2 Korintiërs 6:1-18

6  As sy medewerkers+ versoek ons julle ook dringend om nie die onverdiende goedhartigheid van God aan te neem en die doel daarvan te mis nie.+  Want hy sê: “In ’n aanneemlike tyd het ek jou verhoor, en in ’n dag van redding het ek jou gehelp.”+ Kyk! Nou is die besonder aanneemlike tyd.+ Kyk! Nou is die dag van redding.+  In geen opsig gee ons enige rede tot struikeling nie,+ sodat daar nie met ons bediening foutgevind sal word nie;+  maar in elke opsig beveel ons ons as God se bedienaars aan:+ deur baie te verduur, deur verdrukkinge, deur gevalle van nood, deur moeilikhede,+  deur slae, deur gevangenisse,+ deur oproere, deur arbeid, deur slapelose nagte, deur tye sonder voedsel,+  deur reinheid, deur kennis, deur lankmoedigheid,+ deur goedhartigheid,+ deur heilige gees, deur liefde sonder huigelary,+  deur waaragtige woorde, deur God se krag;+ deur middel van die wapens+ van regverdigheid aan die regter- en aan die linkerhand,  deur middel van heerlikheid en oneer, deur middel van slegte berig en goeie berig; as bedrieërs+ en tog waaragtig,  as onbekendes wat tog herken word,+ as sterwend en tog, kyk! ons lewe,+ as gedissiplineer+ en tog nie aan die dood oorgelewer nie,+ 10  as treurendes en tog altyd bly, as armes wat talle egter ryk maak, as mense wat niks het nie en tog alles besit.+ 11  Ons mond is teenoor julle geopen, Korintiërs, ons hart+ het verruim geword. 12  Julle het nie te min ruimte in ons nie,+ maar julle het te min ruimte in julle eie tere geneenthede.+ 13  By wyse van vergoeding dan—ek praat soos met kinders+—moet julle ook verruim word. 14  Moenie saam met ongelowiges onder ’n ongelyke juk kom nie.+ Want watter gemeenskap het regverdigheid en wetteloosheid?+ Of watter deelgenootskap het lig met duisternis?+ 15  En watter ooreenstemming is daar tussen Christus en Beʹlial?+ Of watter aandeel+ het ’n getroue met ’n ongelowige? 16  En watter ooreenkoms het God se tempel met afgode?+ Want ons is ’n tempel+ van ’n lewende God; net soos God gesê het: “Ek sal onder hulle woon+ en onder hulle wandel, en ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.”+ 17  “‘Gaan dus onder hulle uit en sonder julle af’, sê Jehovah, ‘en hou op om wat onrein is, aan te raak’”;+ “‘en ek sal julle inneem’”.+ 18  “‘En ek sal vir julle ’n vader wees,+ en julle sal vir my seuns en dogters wees’,+ sê Jehovah die Almagtige.”+

Voetnote