2 Konings 1:1-18

1  En ná die dood van Agab het Moab+ teen Israel in opstand begin kom.+  Toe het Ahaʹsia deur die traliewerk in sy dakvertrek,+ wat in Samariʹa was, geval+ en siek geword. Daarop het hy boodskappers gestuur en vir hulle gesê: “Gaan raadpleeg+ Baäl-Sebub,+ die god van Ekron,+ of ek van hierdie siekte sal herstel.”+  Wat die engel+ van Jehovah betref, hy het vir Eliʹa, die Tisbiet,+ gesê: “Staan op, gaan die boodskappers van die koning van Samariʹa tegemoet en sê vir hulle: ‘Is dit omdat daar hoegenaamd geen God+ in Israel is nie dat julle Baäl-Sebub, die god van Ekron, gaan raadpleeg?  Daarom dan, só het Jehovah gesê: “Van die slaapbank waarop jy geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterf.”’”+ Daarop het Eliʹa weggegaan.  Toe die boodskappers by hom terugkom, het hy onmiddellik vir hulle gesê: “Waarom het julle teruggekom?”  En hulle het vir hom gesê: “’n Man het ons tegemoetgekom, en hy het vir ons gesê: ‘Gaan, keer terug na die koning wat julle gestuur het, en julle moet vir hom sê: “Só het Jehovah gesê:+ ‘Is dit omdat daar hoegenaamd geen God in Israel is nie dat jy stuur om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die slaapbank waarop jy geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterf.’”’”+  Hierop het hy vir hulle gesê: “Wat was die voorkoms van die man wat julle tegemoetgekom het en toe hierdie woorde met julle gespreek het?”  En hulle het vir hom gesê: “’n Man met ’n harige kleed,+ met ’n leergordel om sy lendene gegord.”+ Onmiddellik het hy gesê: “Dit was Eliʹa, die Tisbiet.”  En hy het ’n hoof oor vyftig met sy vyftig na hom toe gestuur.+ Toe hy na hom toe opklim, het hy daar op die top van die berg gesit. Hy het toe vir hom gesê: “Man van die ware God,+ die koning het gesê: ‘Kom af.’” 10  Maar Eliʹa het geantwoord en vir die hoof oor die vyftig gesê: “As ek dan ’n man van God is, laat daar vuur+ uit die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer.” En daar het vuur uit die hemel neergedaal en hom en sy vyftig verteer.+ 11  Toe het hy weer ’n ander hoof oor vyftig met sy vyftig na hom toe gestuur.+ En hy het hom geantwoord en vir hom gesê: “Man van die ware God, só het die koning gesê: ‘Kom gou af.’”+ 12  Maar Eliʹa het geantwoord en vir hulle gesê: “As ek ’n man van die ware God is, laat daar vuur uit die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer.” En daar het vuur van God uit die hemel neergedaal en hom en sy vyftig verteer. 13  En hy het weer ’n derde hoof oor vyftig en sy vyftig gestuur.+ Maar die derde hoof oor vyftig het opgeklim en gekom en voor Eliʹa neergekniel+ en hom om guns begin smeek+ en vir hom gesê: “Man van die ware God, laat my siel+ en die siel van hierdie vyftig knegte van u asseblief kosbaar+ wees in u oë. 14  Kyk, vuur het uit die hemel neergedaal en die twee vorige hoofde oor vyftig en hulle vyftigtalle verteer,+ maar laat my siel nou kosbaar wees in u oë.” 15  Daarop het die engel van Jehovah vir Eliʹa gesê: “Gaan saam met hom af. Moenie vir hom bang wees nie.”+ En hy het opgestaan en saam met hom na die koning toe afgegaan. 16  Toe het hy vir hom gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Omdat jy boodskappers gestuur het+ om Baäl-Sebub, die god van Ekron,+ te raadpleeg—is dit omdat daar hoegenaamd geen God in Israel is wie se woord jy kan raadpleeg nie? Daarom sal jy van die slaapbank waarop jy geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterf.’” 17  En hy het uiteindelik gesterf,+ ooreenkomstig die woord+ van Jehovah wat Eliʹa gespreek het; en Joram+ het in sy plek begin regeer, in die tweede jaar van Joram,+ die seun van Joʹsafat, die koning van Juda, want hy het nie ’n seun gehad nie. 18  Wat die res van die dinge betref wat Ahaʹsia+ gedoen het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel nie?

Voetnote