2 Johannes 1:1-13

 Die ouer man+ aan die uitverkore dame+ en aan haar kinders, wat ek waarlik liefhet,+ en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het,+  weens die waarheid wat in ons bly,+ en dit sal vir ewig by ons wees.+  Onverdiende goedhartigheid,+ barmhartigheid en vrede wat kom van God die Vader+ en van Jesus Christus, die Seun van die Vader, sal met ons wees, met waarheid en liefde.+  Ek is baie bly omdat ek sommige van jou kinders+ gevind het wat in die waarheid wandel,+ net soos ons ’n gebod van die Vader ontvang het.+  Daarom versoek ek jou nou, dame, as iemand wat nie ’n nuwe gebod+ aan jou skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het,+ dat ons mekaar moet liefhê.+  En dít is wat die liefde beteken,+ dat ons voortgaan om volgens sy gebooie te wandel.+ Dít is die gebod, net soos julle van die begin af gehoor het, dat julle moet voortgaan om daarin te wandel.+  Want baie bedrieërs het in die wêreld uitgegaan,+ mense wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie.+ Dit is die bedrieër+ en die antichris.+  Gee ag op julleself, dat julle nie die dinge verloor wat deur ons werk tot stand gebring is nie, maar dat julle ’n volle beloning kan verkry.+  Elkeen wat vooruitdring+ en nie in die leer van die Christus bly nie,+ het God nie.+ Hy wat in hierdie leer bly, is die een wat sowel die Vader as die Seun het.+ 10  As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer bring nie, moet julle hom nooit in julle huise ontvang+ of hom groet nie.+ 11  Want wie hom groet, het deel aan sy goddelose werke.+ 12  Hoewel ek baie het om aan julle te skryf, wil ek dit nie met papier en ink doen nie,+ maar ek hoop om na julle toe te kom en van aangesig tot aangesig met julle te praat,+ dat julle vreugde+ volkome kan wees.+ 13  Die kinders van jou suster, die uitverkorene, stuur vir jou groete.+

Voetnote