2 Konings 17:1-41

17  In die twaalfde jaar van Agas, die koning van Juda, het Hoseʹa,+ die seun van Ela, koning oor Israel geword in Samariʹa,+ nege jaar lank.  En hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë, maar nie soos die konings van Israel wat voor hom was nie.+  Teen hom het Salmaneʹser,+ die koning van Assiʹrië,+ opgetrek, en Hoseʹa het sy kneg geword en skatting+ aan hom begin betaal.  Die koning van Assiʹrië het egter in Hoseʹa se geval ’n sameswering+ ontdek, deurdat hy boodskappers na So, die koning van Egipte,+ gestuur het en nie die skatting na die koning van Assiʹrië gebring het soos in vorige jare nie. Daarom het die koning van Assiʹrië hom opgesluit en hom in die huis van bewaring gebind gehou.+  En die koning van Assiʹrië het teen die hele land opgetrek en het na Samariʹa opgetrek en dit drie jaar lank beleër.+  In die negende jaar van Hoseʹa het die koning van Assiʹrië Samariʹa ingeneem+ en Israel toe in ballingskap weggevoer+ na Assiʹrië en hulle in Halag+ en in Habor aan die Gosanrivier+ en in die stede van die Mede laat woon.+  En dit het gebeur omdat die kinders van Israel gesondig het+ teen Jehovah hulle God, wat hulle uit Egipteland laat optrek het onder die hand uit van Farao, die koning van Egipte,+ en hulle het ander gode begin vrees;+  en hulle het bly wandel in die insettinge+ van die nasies wat Jehovah voor die kinders van Israel uit verdryf het, en in die insettinge van die konings van Israel wat hulle gemaak het;  en die kinders van Israel het die dinge ondersoek wat nie reg was teenoor Jehovah hulle God nie+ en het aangehou om vir hulle hoogtes+ te bou in al hulle stede, van die wagtoring+ af tot by die versterkte stad; 10  en hulle het vir hulle heilige pilare+ en heilige pale+ bly oprig op elke hoë heuwel+ en onder elke blaarryke boom;+ 11  en daar op al die hoogtes het hulle voortdurend offerrook laat opgaan soos die nasies+ wat Jehovah weens hulle in ballingskap weggevoer het, en hulle het slegte dinge bly doen om Jehovah aanstoot te gee.+ 12  En hulle het voortdurend drekgode gedien,+ waarvan Jehovah vir hulle gesê het: “Julle mag dit nie doen nie”;+ 13  en Jehovah het Israel+ en Juda+ deur middel van al sy profete+ en elke siener+ bly waarsku+ en gesê: “Keer julle van julle slegte weë af+ en onderhou my gebooie,+ my insettinge,+ volgens die hele wet+ wat ek julle voorvaders beveel het+ en wat ek deur middel van my knegte, die profete, aan julle gestuur het”;+ 14  en hulle het nie geluister nie, maar het hulle nek bly verhard+ soos die nek van hulle voorvaders wat nie geloof in Jehovah hulle God beoefen+ het nie; 15  en hulle het sy voorskrifte en sy verbond+ wat hy met hulle voorvaders gesluit het en sy herinneringe+ waarmee hy hulle gewaarsku het, bly verwerp, en hulle het nietige afgode+ gevolg en self nietig geword,+ ja, in nabootsing van die nasies wat rondom hulle was, van wie Jehovah hulle beveel het om nie soos hulle te doen nie.+ 16  En hulle het al die gebooie+ van Jehovah hulle God bly verlaat en hulle het vir hulle gegote beelde,+ twee kalwers,+ gemaak en ’n heilige paal gemaak,+ en hulle het hulle voor die hele leër van die hemel begin neerbuig+ en Baäl gedien;+ 17  en hulle het aangehou om hulle seuns en hulle dogters deur die vuur te laat gaan+ en waarsêery te beoefen+ en voortekens te soek,+ en hulle het hulleself bly verkoop+ om te doen wat sleg was in die oë van Jehovah, om hom aanstoot te gee.+ 18  Daarom het Jehovah baie vertoornd+ op Israel geword, sodat hy hulle onder sy oë uit verwyder het.+ Hy het nie een laat oorbly nie, behalwe die stam Juda alleen.+ 19  Selfs Juda het nie die gebooie van Jehovah hulle God onderhou nie,+ maar hulle het gewandel in die insettinge van Israel+ wat hulle gemaak het. 20  Gevolglik het Jehovah die hele saad+ van Israel verwerp en hulle bly teister en hulle in die hand van plunderaars gegee, totdat hy hulle voor hom weggewerp het.+ 21  Want hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jeroʹbeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jeroʹbeam+ het Israel daarvan afgebring om Jehovah te volg, en hy het hulle met ’n groot sonde laat sondig.+ 22  En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jeroʹbeam wat hy gedoen het.+ Hulle het nie daarvan afgewyk nie, 23  totdat Jehovah Israel onder sy oë uit verwyder het,+ net soos hy deur middel van al sy knegte, die profete, gespreek het.+ So het Israel uit sy eie land in ballingskap na Assiʹrië gegaan, tot vandag toe.+ 24  Daarna het die koning van Assiʹrië mense uit Babilon+ en Kuta en Awwa+ en Hamat+ en Sefarwaʹim+ gebring en hulle in die plek van die kinders van Israel in die stede van Samariʹa+ laat woon; en hulle het begin om Samariʹa in besit te neem en in die stede daarvan te gaan woon. 25  En aan die begin van hulle verblyf daar het hulle Jehovah nie gevrees nie.+ Daarom het Jehovah leeus+ onder hulle gestuur, en dié het van hulle doodgemaak. 26  Toe het hulle die koning van Assiʹrië laat weet en gesê: “Die nasies wat u in ballingskap weggevoer en toe in die stede van Samariʹa gevestig het, ken nie die godsdiens van die God van die land nie, sodat hy voortdurend leeus onder hulle stuur;+ en kyk! dié maak hulle dood, aangesien niemand die godsdiens van die God van die land ken nie.” 27  Daarop het die koning van Assiʹrië bevel gegee en gesê: “Laat een van die priesters+ daarheen gaan wat julle in ballingskap daaruit weggevoer het, sodat hy daar kan gaan woon en hulle die godsdiens van die God van die land kan leer.” 28  Toe het een van die priesters wat hulle uit Samariʹa in ballingskap weggevoer het, gekom en in Bet-El+ gaan woon, en hy het hulle geleer hoe hulle Jehovah behoort te vrees.+ 29  Maar elke onderskeie nasie het egter sy eie god+ gemaak, wat hulle dan neergesit het in die huis van die hoogtes wat die Samaritane gemaak het, elke onderskeie nasie, in hulle stede waar hulle gewoon het. 30  En die manne van Babilon het Sukkot-Benot gemaak, en die manne van Kut+ het Nergal gemaak, en die manne van Hamat het Asiʹma gemaak. 31  Wat die Awwiete+ betref, hulle het Nibhas en Tartak gemaak; en die Sefarwiete+ het hulle seuns in die vuur verbrand+ vir Adrammeʹleg en Anammeʹleg, die gode van Sefarwaʹim. 32  En hulle het Jehovah begin vrees en het vir hulle priesters van die hoogtes uit die volk in die algemeen gemaak,+ en dié was vir hulle ampsdraers in die huis van die hoogtes. 33  Hulle het wel Jehovah gevrees,+ maar hulle het hulle eie gode aanbid,+ volgens die godsdiens van die nasies waaruit hulle hulle in ballingskap weggevoer het.+ 34  Tot vandag toe handel hulle volgens hulle vroeëre godsdienste.+ Niemand het Jehovah gevrees nie+ en niemand het gehandel volgens sy insettinge en sy regterlike beslissings+ en die wet+ en die gebod+ wat Jehovah die kinders van Jakob,+ aan wie hy die naam Israel gegee het,+ beveel het nie, 35  toe Jehovah ’n verbond+ met hulle gesluit het en hulle beveel het deur te sê: “Julle mag geen ander gode vrees nie,+ en julle mag julle nie voor hulle neerbuig of hulle dien of offerandes aan hulle bring nie.+ 36  Maar Jehovah, wat julle met groot krag en ’n uitgestrekte arm uit Egipteland laat optrek het,+ hom moet julle vrees,+ en voor hom moet julle julle neerbuig,+ en aan hom moet julle offerandes bring.+ 37  En die voorskrifte+ en die regterlike beslissings+ en die wet en die gebod wat hy vir julle opgeskryf het,+ moet julle altyd sorgvuldig onderhou;+ en julle mag geen ander gode vrees nie. 38  En die verbond wat ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie;+ en julle mag geen ander gode vrees nie.+ 39  Maar Jehovah+ julle God moet julle vrees, aangesien hý julle uit die hand van al julle vyande sal verlos.”+ 40  En hulle was nie gehoorsaam nie, maar hulle het volgens hulle vroeëre godsdiens gehandel.+ 41  En hierdie nasies het Jehovah begin vrees,+ maar hulle het hulle eie gesnede beelde gedien. Wat hulle kinders sowel as hulle kleinkinders betref, hulle doen tot vandag toe net soos hulle voorvaders gedoen het.

Voetnote