2 Konings 12:1-21

12  In die sewende jaar van Jehu+ het Joas+ koning geword, en hy het veertig jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Sibʹja, uit Berseʹba.  En Joas het bly doen wat reg was in Jehovah se oë, al sy dae waarin die priester Joʹjada hom onderrig het.+  Net die hoogtes het nie verdwyn nie.+ Die volk het nog op die hoogtes offerandes gebring en offerrook laat opgaan.  En Joas het vir die priesters+ gesê: “Al die geld vir die heilige offers+ wat na die huis van Jehovah gebring word,+ die geld wat vir elkeen vasgestel is,+ die geld vir die siele volgens elkeen se waardebepaling,+ al die geld wat elkeen se hart hom beweeg om na die huis van Jehovah te bring,+  moet die priesters vir hulle neem, elkeen van sy kennisse;+ en húlle moet die krake van die huis herstel, waar ’n kraak ook al gevind word.”+  En teen die drie-en-twintigste jaar van koning Joas het die priesters nog nie die krake van die huis herstel nie.+  Toe het koning Joas die priester Joʹjada+ en die priesters geroep en vir hulle gesê: “Waarom herstel julle nie die krake van die huis nie? Moet dan nou nie meer enige geld van julle kennisse neem nie, maar julle moet dit vir die krake van die huis gee.”+  Daarop het die priesters ingestem om nie meer enige geld van die volk te neem en dan nie die krake van die huis te herstel nie.  Die priester Joʹjada het toe ’n kis+ geneem en ’n gat in die deksel daarvan geboor en dit langs die altaar gesit, aan die regterkant as ’n mens in die huis van Jehovah inkom, en daarin het die priesters, die deurwagters,+ al die geld+ gegooi wat in die huis van Jehovah ingebring is. 10  En wanneer hulle gesien het dat daar baie geld in die kis was, het die sekretaris+ van die koning en die hoëpriester opgekom, en hulle het dit dan saamgebind en die geld getel wat in die huis van Jehovah gevind is.+ 11  En hulle het die afgetelde geld oorgegee in die hande van dié wat die werk gedoen het,+ wat oor die huis van Jehovah aangestel was. Op hulle beurt het hulle dit uitbetaal aan die bewerkers van hout en aan die bouers wat aan die huis van Jehovah gewerk het, 12  en aan die messelaars en aan die klipkappers,+ en om balke en gekapte klippe te koop om die krake van die huis van Jehovah te herstel, en vir alles wat uitgegee is aan die huis om dit te herstel. 13  Maar vir die huis van Jehovah is daar nie silwerkomme, blussers,+ bakke,+ trompette,+ enige soort goue voorwerp en silwervoorwerp gemaak van die geld wat na die huis van Jehovah gebring is nie;+ 14  want hulle het dit aan dié gegee wat die werk gedoen het, en hulle het die huis van Jehovah daarmee herstel.+ 15  En hulle het geen rekenskap geëis+ van die manne in wie se hand hulle die geld gegee het om dit aan dié te gee wat die werk gedoen het nie,+ want hulle was getrou+ in die werk. 16  Wat die geld vir skuldoffers+ en die geld vir sondoffers betref, dit is nie na die huis van Jehovah gebring nie. En dit het die priesters s’n geword.+ 17  Toe het Haʹsael,+ die koning van Sirië, opgetrek en teen Gat+ geveg en dit ingeneem, waarna Haʹsael sy aangesig daarop gerig+ het om teen Jerusalem op te trek.+ 18  Daarop het Joas, die koning van Juda, al die heilige offers+ geneem wat sy voorvaders Joʹsafat en Joram en Ahaʹsia, die konings van Juda, geheilig het, en sy eie heilige offers en al die goud wat in die skatte van die huis van Jehovah en die huis van die koning te vinde was, en dit na Haʹsael, die koning van Sirië, gestuur.+ Toe het hy van Jerusalem af weggetrek. 19  Wat die res van die aangeleenthede van Joas betref en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Juda nie? 20  Sy knegte+ het egter opgestaan en in ’n sameswering+ verenig en Joas doodgemaak by die huis+ van die Wal,+ op die pad wat na Silla afgaan. 21  En Joʹsakar, die seun van Siʹmeat, en Joʹsabad,+ die seun van Somer, sy knegte, het hom neergeslaan, sodat hy gesterf het. Toe het hulle hom by sy voorvaders in die Stad van Dawid begrawe; en sy seun Amaʹsia+ het in sy plek begin regeer.

Voetnote