2 Konings 20:1-21

20  In dié dae het Hiskiʹa tot die dood toe siek geword.+ Toe het die profeet Jesaja,+ die seun van Amos, by hom gekom en vir hom gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Gee bevele aan jou huisgesin,+ want jy sal inderdaad sterf en nie lewe nie.’”+  Daarop het hy sy gesig na die muur gedraai+ en tot Jehovah begin bid+ en gesê:  “Ek smeek u, o Jehovah, onthou+ asseblief hoe ek in waaragtigheid+ en met ’n volkome hart+ voor u gewandel het+ en gedoen het wat goed was in u oë.”+ En Hiskiʹa het bitterlik begin huil.+  En Jesaja het nog nie na die middelste voorhof uitgegaan nie, toe het Jehovah se woord tot hom gekom+ en gesê:  “Gaan terug, en jy moet vir Hiskiʹa, die leier+ van my volk, sê: ‘Só het Jehovah, die God+ van jou voorvader Dawid, gesê: “Ek het jou gebed+ gehoor.+ Ek het jou trane gesien.+ Kyk, ek maak jou gesond.+ Op die derde dag sal jy na die huis van Jehovah opgaan.+  En ek sal beslis vyftien jaar by jou dae byvoeg, en uit die palm van die koning van Assiʹrië sal ek jou en hierdie stad verlos, en ek sal hierdie stad ter wille van my en ter wille van my kneg Dawid+ verdedig.”’”+  En Jesaja het gesê: “GAAN haal ’n koek van saamgeperste+ droëvye.” Toe het hulle dit gaan haal en op die sweer+ gesit, waarna hy geleidelik herstel het.+  Intussen het Hiskiʹa vir Jesaja gesê: “Wat is die teken+ dat Jehovah my gesond sal maak en dat ek beslis op die derde dag na die huis van Jehovah sal opgaan?”  Hierop het Jesaja gesê: “Dít is vir u die teken+ van Jehovah af dat Jehovah die woord sal uitvoer wat hy gespreek het: Moet die skaduwee tien trappies van die trap vorentoe gaan of moet dit tien trappies teruggaan?” 10  Toe het Hiskiʹa gesê: “Dit is maklik vir die skaduwee om tien trappies verder te strek, maar nie dat die skaduwee tien trappies terug sou gaan nie.”+ 11  Daarop het die profeet Jesaja tot Jehovah begin roep; en hy het die skaduwee wat gedaal het, geleidelik laat teruggaan op die trappies, dit wil sê op die trappies van die trap van Agas, tien trappies terug.+ 12  In dié tyd het Beroʹdag-Baʹladan,+ die seun van Baʹladan, die koning van Babilon,+ briewe+ en ’n geskenk aan Hiskiʹa gestuur; want hy het gehoor dat Hiskiʹa siek was. 13  En Hiskiʹa het na hulle geluister en hulle sy hele skathuis+ gewys, die silwer en die goud+ en die balsemolie+ en die goeie olie en sy wapenhuis en alles wat onder sy skatte te vinde was. Daar was niks in sy huis en in sy hele ryk wat Hiskiʹa hulle nie gewys het nie.+ 14  Daarna het die profeet Jesaja by koning Hiskiʹa gekom en vir hom gesê:+ “Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u toe gekom?”+ Toe het Hiskiʹa gesê: “Uit ’n ver land het hulle gekom, uit Babilon.” 15  En hy het gesê: “Wat het hulle in u huis gesien?” Hierop het Hiskiʹa gesê: “Alles wat in my huis is, het hulle gesien. Daar was niks van my skatte wat ek hulle nie gewys het nie.”+ 16  Jesaja het toe vir Hiskiʹa gesê: “Hoor die woord van Jehovah:+ 17  ‘“Kyk! Daar kom dae, en alles wat in jou huis+ is en wat jou voorvaders tot vandag toe opgegaar het, sal na Babilon weggevoer word.+ Daar sal niks oorbly nie”,+ het Jehovah gesê. 18  “En party van jou seuns wat uit jou sal voortkom, van wie jy vader sal word, sal geneem word+ en hofbeamptes+ in die paleis van die koning van Babilon word.”’”+ 19  Daarop het Hiskiʹa vir Jesaja gesê: “Die woord van Jehovah wat u gespreek het, is goed.”+ En hy het verder gesê: “Is dit nie so nie, as vrede en waarheid+ maar in my dae sal voortduur?”+ 20  Wat die res van die aangeleenthede van Hiskiʹa betref en al sy magtige dade en hoe hy die dam+ en die leikanaal+ gemaak en toe die water in die stad ingebring het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Juda nie? 21  Uiteindelik het Hiskiʹa met sy voorvaders ontslaap;+ en sy seun Manasʹse+ het in sy plek begin regeer.

Voetnote