2 Konings 19:1-37

19  En toe koning Hiskiʹa+ dit hoor, het hy onmiddellik sy klere geskeur+ en hom met saklinne+ bedek en in die huis van Jehovah+ ingegaan.  Verder het hy Elʹjakim,+ wat oor die huishouding was, en Sebna,+ die sekretaris, en die ouer manne van die priesters, bedek met saklinne, na die profeet Jesaja,+ die seun van Amos,+ gestuur.  En hulle het vir hom gesê: “Só het Hiskiʹa gesê: ‘Vandag is ’n dag van benoudheid+ en van bestrawwing+ en van minagtende vermetelheid;+ want die kinders het tot by die baarmoedermond gekom,+ en daar is geen krag om geboorte te gee nie.+  Miskien sal Jehovah u God al die woorde hoor+ van Rabʹsake, wat deur die koning van Assiʹrië, sy heer, gestuur is om die lewende God uit te tart,+ en sal hy van hom rekenskap eis vir die woorde wat Jehovah u God gehoor het.+ En u moet ’n gebed+ opstuur vir die oorblyfsel+ wat nog gevind kan word.’”  En die knegte van koning Hiskiʹa het by Jesaja gekom.+  Toe het Jesaja vir hulle gesê: “Só moet julle vir julle heer sê: ‘Só het Jehovah gesê:+ “Moenie bang wees+ weens die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assiʹrië my gesmaad het nie.+  Kyk, ek plaas ’n gees+ in hom, en hy sal ’n berig hoor+ en na sy eie land terugkeer; en ek sal hom beslis in sy eie land deur die swaard laat val.”’”+  Daarna het Rabʹsake+ teruggekeer en die koning van Assiʹrië gevind waar hy teen Libna+ veg; want hy het gehoor dat hy van Lagis+ af weggetrek het.  Hy het gehoor dat daar van Tirhaʹka, die koning van Etiopië, gesê word: “Kyk, hy het uitgetrek om teen u te veg.” Daarom het hy weer boodskappers+ na Hiskiʹa toe gestuur en gesê: 10  “Só moet julle vir Hiskiʹa, die koning van Juda, sê: ‘Moenie dat jou God op wie jy vertrou, jou bedrieg nie+ deur te sê: “Jerusalem+ sal nie in die hand van die koning van Assiʹrië gegee word nie.”+ 11  Kyk! Jy het gehoor wat die konings van Assiʹrië met al die lande gedoen het deur hulle aan vernietiging oor te gee;+ en sal jy verlos word?+ 12  Het die gode+ van die nasies wat deur my voorvaders verdelg is, hulle verlos, ja, Gosan+ en Haran+ en Resef en die kinders van Eden+ wat in Tel-Assar was?+ 13  Waar is hy—die koning van Hamat+ en die koning van Arpad+ en die koning van die stede Sefarwaʹim, Hena en Iwwa?’”+ 14  Toe het Hiskiʹa die briewe uit die hand van die boodskappers geneem en dit gelees,+ waarna Hiskiʹa na die huis van Jehovah opgegaan en dit voor Jehovah uitgesprei het.+ 15  En Hiskiʹa het voor Jehovah begin bid+ en gesê: “O Jehovah, die God van Israel,+ wat op die gerubs sit,+ u alleen is die ware God van al die koninkryke+ van die aarde.+ U het die hemel+ en die aarde+ gemaak. 16  Neig u oor, o Jehovah, en hoor.+ Open u oë,+ o Jehovah, en sien, en hoor die woorde van Sanʹherib wat hy gestuur het om die lewende God uit te tart.+ 17  Dit is waar, o Jehovah, die konings van Assiʹrië het die nasies en hulle land verwoes.+ 18  En hulle het hulle gode aan die vuur oorgegee, omdat hulle geen gode was nie,+ maar die werk van mensehande,+ hout en klip; sodat hulle hulle vernietig het. 19  En nou, o Jehovah ons God,+ red ons+ asseblief uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat u, o Jehovah, alleen God is.”+ 20  En Jesaja, die seun van Amos, het na Hiskiʹa gestuur en gesê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê:+ ‘Die gebed+ wat jy oor Sanʹherib, die koning van Assiʹrië, tot my gerig het, het ek gehoor.+ 21  Dít is die woord wat Jehovah teen hom gespreek het: “Die maagdelike dogter van Sion het jou verag,+ sy het jou bespot.+Agter jou het die dogter van Jerusalem+ haar kop geskud.+ 22  Wie het jy uitgetart+ en gesmaad?+En teen wie het jy jou stem verhef+En slaan jy jou oë omhoog?+Teen die Heilige van Israel!+ 23  Deur middel van jou boodskappers+ het jy Jehovah uitgetart, en jy sê:+‘Met die menigte van my strydwaens sal ek+Sal ek beslis die hoogte van bergstreke bestyg,+Die mees afgeleë dele van die Liʹbanon;+En ek sal sy hoë seders+ afkap, sy beste jenewerbome.+En ek sal sy laaste verblyfplek binnedring, die woud van sy boord.+ 24  Ek sal beslis grawe en vreemde waters drink,En ek sal met my voetsole al die Nylkanale van Egipte laat opdroog.’+ 25  Het jy nie gehoor nie?+ Sedert vervloë tye is dit wat ek sal doen.+Sedert dae van weleer het ek selfs daaraan vorm gegee.+Nou sal ek dit laat kom.+En jy sal versterkte stede tot puinhope verwoes.+ 26  En hulle inwoners se hande sal slap wees;+Hulle sal eenvoudig verskrik wees en sal beskaamd staan.+Hulle sal word soos plante van die veld en groen, jong gras,+Soos gras op die dakke,+ wanneer dit voor die oostewind verskroei word.+ 27  En jou stilsit en jou uitgaan+ en jou ingaan ken ek goed,+En dat jy jou vir my vererg,+ 28  Want die feit dat jy jou vir my vererg+ asook jou gebrul het in my ore opgekom.+En ek sal beslis my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe,+En ek sal jou inderdaad teruglei op die pad waarmee jy gekom het.”+ 29  “‘En dít sal vir jou die teken wees:+ Vanjaar sal geëet word wat opslaan van korrels wat geval het,+ en in die tweede jaar graan wat vanself opkom; maar in die derde jaar moet julle saad saai+ en oes en wingerde plant en die vrugte daarvan eet.+ 30  En dié van die huis van Juda wat ontkom, dié wat oorbly,+ sal beslis wortelskiet ondertoe en vrugte voortbring boontoe.+ 31  Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel uitgaan,+ en van die berg Sion af dié wat ontkom.+ Die ywer+ van Jehovah van die leërs sal dit doen. 32  “‘Daarom, só het Jehovah oor die koning van Assiʹrië gesê:+ “Hy sal nie in hierdie stad inkom nie,+ en ook sal hy nie ’n pyl daarin skiet+ of met ’n skild daarteen kom of ’n beleëringskans daarteen opwerp+ nie. 33  Met die pad waarmee hy gekom het, sal hy terugkeer, en in hierdie stad sal hy nie inkom nie, is die woord van Jehovah.+ 34  En ek sal hierdie stad beslis verdedig+ om dit ter wille van my+ en ter wille van my kneg Dawid+ te red.”’” 35  En in dié nag het die engel van Jehovah uitgetrek en honderd-vyf-en-tagtigduisend in die kamp+ van die Assiriërs doodgemaak.+ Toe mense die oggend vroeg opstaan, kyk, toe was hulle almal lyke.+ 36  Daarom het Sanʹherib,+ die koning van Assiʹrië, weggetrek en gegaan en teruggekeer,+ en hy het in Niʹneve+ gaan woon. 37  En toe hy hom in die huis van sy god+ Nisrog+ neerbuig, het sy seuns Adrammeʹleg en Sareʹser hom met die swaard doodgemaak,+ en hulle het na die land Aʹrarat+ gevlug. En sy seun Esar-Haddon+ het in sy plek begin regeer.

Voetnote