2 Konings 14:1-29

14  In die tweede jaar van Joas,+ die seun van Joʹahas, die koning van Israel, het Amaʹsia,+ die seun van Joas, die koning van Juda, koning geword.  Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het nege-en-twintig jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Joʹaddin,+ van Jerusalem.  En hy het bly doen wat reg was in Jehovah se oë,+ maar nie soos sy voorvader Dawid nie.+ Hy het gedoen volgens alles wat sy vader Joas gedoen het.+  Net die hoogtes het nie verdwyn nie.+ Die volk het nog op die hoogtes offerandes gebring en offerrook laat opgaan.+  En net toe die koninkryk in sy hand gevestig was, het hy sy knegte begin doodmaak+ wat die koning, sy vader, doodgemaak het.+  En die kinders van die moordenaars het hy nie doodgemaak nie, volgens wat in die wetboek van Moses geskrywe staan, waar Jehovah beveel en gesê het:+ “Vaders mag nie vir kinders doodgemaak word nie, en kinders mag nie vir vaders doodgemaak word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde doodgemaak word.”+  Hy het die Edomiete+ in die Soutvallei+ verslaan, tienduisend man, en het Sela in die oorlog verower, en dit word tot vandag toe Jokʹteël genoem.  Toe het Amaʹsia boodskappers na Joas, die seun van Joʹahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, gestuur en gesê: “Kom tog. Laat ons mekaar se aangesig sien.”+  Daarop het Joas, die koning van Israel, na Amaʹsia, die koning van Juda, gestuur en gesê: “Die doringrige onkruid wat op die Liʹbanon was, het na die seder+ wat op die Liʹbanon was, gestuur en gesê: ‘Gee tog jou dogter aan my seun as vrou.’ Maar ’n wilde dier van die veld wat op die Liʹbanon was, het verbygegaan en die doringrige onkruid vertrap.+ 10  U het Edom sonder twyfel verslaan,+ en u hart het u verhef.+ Geniet u eer+ en woon in u eie huis. Waarom sou u dan in ongunstige toestande+ die stryd aanknoop+ en moet val, u en Juda saam met u?” 11  En Amaʹsia het nie geluister nie.+ Toe het Joas, die koning van Israel, opgetrek, en hulle het mekaar se aangesig gesien,+ hy en Amaʹsia, die koning van Juda, by Bet-Semes,+ wat aan Juda behoort. 12  En Juda is voor Israel verslaan,+ sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tent. 13  En Joas, die koning van Israel, het Amaʹsia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Ahaʹsia, by Bet-Semes gevange geneem, waarna hulle na Jerusalem gekom en hy ’n gat in die muur van Jerusalem gebreek het van die Eʹfraimspoort+ af tot by die Hoekpoort,+ vierhonderd el. 14  En hy het al die goud en silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die huis van Jehovah+ en in die skatte van die huis van die koning te vinde was, en die gyselaars, en toe na Samariʹa teruggekeer. 15  Wat die res van die aangeleenthede van Joas betref, wat hy gedoen het en sy magtige dade en hoe hy teen Amaʹsia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel nie? 16  Uiteindelik het Joas met sy voorvaders ontslaap,+ en hy is in Samariʹa+ by die konings van Israel begrawe, en sy seun Jeroʹbeam+ het in sy plek begin regeer. 17  En Amaʹsia,+ die seun van Joas, die koning van Juda, het ná die dood van Joas,+ die seun van Joʹahas, die koning van Israel, nog vyftien jaar gelewe.+ 18  Wat die res van die aangeleenthede van Amaʹsia betref, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Juda nie?+ 19  Eindelik het hulle in Jerusalem in ’n sameswering teen hom verenig,+ en hy het na Lagis+ gevlug; maar hulle het hom laat agtervolg na Lagis en hom daar doodgemaak.+ 20  Toe het hulle hom op perde vervoer, en hy is in Jerusalem by sy voorvaders in die stad van Dawid+ begrawe.+ 21  Daarna het die hele volk van Juda Asarʹja+ geneem, wat toe sestien jaar oud was,+ en hulle het hom koning gemaak in die plek van sy vader Amaʹsia.+ 22  Hy het Elat+ gebou en het dit vir Juda teruggekry nadat die koning met sy voorvaders ontslaap het. 23  In die vyftiende jaar van Amaʹsia, die seun van Joas, die koning van Juda, het Jeroʹbeam,+ die seun van Joas, die koning van Israel, koning geword in Samariʹa, een-en-veertig jaar lank. 24  En hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë. Hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeroʹbeam, die seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het nie.+ 25  Dit was hy wat die grens van Israel van die ingang van Hamat+ af tot by die see van die Aʹraba+ herstel het, volgens die woord van Jehovah, die God van Israel, wat gespreek het deur middel van sy kneg Jona,+ die seun van Amitʹtai, die profeet wat uit Gat-Hefer+ was. 26  Want Jehovah het die uiters bittere ellende van Israel gesien.+ Daar was geen hulpelose of waardelose nie, en ook was daar geen helper vir Israel nie.+ 27  En Jehovah het beloof om die naam van Israel nie onder die hemel uit te wis nie.+ Gevolglik het hy hulle deur die hand van Jeroʹbeam, die seun van Joas, gered.+ 28  Wat die res van die aangeleenthede van Jeroʹbeam betref en alles wat hy gedoen het en sy magtige dade, hoe hy geveg het en hoe hy Damaskus+ en Hamat+ vir Juda in Israel teruggekry het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek van die konings van Israel nie? 29  Uiteindelik het Jeroʹbeam met sy voorvaders ontslaap, met die konings van Israel, en sy seun Sagariʹa+ het in sy plek begin regeer.

Voetnote