2 Konings 10:1-36

10  En Agab het sewentig+ seuns gehad in Samariʹa.+ Daarom het Jehu briewe geskryf en dit na Samariʹa gestuur aan die vorste+ van Jisʹreël, die ouer manne+ en Agab se oppassers en gesê:  “Wanneer hierdie brief dan nou by julle kom, is die seuns van julle heer by julle, en die strydwaens en die perde+ en ’n versterkte stad en die wapens is by julle.  En julle moet kyk wie die beste en mees regskape van die seuns van julle heer is en hom op die troon van sy vader sit.+ Veg dan vir die huis van julle heer.”  En hulle het baie bang geword en begin sê: “Kyk! Twee konings+ het nie voor hom standgehou nie, en hoe sal ons dan standhou?”+  Gevolglik het die een wat oor die huis was en die een wat oor die stad was en die ouer manne en die oppassers+ na Jehu gestuur en gesê: “Ons is u knegte, en alles wat u vir ons sê, sal ons doen. Ons sal niemand koning maak nie. Doen wat goed is in u oë.”  Daarop het hy ’n tweede brief aan hulle geskryf en gesê: “As julle aan my behoort+ en julle my stem gehoorsaam, moet julle die koppe neem van die manne wat seuns+ van julle heer is en môre hierdie tyd na my toe kom in Jisʹreël.”+ En die seuns van die koning, sewentig man, was by die vooraanstaandes van die stad wat hulle grootgemaak het.  En net toe die brief by hulle kom, het hulle die seuns van die koning geneem en hulle doodgemaak, sewentig man,+ waarna hulle hulle koppe in mandjies gesit en dit na hom in Jisʹreël gestuur het.  Toe het die boodskapper+ ingekom en hom vertel en gesê: “Hulle het die koppe+ van die seuns van die koning gebring.” En hy het gesê: “SIT dit in twee hope by die ingang van die poort tot die oggend toe.”+  En in die oggend het hy uitgegaan. Toe het hy gaan staan en vir die hele volk gesê: “Julle is regverdig.+ Kyk, ek het ’n sameswering teen my heer gesmee,+ en ek het hom doodgemaak;+ maar wie het al hierdie manne doodgemaak? 10  Weet dan dat daar van Jehovah se woord wat Jehovah teen die huis van Agab gespreek het,+ niks onvervuld op die aarde sal val nie;+ en Jehovah het gedoen wat hy deur middel van sy kneg Eliʹa gespreek het.”+ 11  Ook het Jehu almal doodgemaak wat van die huis van Agab in Jisʹreël oorgebly het en al sy vooraanstaandes+ en sy kennisse en sy priesters,+ totdat hy van hom geen oorlewende laat oorbly het nie.+ 12  En hy het opgestaan en ingekom, en toe het hy na Samariʹa vertrek. Die bindhuis van die herders was op die pad. 13  En Jehu het die broers+ van Ahaʹsia,+ die koning van Juda, teëgekom. Toe hy vir hulle sê: “Wie is julle?” het hulle gesê: “Ons is die broers van Ahaʹsia, en ons gaan af om te vra of alles in orde is met die seuns van die koning en die seuns van die dame.” 14  Onmiddellik het hy gesê: “GRYP hulle lewend!”+ Toe het hulle hulle lewend gegryp en by die reënput van die bindhuis doodgemaak, twee-en-veertig man, en hy het nie één van hulle laat oorbly nie.+ 15  Terwyl hy daarvandaan verder gegaan het, het hy Joʹnadab,+ die seun van Regab,+ teëgekom wat hom tegemoetkom. Toe hy hom seën,+ het hy vir hom gesê: “Is jou hart opreg met my, net soos my hart met jou hart is?”+ Hierop het Joʹnadab gesê: “Ja.” “As dit is, gee my dan jou hand.” Toe het hy hom sy hand gegee. Daarop het hy hom by hom op die strydwa laat klim.+ 16  Toe het hy gesê: “Gaan tog saam met my en kyk hoe ek geen mededinging teen Jehovah duld nie.”+ En hulle het hom by hom op sy strydwa laat ry. 17  Uiteindelik het hy by Samariʹa gekom. En hy het almal doodgemaak wat van Agab in Samariʹa oorgebly het, totdat hy hulle verdelg het,+ volgens Jehovah se woord wat hy tot Eliʹa gespreek het.+ 18  Verder het Jehu die hele volk bymekaargebring en vir hulle gesê: “Agab het Baäl min aanbid.+ Jehu daarenteen sal hom baie aanbid. 19  Roep dan nou al die profete+ van Baäl, al sy aanbidders+ en al sy priesters+ na my toe. Moenie één laat ontbreek nie, want ek het ’n groot offerande vir Baäl. Elkeen wat ontbreek, sal nie bly lewe nie.” Wat Jehu betref, hy het met lis opgetree,+ om die aanbidders van Baäl te vernietig. 20  En Jehu het gesê: “Heilig ’n plegtige vergadering vir Baäl.” Toe het hulle dit uitgeroep. 21  Daarna het Jehu deur die hele Israel+ gestuur, sodat al die aanbidders van Baäl gekom het. En nie één het oorgebly wat nie gekom het nie. En hulle het in die huis van Baäl+ bly ingaan, en die huis van Baäl was vol, van die een end tot die ander. 22  Hy het toe vir die een wat oor die klerekamer was, gesê: “Bring klere uit vir al die aanbidders van Baäl.” Daarop het hy die klere vir hulle uitgebring. 23  Toe het Jehu saam met Joʹnadab,+ die seun van Regab, in die huis van Baäl ingegaan. Hy het toe vir die aanbidders van Baäl gesê: “Ondersoek sorgvuldig en kyk dat daar nie miskien van die aanbidders van Jehovah hier by julle is nie, maar net die aanbidders van Baäl.”+ 24  Uiteindelik het hulle ingegaan om offerandes en brandoffers te bring, en Jehu het buite tagtig man tot sy beskikking opgestel en gesê: “Wat die man betref wat ontsnap van die manne wat ek in julle hande lewer, die een se siel sal in die plek van die ander se siel wees.”+ 25  En toe hy klaar die brandoffer gebring het, het Jehu onmiddellik vir die hardlopers en die adjudante gesê: “Kom in, maak hulle dood! Moenie één laat uitkom nie.”+ En die hardlopers en die adjudante+ het hulle met die skerpte van die swaard begin slaan en hulle uitgegooi, en hulle het deurgedring tot by die stad van die huis van Baäl. 26  Toe het hulle die heilige pilare+ van die huis van Baäl uitgebring en elkeen verbrand.+ 27  Verder het hulle die heilige pilaar van Baäl+ afgebreek en die huis van Baäl+ afgebreek, en hulle het dit vir gemakhuisies+ afgesonder tot vandag toe. 28  So het Jehu Baäl uit Israel verdelg. 29  Maar van die sondes van Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het,+ het Jehu nie afgewyk nie, dit wil sê die goue kalwers+ waarvan een in Bet-El en een in Dan was.+ 30  Gevolglik het Jehovah vir Jehu gesê: “Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë+ en jy aan die huis van Agab gedoen het volgens alles wat in my hart was,+ sal seuns tot in die vierde geslag vir jou op die troon van Israel sit.”+ 31  En Jehu het nie gesorg dat hy met sy hele hart in die wet van Jehovah, die God van Israel, wandel nie.+ Hy het nie afgewyk van die sondes van Jeroʹbeam waarmee hy Israel laat sondig het nie.+ 32  In dié dae het Jehovah van Israel stuk vir stuk begin afsny; en Haʹsael+ het hulle in die hele gebied van Israel bly verslaan, 33  van die Jordaan af teen die sonsopgang, die hele land Giʹlead,+ die Gadiete+ en die Rubeniete+ en die Manassiete,+ van Aʹroër af,+ wat langs die Arnonstroomvallei lê, ja, Giʹlead en Basan.+ 34  En die res van die aangeleenthede van Jehu en alles wat hy gedoen het en al sy magtige dade, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel nie? 35  Uiteindelik het Jehu met sy voorvaders ontslaap,+ en hulle het hom in Samariʹa begrawe; en sy seun Joʹahas+ het in sy plek begin regeer. 36  En die dae dat Jehu oor Israel regeer het, was agt-en-twintig jaar in Samariʹa.

Voetnote