2 Konings 15:1-38

15  In die sewe-en-twintigste jaar van Jeroʹbeam, die koning van Israel, het Asarʹja,+ die seun van Amaʹsia,+ die koning van Juda, koning geword.  Hy was sestien jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het twee-en-vyftig jaar in Jerusalem regeer.+ En sy moeder se naam was Jegolʹja, van Jerusalem.  En hy het bly doen wat reg was in Jehovah se oë, volgens alles wat sy vader Amaʹsia gedoen het.+  Net die hoogtes het nie verdwyn nie.+ Die volk het nog op die hoogtes offerandes gebring en offerrook laat opgaan.+  Uiteindelik het Jehovah die koning met ’n plaag getref,+ en hy het tot die dag van sy dood ’n melaatse+ gebly, en hy het vrygestel van pligte in sy huis gewoon,+ terwyl Jotam,+ die koning se seun, oor die huis was en die volk van die land gerig het.+  Wat die res van die aangeleenthede van Asarʹja betref en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Juda nie?  Eindelik het Asarʹja met sy voorvaders ontslaap,+ en hulle het hom by sy voorvaders in die Stad van Dawid begrawe; en sy seun Jotam het in sy plek begin regeer.+  In die agt-en-dertigste jaar van Asarʹja,+ die koning van Juda, het Sagariʹa,+ die seun van Jeroʹbeam, koning oor Israel geword in Samariʹa, ses maande lank.  En hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë, net soos sy voorvaders gedoen het.+ Hy het nie afgewyk van die sondes van Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het nie.+ 10  Toe het Sallum, die seun van Jabes, ’n sameswering teen hom gesmee+ en hom by Jibʹleam+ neergeslaan+ en hom doodgemaak en in sy plek begin regeer. 11  Wat die res van die aangeleenthede van Sagariʹa betref, kyk, dit is opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel. 12  Dit was Jehovah se woord+ wat hy tot Jehu gespreek het toe hy gesê het:+ “Seuns+ tot in die vierde geslag sal vir jou op die troon van Israel sit.” En dit was so.+ 13  Wat Sallum, die seun van Jabes, betref, hy het koning geword in die nege-en-dertigste jaar van Ussiʹa,+ die koning van Juda, en hy het ’n volle maanmaand lank in Samariʹa regeer.+ 14  Toe het Menaʹhem,+ die seun van Gadi, uit Tirsa+ opgetrek en na Samariʹa gekom en Sallum,+ die seun van Jabes, in Samariʹa neergeslaan en hom doodgemaak; en hy het in sy plek begin regeer. 15  Wat die res van die aangeleenthede van Sallum betref en sy sameswering+ wat hy gesmee het, kyk, dit is opgeteken in die kroniekboek van die konings van Israel. 16  Toe het Menaʹhem Tifsag verslaan met almal wat daarin was, en die gebied daarvan, van Tirsa af, omdat dit nie oopgemaak het nie, en hy het dit verslaan. Al die swanger vroue daarvan het hy oopgesny.+ 17  In die nege-en-dertigste+ jaar van Asarʹja, die koning van Juda, het Menaʹhem, die seun van Gadi, koning oor Israel geword in Samariʹa, tien jaar lank. 18  En hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë.+ Hy het al sy dae nie afgewyk van al die sondes van Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het nie.+ 19  Pul,+ die koning van Assiʹrië,+ het die land ingekom. Gevolglik het Menaʹhem aan Pul duisend talente silwer+ gegee,+ sodat sy hande met hom sou wees om die koninkryk in sy eie hand te versterk.+ 20  Toe het Menaʹhem die silwer uitgebring op die koste van Israel, op die koste van al die dapper, sterk manne,+ om aan die koning van Assiʹrië vyftig sikkels silwer vir elke man te gee. Daarop het die koning van Assiʹrië teruggedraai, en hy het nie daar in die land gebly nie. 21  Wat die res van die aangeleenthede van Menaʹhem+ betref en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel nie? 22  Uiteindelik het Menaʹhem met sy voorvaders ontslaap, en sy seun Pekaʹhia+ het in sy plek begin regeer. 23  In die vyftigste jaar van Asarʹja, die koning van Juda, het Pekaʹhia, die seun van Menaʹhem, koning oor Israel geword in Samariʹa, twee+ jaar lank. 24  En hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë.+ Hy het nie afgewyk van die sondes van Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het nie.+ 25  Toe het Peka,+ die seun van Remaʹlia, sy adjudant,+ ’n sameswering teen hom gesmee+ en hom in Samariʹa in die woontoring van die koning se huis+ saam met Argob en Arje neergeslaan, en vyftig man uit die kinders van Giʹlead was saam met hom. En hy het hom doodgemaak en in sy plek begin regeer. 26  Wat die res van die aangeleenthede van Pekaʹhia betref en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel. 27  In die twee-en-vyftigste jaar van Asarʹja, die koning van Juda, het Peka,+ die seun van Remaʹlia,+ koning oor Israel geword in Samariʹa, twintig jaar lank. 28  En hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë.+ Hy het nie afgewyk van die sondes van Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het nie.+ 29  In die dae van Peka, die koning van Israel, het Tigʹlat-Pileʹser,+ die koning van Assiʹrië,+ ingekom en Ijon+ en Aʹbel-Bet-Maʹäga+ en Janoʹag en Kedes+ en Hasor+ en Giʹlead+ en Galileʹa,+ die hele land van Nafʹtali,+ ingeneem en hulle in ballingskap weggevoer na Assiʹrië.+ 30  Uiteindelik het Hoseʹa,+ die seun van Ela, ’n sameswering gesmee+ teen Peka, die seun van Remaʹlia, en hom neergeslaan+ en hom doodgemaak; en hy het in sy plek begin regeer in die twintigste jaar van Jotam,+ die seun van Ussiʹa. 31  Wat die res van die aangeleenthede van Peka betref en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel. 32  In die tweede jaar van Peka, die seun van Remaʹlia, die koning van Israel, het Jotam,+ die seun van Ussiʹa,+ die koning van Juda, koning geword. 33  Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het sestien jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Jeruʹsa, die dogter van Sadok.+ 34  En hy het bly doen wat reg was in Jehovah se oë.+ Hy het gedoen volgens alles wat sy vader Ussiʹa gedoen het.+ 35  Net die hoogtes het nie verdwyn nie. Die volk het nog op die hoogtes offerandes gebring en offerrook laat opgaan.+ Dit was hy wat die boonste poort van die huis van Jehovah gebou het.+ 36  Wat die res van die aangeleenthede van Jotam betref, wat hy gedoen het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek van die konings van Juda nie?+ 37  In dié dae het Jehovah Resin,+ die koning van Sirië, en Peka,+ die seun van Remaʹlia, teen Juda begin stuur.+ 38  Uiteindelik het Jotam met sy voorvaders ontslaap, en hy is by sy voorvaders begrawe in die Stad van Dawid, sy voorvader;+ en sy seun Agas+ het in sy plek begin regeer.

Voetnote