflê nie, maar wil ons met die ander een beklee,+ sodat die sterflike deur die lewe verswelg kan word.+  En hy wat ons juis hiervoor voortgebring het, is God,+ wat ons die pand+ gegee het van wat sal kom, dit wil sê die gees.+  Daarom hou ons altyd goeie moed en weet ons dat ons, terwyl ons in die liggaam woon, van die Here afwesig is,+  want ons wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie.+  Maar ons hou goeie moed en wil liewer van die liggaam afwesig raak en by die Here gaan woon.+  Daarom stel ons ons dit ook ten doel om, hetsy ons by hom woon of van hom afwesig is,+ vir hom aanneemlik te wees.+ 10  Want ons moet almal voor die regterstoel van die Christus openbaar gemaak word,+ sodat elkeen kan kry wat hom toekom vir die dinge wat hy deur die liggaam gedoen het, ooreenkomstig die dinge wat hy beoefen het, hetsy dit goed of veragtelik is.+ 11  Omdat ons dan die vrees+ van die Here ken, hou ons aan om mense te oorreed,+ maar ons is voor God openbaar gemaak. Ek hoop egter dat ons ook voor julle gewete openbaar gemaak is.+ 12  Ons beveel ons nie weer by julle aan nie,+ maar gee julle aanleiding om met betrekking tot ons te roem,+ sodat julle ’n antwoord kan hê vir dié wat roem oor die uiterlike+ maar nie oor die hart nie.+ 13  Want as ons van ons verstand af was,+ was dit vir God; as ons gesond van verstand is,+ is dit vir julle. 14  Want die liefde wat die Christus het, dring ons, omdat ons só geoordeel het, dat een mens vir almal gesterf het;+ almal het dus gesterf; 15  en hy het vir almal gesterf, sodat dié wat lewe, nie langer vir hulleself moet lewe nie,+ maar vir hom+ wat vir hulle gesterf het en opgewek is.+ 16  Gevolglik ken ons van nou af geen mens na die vlees nie.+ Selfs al het ons Christus na die vlees geken,+ ken ons hom nou beslis nie meer so nie.+ 17  As iemand gevolglik in eenheid met Christus is, is hy ’n nuwe skepping;+ die ou dinge het verbygegaan,+ kyk! nuwe dinge het ontstaan.+ 18  Maar alles kom van God, wat ons deur Christus met homself versoen het+ en ons die bediening+ van die versoening gegee het, 19  naamlik dat God deur middel van Christus+ ’n wêreld+ met homself+ versoen het en hulle hulle oortredings nie toegereken het nie,+ en hy het die woord+ van die versoening aan ons toevertrou.+ 20  Ons+ is dus ambassadeurs+ wat as plaasvervangers vir Christus optree,+ asof God ’n dringende versoek deur ons doen.+ As plaasvervangers vir Christus smeek ons:+ “Raak met God versoen.” 21  Die een wat sonde nie geken het nie,+ het hy sonde vir ons gemaak,+ sodat ons deur middel van hom God se regverdigheid+ kon word.

Voetnote