2 Konings 13:1-25

13  In die drie-en-twintigste jaar van Joas,+ die seun van Ahaʹsia,+ die koning van Juda, het Joʹahas,+ die seun van Jehu,+ koning oor Israel geword in Samariʹa, sewentien jaar lank.  En hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë+ en het agter die sonde aan geloop van Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het.+ Hy het nie daarvan afgewyk nie.  En Jehovah se toorn+ het teen Israel ontvlam, sodat hy hulle gegee het in die hand van Haʹsael,+ die koning van Sirië, en in die hand van Ben-Hadad,+ die seun van Haʹsael, al hulle dae.  Na verloop van tyd het Joʹahas die aangesig van Jehovah versag,+ sodat Jehovah na hom geluister het;+ want hy het die onderdrukking van Israel gesien,+ omdat die koning van Sirië hulle onderdruk het.+  Gevolglik het Jehovah Israel ’n redder gegee,+ sodat hulle onder die hand van Sirië uitgekom het, en die kinders van Israel het soos voorheen in hulle huise gewoon.+  (Maar hulle het nie afgewyk van die sonde van die huis van Jeroʹbeam, waarmee hy Israel laat sondig het nie.+ Hy het daarin gewandel;+ en selfs die heilige paal+ het in Samariʹa gestaan.)  Want hy het vir Joʹahas geen manskappe laat oorbly nie, behalwe vyftig ruiters en tien strydwaens en tienduisend voetsoldate,+ want die koning van Sirië het hulle doodgemaak,+ sodat hy hulle kon maak soos die stof wanneer daar gedors word.+  Wat die res van die aangeleenthede van Joʹahas betref en alles wat hy gedoen het en sy magtige dade, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel nie?  Eindelik het Joʹahas met sy voorvaders ontslaap, en hulle het hom in Samariʹa begrawe;+ en sy seun Joas+ het in sy plek begin regeer. 10  In die sewe-en-dertigste jaar van Joas, die koning van Juda, het Joas,+ die seun van Joʹahas, koning oor Israel geword in Samariʹa, sestien jaar lank. 11  En hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë.+ Hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeroʹbeam, die seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het nie.+ Hy het daarin gewandel. 12  Wat die res van die aangeleenthede van Joas betref en alles wat hy gedoen het en sy magtige dade en hoe hy teen Amaʹsia, die koning van Juda, geveg het,+ is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel nie? 13  Uiteindelik het Joas met sy voorvaders ontslaap, en Jeroʹbeam+ het op sy troon gaan sit. En Joas is in Samariʹa by die konings van Israel begrawe.+ 14  Wat Eliʹsa+ betref, hy het siek geword aan die siekte waaraan hy sou sterf.+ Daarom het Joas, die koning van Israel, na hom toe afgekom en oor sy gesig begin huil en gesê: “My vader,+ my vader, die strydwa van Israel en sy ruiters!”+ 15  En Eliʹsa het vir hom gesê: “Neem ’n boog en pyle.” En hy het vir hom ’n boog en pyle geneem. 16  En hy het vir die koning van Israel gesê: “Sit jou hand aan die boog.” Daarop het hy sy hand daaraan gesit, waarna Eliʹsa sy hande op die hande+ van die koning gelê het. 17  Toe het hy gesê: “Maak die venster na die ooste oop.” En hy het dit oopgemaak. Uiteindelik het Eliʹsa gesê: “Skiet!” En hy het geskiet. Hy het toe gesê: “Jehovah se pyl van redding, ja, die pyl van redding+ teen Sirië! En jy sal Sirië beslis heeltemal verslaan by Afek.”+ 18  En hy het gesê: “Neem die pyle.” Daarop het hy dit geneem. Toe het hy vir die koning van Israel gesê: “Slaan teen die grond.” En hy het drie keer geslaan en opgehou.+ 19  En die man van die ware God+ het verontwaardig geraak teenoor hom; hy het derhalwe gesê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het! Dan sou jy Sirië beslis heeltemal verslaan het, maar nou sal jy Sirië drie keer verslaan.”+ 20  Daarna het Eliʹsa gesterf, en hulle het hom begrawe.+ En rowerbendes+ van die Moabiete+ het met die ingang van die jaar gereeld die land ingekom. 21  En terwyl hulle ’n man begrawe het, kyk, toe het hulle die rowerbende gesien. Dadelik het hulle die man in Eliʹsa se graf gegooi en weggegaan. Toe die man aan die beendere van Eliʹsa raak, het hy onmiddellik lewend geword+ en op sy voete gaan staan.+ 22  Wat Haʹsael,+ die koning van Sirië, betref, hy het Israel al die dae van Joʹahas onderdruk.+ 23  Maar Jehovah het aan hulle guns betoon+ en was hulle barmhartig+ en het hom tot hulle gewend ter wille van sy verbond+ met Abraham,+ Isak+ en Jakob;+ en hy wou hulle nie verdelg nie,+ en hy het hulle tot nou toe nie voor sy aangesig weggewerp nie. 24  Uiteindelik het Haʹsael, die koning van Sirië, gesterf, en sy seun Ben-Hadad het in sy plek begin regeer. 25  En Joas, die seun van Joʹahas, het weer die stede uit die hand van Ben-Hadad, die seun van Haʹsael, teruggeneem wat hy in die oorlog uit die hand van sy vader Joʹahas geneem het. Drie keer het Joas hom verslaan, en hy het die stede van Israel herower.+

Voetnote