2 Korintiërs 7:1-16

7  Aangesien ons dan hierdie beloftes het,+ geliefdes, laat ons ons van elke verontreiniging van die vlees en die gees+ reinig+ en heiligheid in die vrees van God tot volmaaktheid bring.+  GUN ons plek.+ Ons het niemand veronreg nie, ons het niemand verderf nie, ons het van niemand misbruik gemaak nie.+  Ek sê dit nie om julle te veroordeel nie. Want ek het al tevore gesê dat julle in ons harte is om saam met ons te sterf en te lewe.+  Ek het groot vrymoedigheid van spraak teenoor julle. Ek roem grootliks met betrekking tot julle.+ Ek is vervul met troos,+ ek loop oor van vreugde in al ons verdrukking.+  Ja, toe ons in Masedoʹnië+ aangekom het, het ons vlees geen verligting gekry nie,+ maar ons is voortdurend op alle maniere geteister+—buite was daar stryde, binne was daar vrese.  Nietemin het God, wat die terneergedruktes vertroos,+ ons deur die teenwoordigheid van Titus vertroos;  en nie alleen deur sy teenwoordigheid nie, maar ook deur die vertroosting waarmee hy oor julle vertroos is, aangesien hy ons weer berig gebring het+ van julle verlange, julle verdriet, julle ywer vir my, sodat ek my nog meer verbly het.  Selfs al het ek julle dan deur my brief bedroef gemaak,+ is ek nie spyt daaroor nie. Al was ek ook aanvanklik spyt daaroor (ek sien dat daardie brief julle bedroef gemaak het, hoewel net ’n klein rukkie),  is ek nou bly, nie omdat julle net bedroef gemaak is nie, maar omdat julle droefheid julle tot berou gebring het;+ want julle is op ’n goddelike wyse bedroef gemaak,+ sodat julle nie weens ons in enige opsig skade sou ly nie. 10  Want om op ’n goddelike wyse bedroef te wees, bewerk berou wat tot redding lei, waaroor ’n mens nie sal spyt wees nie;+ maar die droefheid van die wêreld bring die dood voort.+ 11  Want kyk! wat ’n groot erns het juis die feit dat julle op ’n goddelike wyse bedroef gemaak is,+ in julle voortgebring, ja, suiwering van julleself, ja, verontwaardiging, ja, vrees, ja, verlange, ja, ywer, ja, regstelling van die oortreding!+ In elke opsig het julle getoon dat julle in hierdie saak kuis is. 12  Hoewel ek aan julle geskryf het, het ek dit beslis nie gedoen ter wille van die een wat die onreg gedoen het nie,+ en ook nie ter wille van die een wat veronreg is nie, maar sodat julle ernstige ywer vir ons onder julle openbaar gemaak sou word voor die aangesig van God. 13  Daarom is ons vertroos. Benewens ons vertroosting het ons ons egter nog oorvloediger verbly weens die vreugde van Titus, omdat sy gees+ deur julle almal verkwik is. 14  Want as ek enigsins teenoor hom oor julle geroem het, is ek nie beskaamd gemaak nie; maar soos ons alles in waarheid tot julle gespreek het, so het dit ook geblyk dat ons geroem+ voor Titus die waarheid was. 15  Ook is sy tere geneenthede oorvloediger teenoor julle, terwyl hy dink aan die gehoorsaamheid+ van julle almal, hoe julle hom met vrees en bewing ontvang het. 16  Ek verbly my dat ek weens julle in elke opsig goeie moed kan hê.+

Voetnote