2 Korintiërs 8:1-24

8  Ons laat julle dan nou weet, broers, van die onverdiende goedhartigheid van God wat aan die gemeentes van Masedoʹnië+ geskenk is,  dat hulle oorvloedige vreugde en hulle diep armoede gedurende ’n groot beproewing onder verdrukking die rykdom van hulle vrygewigheid oorvloedig laat word het.+  Want dit was na hulle ware vermoë,+ ja, ek getuig, bo hulle ware vermoë,  terwyl hulle ons uit hulle eie met groot aandrang bly smeek het om die voorreg om goedgunstig te gee en om ’n aandeel te hê in die bediening wat vir die heiliges bestem is.+  En nie net soos ons gehoop het nie, maar hulle het hulleself eers aan die Here gegee,+ en aan ons deur God se wil.  Dit het ons beweeg om Titus aan te moedig+ om, net soos hy die een was wat onder julle daarmee begin het, so ook hierdie daad van julle om goedgunstig te gee, te voltooi.  Mag julle nietemin, net soos julle in alles oorvloedig is,+ in geloof en woord en kennis+ en alle erns en in hierdie liefde van ons teenoor julle, ook in hierdie daad om goedgunstig te gee, oorvloedig wees.  Ek sê dit nie vir julle as ’n bevel nie,+ maar met die oog op die erns van ander en om die egtheid van julle liefde op die proef te stel.  Want julle ken die onverdiende goedhartigheid van ons Here Jesus Christus, dat hy, hoewel hy ryk was, om julle onthalwe arm geword het,+ sodat julle deur sy armoede ryk kon word.+ 10  En hierin spreek ek ’n mening uit:+ want hierdie saak is vir julle voordelig,+ aangesien julle reeds ’n jaar gelede begin het om nie net te doen nie, maar ook om te wil doen;+ 11  voltooi dan nou ook die daad, sodat daar, net soos daar ’n bereidheid was om te wil doen, so ook ’n voltooiing daarvan sal wees uit wat julle het. 12  Want as die bereidheid eerste daar is, is dit veral aanneemlik volgens wat ’n mens het,+ nie volgens wat ’n mens nie het nie. 13  Want ek bedoel nie dat dit vir ander maklik moet wees,+ maar vir julle moeilik nie; 14  maar dat julle oorvloed nou deur middel van ’n gelykmaking hulle tekort kan aanvul, sodat hulle oorvloed ook julle tekort kan aanvul, sodat ’n gelykmaking kan plaasvind.+ 15  Net soos daar geskrywe staan: “Die een met baie het nie te veel gehad nie, en die een met min het nie te min gehad nie.”+ 16  En ons dank God dat hy dieselfde ernstige ywer vir julle in die hart van Titus gesit het,+ 17  want hy het inderdaad op die aanmoediging gereageer, maar omdat hy vol ernstige ywer is, gaan hy uit sy eie na julle toe. 18  Maar saam met hom stuur ons die broer wie se lof in verband met die goeie nuus deur al die gemeentes versprei het. 19  Nie net dit nie, maar hy is ook deur die gemeentes aangestel+ om ons reisgenoot te wees in verband met hierdie liefdegawe waarvoor ons sorg moet dra tot heerlikheid+ van die Here en as bewys van ons bereidwilligheid.+ 20  So voorkom ons dat enigiemand met ons kan foutvind+ in verband met hierdie milddadige bydrae+ waarvoor ons sorg moet dra. 21  Want ons “maak eerlike voorsiening, nie net voor die aangesig van Jehovah nie, maar ook voor die aangesig van mense”.+ 22  Daarbenewens stuur ons saam met hulle ons broer wat ons dikwels in baie dinge ernstig bevind het, maar nou baie ernstiger weens sy groot vertroue in julle. 23  As daar egter enige twyfel oor Titus bestaan, hy is my metgesel en ’n medewerker+ in julle belang; of oor ons broers, hulle is apostels van gemeentes en ’n heerlikheid van Christus. 24  Toon dus aan hulle, ten aanskoue van die gemeentes, die bewys van julle liefde+ en van dit waaroor ons aangaande julle geroem het.+

Voetnote