2 Konings 18:1-37
18 En in die derde jaar van Hoseʹa,+ die seun van Ela, die koning van Israel, het Hiskiʹa,+ die seun van Agas,+ die koning van Juda, koning geword.
2 Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het nege-en-twintig jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Abi, die dogter van Sagariʹa.+
3 En hy het bly doen wat reg was in Jehovah se oë,+ volgens alles wat sy voorvader Dawid gedoen het.+
4 Hy het die hoogtes verwyder+ en die heilige pilare in stukke gebreek+ en die heilige+ paal afgekap en die koperslang+ verbrysel wat Moses gemaak het;+ want tot op dié dae het die kinders van Israel voortdurend offerrook+ daarvoor laat opgaan, en dit is die koperslang-afgod+ genoem.
5 Op Jehovah, die God van Israel, het hy vertrou;+ en ná hom was daar niemand soos hy onder al die konings van Juda nie,+ ook nie onder dié wat voor hom was nie.+
6 En hy het Jehovah bly aankleef.+ Hy het nie daarvan afgewyk om hom te volg nie, maar hy het aangehou om sy gebooie te onderhou wat Jehovah Moses beveel het.+
7 En Jehovah was met hom.+ Ongeag waarheen hy uitgetrek het, hy het omsigtig opgetree;+ en hy het teen die koning van Assiʹrië in opstand gekom en hom nie gedien nie.+
8 Hy het die Filistyne+ verslaan tot by Gasa+ en ook die gebiede daarvan, van die wagtoring+ af tot by die versterkte stad.
9 En in die vierde jaar van koning Hiskiʹa, dit wil sê die sewende jaar van Hoseʹa,+ die seun van Ela, die koning van Israel, het Salmaneʹser,+ die koning van Assiʹrië, teen Samariʹa opgetrek en dit begin beleër.+
10 En hulle het dit na verloop van drie jaar ingeneem;+ in die sesde jaar van Hiskiʹa, dit wil sê die negende jaar van Hoseʹa, die koning van Israel, is Samariʹa ingeneem.+
11 Daarna het die koning van Assiʹrië+ Israel in ballingskap weggevoer+ na Assiʹrië en hulle in Halag+ en in Habor+ aan die Gosanrivier en in die stede van die Mede laat woon,+
12 omdat hulle nie na die stem van Jehovah hulle God geluister het nie,+ maar sy verbond aanhoudend oortree het,+ ja, alles wat Moses,+ die kneg van Jehovah, beveel het.+ Hulle het nie daarna geluister en ook nie daarvolgens gehandel nie.
13 En in die veertiende jaar van koning Hiskiʹa het Sanʹherib,+ die koning van Assiʹrië,+ teen al die versterkte stede van Juda opgetrek en hulle verower.
14 Toe het Hiskiʹa, die koning van Juda, na die koning van Assiʹrië in Lagis gestuur en gesê: “Ek het gesondig. Trek van my af weg. Wat u my ook al oplê, sal ek dra.”+ Daarop het die koning van Assiʹrië Hiskiʹa, die koning van Juda, driehonderd talente silwer+ en dertig talente goud opgelê.
15 Daarom het Hiskiʹa al die silwer gegee wat in die huis van Jehovah+ en in die skatte van die koning se huis+ te vinde was.
16 In dié tyd het Hiskiʹa die deure van die tempel van Jehovah+ en die deurposte wat Hiskiʹa, die koning van Juda, oorgetrek het,+ afgesny en dit toe aan die koning van Assiʹrië gegee.
17 En die koning van Assiʹrië+ het Tartan+ en Rabʹsaris en Rabʹsake+ met ’n swaar krygsmag uit Lagis+ na Jerusalem na koning Hiskiʹa toe gestuur, sodat hulle sou optrek en by Jerusalem sou kom. En hulle het opgetrek en gekom en gaan staan by die leikanaal+ van die boonste dam,+ wat langs die grootpad van die wassersveld is.+
18 En hulle het na die koning begin roep, maar Elʹjakim,+ die seun van Hilkiʹa, wat oor die huishouding was, en Sebna,+ die sekretaris, en Joag, die seun van Asaf, die kroniekskrywer, het na hulle toe uitgekom.
19 Toe het Rabʹsake+ vir hulle gesê: “Sê asseblief vir Hiskiʹa: ‘Só het die groot koning,+ die koning van Assiʹrië, gesê: “Wat is hierdie vertroue wat jy gekoester het?+
20 Jy het gesê (maar dit is die woord van die lippe): ‘Daar is raad+ en mag vir die oorlog.’ In wie het jy nou jou vertroue gestel, dat jy teen my in opstand gekom het?+
21 En kyk! jy het jou vertroue gestel in die steun van hierdie geknakte riet,+ Egipte,+ wat, as ’n man daarop sou leun, beslis in sy palm sou ingaan en dit sou deurboor. So is Farao,+ die koning van Egipte, vir almal wat hulle vertroue in hom stel.
22 En as julle vir my sê: ‘In Jehovah+ ons God het ons ons vertroue gestel’,+ is dit dan nie sý hoogtes+ en sý altare wat Hiskiʹa+ verwyder het nie, terwyl hy vir Juda en Jerusalem sê: ‘Voor hierdie altaar moet julle julle in Jerusalem neerbuig’?”’+
23 Gaan dan nou asseblief ’n weddenskap aan+ met my heer, die koning van Assiʹrië, en laat ek jou tweeduisend perde gee om te sien of jy ruiters daarop kan sit.+
24 Hoe sou jy dan die aangesig van een goewerneur van die geringste knegte van my heer kon afkeer,+ terwyl jy op Egipte vertrou vir strydwaens+ en vir ruiters?+
25 Het ek dan nou sonder magtiging van Jehovah teen hierdie plek opgetrek om dit te verwoes? Jehovah het vir my gesê:+ ‘Trek op teen hierdie land, en jy moet dit verwoes.’”
26 Hierop het Elʹjakim,+ die seun van Hilkiʹa, en Sebna+ en Joag+ vir Rabʹsake+ gesê: “Praat asseblief in die Siriese taal+ met u knegte, want ons verstaan; en moenie in die Jode se taal+ met ons praat voor die ore van die volk wat op die muur is nie.”
27 Maar Rabʹsake het vir hulle gesê: “Het my heer my na jou heer en na jou toe gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, sodat hulle saam met julle hulle eie ontlasting sal eet+ en hulle eie urine sal drink nie?”+
28 En Rabʹsake het bly staan en met ’n harde stem in die Jode se taal uitgeroep;+ en hy het gepraat en gesê: “HOOR die woord van die groot koning,+ die koning van Assiʹrië.
29 Só het die koning gesê: ‘Moenie dat Hiskiʹa julle bedrieg nie, want hy kan julle nie uit my hand verlos nie.+
30 En moenie dat Hiskiʹa julle op Jehovah laat vertrou nie+ deur te sê: “Jehovah sal ons vir seker verlos,+ en hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assiʹrië gegee word nie.”+
31 Moenie na Hiskiʹa luister nie; want só het die koning van Assiʹrië gesê: “Gee julle aan my oor, en kom na my toe uit, en eet elkeen van sy eie wingerdstok en elkeen van sy eie vyeboom+ en drink elkeen die water van sy eie reënput,+
32 totdat ek kom en julle na ’n land neem net soos julle land,+ ’n land van graan en nuwe wyn, ’n land van brood+ en wingerde,+ ’n land van olieryke olyfbome en heuning;+ en bly lewe sodat julle nie sterf nie. En moenie na Hiskiʹa luister nie, want hy verlei julle deur te sê: ‘Jehovah sal ons verlos.’+
33 Het die gode van die nasies elkeen sy eie land enigsins uit die hand van die koning van Assiʹrië+ verlos?+
34 Waar is die gode van Hamat+ en Arpad?+ Waar is die gode van Sefarwaʹim,+ Hena+ en Iwwa?+ Het hulle Samariʹa uit my hand verlos?+
35 Wie is daar onder al die gode van die lande wat hulle land uit my hand verlos het,+ sodat Jehovah Jerusalem uit my hand sou verlos?”’”+
36 En die volk het stilgebly+ en hom nie ’n woord geantwoord nie,+ want die gebod van die koning het gesê: “Julle mag hom nie antwoord nie.”+
37 Maar Elʹjakim,+ die seun van Hilkiʹa, wat oor die huishouding was, en Sebna,+ die sekretaris, en Joag,+ die seun van Asaf, die kroniekskrywer, het met geskeurde klere+ by Hiskiʹa gekom en hom die woorde van Rabʹsake meegedeel.