2 Konings 2:1-25

2  En toe Jehovah Eliʹa+ in ’n windstorm na die hemel sou opneem,+ het Eliʹa en Eliʹsa+ uit Gilgal+ gegaan.  En Eliʹa het vir Eliʹsa begin sê: “Sit asseblief hier, want Jehovah het my tot by Bet-El gestuur.” Maar Eliʹsa het gesê: “So waar as Jehovah lewe+ en so waar as u siel lewe,+ ek sal u nie verlaat nie.”+ En hulle het na Bet-El afgegaan.+  Toe het die profeteseuns+ wat in Bet-El was, na Eliʹsa toe uitgekom en vir hom gesê: “Weet jy wel dat Jehovah vandag jou heer as hoof oor jou wegneem?”+ Hierop het hy gesê: “Ook ek weet dit goed.+ BLY stil.”  Eliʹa het toe vir hom gesê: “Eliʹsa, sit asseblief hier, want Jehovah het my na Jeʹrigo+ gestuur.” Maar hy het gesê: “So waar as Jehovah lewe en so waar as u siel lewe, ek sal u nie verlaat nie.” En hulle het in Jeʹrigo gekom.  Toe het die profeteseuns wat in Jeʹrigo was, na Eliʹsa toe gekom en vir hom gesê: “Weet jy wel dat Jehovah vandag jou heer as hoof oor jou wegneem?” Hierop het hy gesê: “Ook ek weet dit goed. BLY stil.”+  Eliʹa het toe vir hom gesê: “Bly asseblief hier, want Jehovah het my na die Jordaan+ gestuur.” Maar hy het gesê: “So waar as Jehovah lewe en so waar as u siel lewe, ek sal u nie verlaat nie.”+ En hulle twee het verder gegaan.  En vyftig man van die profeteseuns het gegaan en op sigafstand bly staan;+ maar wat hulle twee betref, hulle het by die Jordaan gestaan.  Toe het Eliʹa sy ampskleed+ geneem en dit opgerol en die waters geslaan, en dit is geleidelik na weerskante verdeel, sodat hulle twee op die droë grond deurgegaan het.+  En net toe hulle deurgegaan het, het Eliʹa vir Eliʹsa gesê: “Vra wat ek vir jou moet doen voordat ek van jou af weggeneem word.”+ Hierop het Eliʹsa gesê: “Dat twee dele+ van u gees+ asseblief op my sal kom.”+ 10  Daarop het hy gesê: “Jy het iets moeiliks gevra.+ As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, sal dit so met jou gebeur; maar so nie, sal dit nie gebeur nie.” 11  En terwyl hulle al pratende verder geloop het, kyk! toe was daar ’n strydwa+ van vuur en perde van vuur, en dié het ’n skeiding tussen hulle twee gemaak; en Eliʹa het in die windstorm na die hemel opgevaar.+ 12  Die hele tyd het Eliʹsa dit gesien, en hy het uitgeroep: “My vader, my vader,+ die strydwa van Israel en sy ruiters!”+ En hy het hom nie meer gesien nie. Gevolglik het hy sy eie klere gegryp en dit in twee stukke geskeur.+ 13  Daarna het hy die ampskleed+ van Eliʹa wat van hom afgeval het, opgetel en teruggegaan en op die oewer van die Jordaan gaan staan. 14  Toe het hy die ampskleed van Eliʹa wat van hom afgeval het, geneem en die waters+ geslaan en gesê: “Waar is Jehovah, die God van Eliʹa, ja Hy?”+ Toe hy die waters slaan, is dit geleidelik na weerskante verdeel, sodat Eliʹsa deurgegaan het. 15  Toe die profeteseuns wat in Jeʹrigo was, hom van ver af sien, het hulle begin sê: “Die gees+ van Eliʹa rus op Eliʹsa.” Daarop het hulle hom tegemoetgekom en hulle voor hom na die aarde neergebuig.+ 16  En hulle het vir hom gesê: “Kyk tog, hier is by u knegte vyftig manne, dapper persone. Laat hulle asseblief u heer gaan soek. Miskien het die gees+ van Jehovah hom opgelig en hom daarna op een van die berge of in een van die valleie gewerp.” Maar hy het gesê: “Julle moet hulle nie stuur nie.” 17  En hulle het by hom bly aandring totdat hy verleë geword het, sodat hy gesê het: “Stuur.” Hulle het toe vyftig manne gestuur; en hulle het drie dae lank gesoek, maar hulle het hom nie gevind nie. 18  Toe hulle na hom terugkeer, het hy in Jeʹrigo+ gewoon. Toe het hy vir hulle gesê: “Het ek nie vir julle gesê: ‘Moenie gaan nie’?” 19  Na verloop van tyd het die manne van die stad vir Eliʹsa gesê: “Kyk tog, die ligging van die stad is goed,+ soos my heer sien; maar die water+ is sleg, en die grond veroorsaak miskrame.”+ 20  Daarop het hy gesê: “Gaan haal vir my ’n nuwe bakkie en sit sout daarin.” En hulle het dit vir hom gaan haal. 21  Toe het hy uitgegaan na die bron van die water en sout daarin gegooi+ en gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Ek maak hierdie water gesond.+ Dit sal nie meer die dood of enige miskrame tot gevolg hê nie.’” 22  En die water is tot vandag toe nog gesond,+ ooreenkomstig Eliʹsa se woord wat hy gespreek het. 23  En hy het daarvandaan na Bet-El+ opgegaan. Terwyl hy met die pad opgegaan het, het seuntjies+ uit die stad gekom en hom begin bespot+ en aanhoudend vir hom gesê: “Gaan op, kaalkop!+ Gaan op, kaalkop!” 24  Uiteindelik het hy omgedraai en hulle gesien en in die naam van Jehovah ’n vloek oor hulle uitgespreek.+ Toe het twee berinne+ uit die bos gekom en twee-en-veertig van die kinders verskeur.+ 25  En hy het daarvandaan verder gegaan na die berg Karmel,+ en daarvandaan het hy na Samariʹa teruggekeer.

Voetnote